Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loopbaan
loopbaan [boodskap #126338] Sa., 01 Junie 2019 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26427
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
loopbaan
Afbreking: loop•baan




Selfstandige naamwoord: loopbaan
Meervoud: loopbane
Verkleinwoord: loopbaantjie
Meervoud van verkleining: loopbaantjies

Betekenis:
• 'n Beroep of werk wat iemand beoefen.
• Die reeks van maatskaplike posisies wat iemand agtereenvolgens inneem.

Gebruik:
• 'n Mens begin jou loopbaan wanneer jy die arbeidsmark betree.
• Ná twintig jaar se diens en verskeie bevorderings het hy sy loopbaan in die staatsdiens beëindig.

Sinoniem:
• ambag
• betrekking
• beroep
• professie
• roeping

Hiponiem:
• beroepsloopbaan
• studenteloopbaan
• werkloopbaan

Afgelei:
• loopbaanaspirasies
• loopbaanbeplanning
• loopbaandoelwit
• loopbaangeleentheid
• loopbaangroei
• loopbaaninligting
• loopbaankeuse
• loopbaanontleding
• loopbaanontwikkeling
• loopbaanopvoeding
• loopbaanpad
• loopbaanplan
• loopbaanrigting
• loopbaansituasie
• loopbaanstadium
• loopbaanstatus
• loopbaanuitstalling
• loopbaanveld
• loopbaanvoorligter
• loopbaanvoorligting

Vertaling:
Engels: career, track
Nederlands: loopbaan, carrière

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verhuis
Volgende onderwerp: versprei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Sep. 10 11:57:26 UTC 2026