| argitek [boodskap #126463] |
Sa., 08 Junie 2019 05:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26477 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
argitek
Afbreking: ar•gi•tek
Selfstandige naamwoord: argitek
Meervoud: argitekte
Betekenis:
• 'n Persoon wat geboue en strukture beplan en ontwerp en die leiding tydens die bou daarvan neem.
Gebruik:
• Gerard Moerdyk was die argitek van die Voortrekkermonument, asook van talle Afrikaanse kerke en ander geboue.
Sinoniem:
• boumeester
Afgelei:
• argitektuur
• argitektonies
Vertaling:
Engels: architect
Nederlands: architect
Nota:
• Afgelei van die Griekse architektōn, wat 'boumeester' beteken, van archi- ('opper-') en tektōn ('bouer').
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|