Betekenis:
• (taalkunde) Die wyse waarop woorde uitgespreek word. Hoe 'n mens iets sê.
• (juridies) Vonnis, beslissing van die hof aan die einde van 'n saak.
• (politiek) 'n Uiting van 'n politikus oor 'n belangrike onderwerp.
Gebruik:
• Die oorspronklike uitspraak van hierdie woord is onseker.
• Die appèlhof het uitspraak gelewer.
• Na pres. Trump se omstrede uitsprake het die beeld van die VSA wêreldwyd verswak.