Leksikograaf Boodskappe: 26106 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Loodlood
Afbreking: lood
Uitspraak: /luə̯t/
Selfstandige naamwoord: lood
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sagte, blougrys metaal en chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Pb en atoomgetal van 82.
Gebruik:
• Lood is uiters giftig, veral in opgeloste vorm.
Spreekwoord:
• Hy stap met lood in sy skoene. [Traag; teësinnig; onentoesiasties.]
• Dit is ou lood om ou yster. [Daar is geen verskil tussen die twee nie.]