Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lug
lug [boodskap #126312] Sa., 01 Junie 2019 07:09
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25480
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lug
Afbreking: lug




Selfstandige naamwoord: lug
Meervoud: lugte
Verkleinwoord: luggie
Meervoud van verkleining: luggies

Betekenis:
• Die mengsel van gasse in die atmosfeer wat 'n mens inasem.
• Die ruimte bokant die grond; hemel; uitspansel.

Gebruik:
• Die verbranding van steenkool, olie en petrol besoedel die lug.
• 'n Voël vlieg hoog deur die lug.

Spreekwoord:
• Hy skep lug. [Die vars buitelug geniet.]
• Dit val uit die lug. [Onverwags verskyn.]
• Jou hoed in die lug gooi. [Baie bly wees.]
• Dit hang nog in die lug. [Dis nog onseker.]
• Met die neus in die lug loop. [Hoogmoedig wees.]
• Vier stewels in die lug lê. [Onderstebo lê; dood lê.]
• Iets uit die lug gryp. [Nie grond vir 'n bewering hê nie.]
• Een voël in die hand is beter as tien in die lug. [Wat seker is, is bo die onsekere te verkies.]

Afgelei:
• lughawe
• lugmag
• lugpos
• lugskip

Vertaling:
Engels: air; sky, atmosphere
Nederlands: lucht

Nota:
• Die meervoud lugte word hoofsaaklik in digterlike konteks aangetref.


Werkwoord: lug
Verlede tyd: het gelug
Verlede deelwoord: gelugte

Betekenis:
• Om uiting te gee aan; aan die lug blootstel.

Gebruik:
• Sy lug haar mening.

Verwant:
• belug
• ontlug

Vertaling:
Engels: to air
Nederlands: luchten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gekenmerk
Volgende onderwerp: sterf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jun. 14 19:43:30 UTC 2026