Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hooftelwoord
hooftelwoord [boodskap #126593] Wo., 12 Junie 2019 17:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25484
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hooftelwoord
Afbreking: hoof•tel•woord
Samestelling: hoof + telwoord



Selfstandige naamwoord: hooftelwoord
Meervoud: hooftelwoorde
Verkleinwoord: hooftelwoordjie
Meervoud van verkleining: hooftelwoordjies

Betekenis:
• 'n Woordsoort wat die hoeveelheid of aantal aandui.

Gebruik:
• Telwoorde word in hooftelwoorde en rangtelwoorde onderverdeel.
Hooftelwoorde kan as bepaalde of onbepaalde hooftelwoorde geklassifiseer word.
• Bepaalde hooftelwoorde gee die presiese aantal aan, soos een, vyf en honderd.
• Onbepaalde hooftelwoorde verwys na 'n ongespesifiseerde hoeveelheid, soos talle, baie, heelwat, weinig, min en verskeie.

Hiperoniem:
• telwoord

Antoniem:
• rangtelwoord

Afkorting:
• hooftelw.

Vertaling:
Engels: cardinal number
Nederlands: hoofdtelwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stukkend
Volgende onderwerp: rangtelwoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jun. 15 02:49:22 UTC 2026