Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goud
goud [boodskap #126490] Sa., 08 Junie 2019 14:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Goud.
Goud.
goud
Afbreking: goud
Uitspraak: /χəʊ̯t/




Selfstandige naamwoord: goud
Meervoud:

Betekenis:
• (chemie) Chemiese edelelement in die periodieke tabel met die simbool Au en atoomgetal van 79. 'n Kosbare, swaar metaal waarvan juweliersware gemaak word.
• (kleur) Die geel kleur van die metaal.
• Medalje vir die eerste plek in 'n kompetisie.

Gebruik:
• Die suiwerheid van goud word in karaat gemeet - 24 karaat word as suiwer geag.
• 'n Karp (soort vis) is olyfbruin tot goud van kleur.
• Wayde van Niekerk het goud vir die 400 m-naelloop gewen.

Spreekwoord:
• Bewaar dit asseblief soos goud! [Baie sorgvuldig.]
• Hy is sy gewig in goud werd. [Hy is baie bruikbaar.]
• Hy dink hy is van goud gemaak. [Hy is baie verwaand.]
• Daar is geen goud sonder skuim nie. [Niks is volmaak nie.]
• Dis goud wat blink, maar koper wat stink. [Die skyn bedrieg.]
• Eie haard is goud waard. [Jou eie huis is die beste plek op aarde.]
• Dis nie alles goud wat blink nie. [Nie alles wat mooi lyk, is goed nie.]
• Sy dink sy is van goud omgeboor. [Sy dink sy is baie belangrik / ryk.]
• Swye is goud, spreek is silwer. [Dis dikwels die beste om liewers niks te sê nie.]
• Die môrestond het goud in die mond. [Dit is tot jou voordeel om vroeg op te staan.]
• 'n Mens kan goud ook te duur koop. ['n Mens kan te duur vir iets betaal, al is dit ook hoe waardevol.]

Hiponiem:
• bladgoud
• fyngoud
• geelgoud
• klatergoud
• spoelgoud

Afgelei:
• goudaandeel
• goudaar
• goudagtig
• goudallooi
• goudamalgaam
• goudarend
• goudatoom
• goudbasis
• goudbeslag
• goudblad
• goudblok
• goudblom
• goudblond
• goudboom
• goudboor
• goudborduursel
• goudborduurwerk
• goudbrokaat
• goudbrons
• goudbruin
• gouddekking
• gouddelwer
• gouddief
• gouddors
• gouddraad
• gouddruk
• goudduiwel
• gouderts
• goudfisant
• goudfoelie
• goudgalon
• goudgeel
• goudgehalte
• goudgeld
• goudgestreep
• goudglans
• goudgod
• goudgrawer
• goudhaas
• goudharig
• goudhoudend
• goudief
• goudink
• goudinvoer
• goudkleur
• goudklomp
• goudklont
• goudklousule
• goudkoning
• goudkoord
• goudkoors
• goudkorrel
• goudkus
• goudlaag
• goudlak
• goudlaken
• goudland
• goudleer
• goudlegering
• goudlelie
• goudlening
• goudmaatskappy
• goudmagnaat
• goudmakelaar
• goudmark
• goudmyn
• goudontginning
• goudopbrengs
• goudoplossing
• goudpariteit
• goudpiesang
• goudplaat
• goudplaneersel
• goudpletter
• goudpoeier
• goudpremie
• goudpreparaat
• goudproduksie
• goudprys
• goudrand
• goudrenet
• goudreserwe
• goudrif
• goudriwwe
• goudsending
• goudsentrum
• goudsertifikaat
• goudskaal
• goudskuim
• goudslaer
• goudslyk
• goudsmedery
• goudsmid
• goudsnee
• goudsoeker
• goudspekulant
• goudstaaf
• goudstandaard
• goudsteen
• goudstof
• goudstoof
• goudstormloop
• goudstuk
• goudsug
• goudterapie
• goudtoets
• gouduitvoer
• goudvaluta
• goudveld
• goudverbinding
• goudverf
• goudverlak
• goudvink
• goudvis
• goudvlies
• goudvonds
• goudvoorraad
• goudvos
• goudvulling
• goudvulsel
• goudwaarde
• goudware
• goudweefsel
• goudwerk
• goudwilger
• goudwinning
• goudwissel

Vertaling:
Engels: gold
Nederlands: goud
Venda: musuku
Xhosa: igolide
Zoeloe: igolide


Byvoeglike naamwoord: goud
Vergrotende trap: gouer
Oortreffende trap: goudste
Attributief: goue
Partitief: gouds

Betekenis:
• Van die edelmetaal gemaak.
• Met 'n heldergeel kleur, soos die metaal.

Gebruik:
• Hy het goue munte geslaan.
• Sy het die pot goud geverf.

Vertaling:
Engels: gold; golden, gold-coloured
Nederlands: gouden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aangesluit
Volgende onderwerp: beweer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 21:01:29 UTC 2025