Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Aan die persoon wat homself GOD noem
|
|
Re: Aan die persoon wat homself GOD noem [boodskap #21288 is 'n antwoord op boodskap #21081] |
Sat, 20 February 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
> Ek sou egter verbaas wees as hulle reken dat ook die Boedhiste die Ware God
> aanhang - veral aangesien baie Boedhiste, soos ek dit verstaan, ook verbaas
> sou wees om so iets te verneem - aangesien hulle die Boedhisme self nie as
> 'n godsdiens beskou nie, maar as 'n filosofie.
Dis so maklik om van die Buddhisme te praat
as 'n ófilosofieë en dan hoef jy nie verder werklik
aandag aan hulle te gee nie. En dié waarde-oordeel
oor die Buddhisme maak dit onmiddellik moontlik
vir �Christene� om aan te dui dat hulle �godsdien-
stig� is en die Buddhiste nie. Hulle neem nie in ag
dat die wêreld vandag die Pous en die Dalai Lama
as die mees belangrike geestelike leiers beskou nie.
Die Buddhisme 'n filisofie? Vertel dit aan die
Buddhis van wie verwag word om in sy leeftyd
100,000 prostrasies te doen, wat gedurig mantras
opsê terwyl hy die krale van sy mala afryg. Vertel
dit aan die mense wat ingewikkelde liturgie� volg,
met talle gebede en aanroepe. Vertel dit aan die
mense wat ure sit en voorgeskrew visualisasies doen.
Alles wat 'n Buddhis doen, is prakties. Dis harde
werk. Alleen resultate tel. Ek het die afgelope jaar
bietjie ondervinding gehad van hierdie soort arbeid
as lid van 'n groep wat die Nyingmapa tradisie van
Dzogchen meditasie bestudeer. Al wat ek kan sê, is
dat ek geen verskil sien in die erns en die geloof van
ons leidster en die innige dedikasie en geloof van
my Rooms-Katolieke skoondogter nie. Albei is op die
regte pad. Dis jou geloof in die praktyk wat die deur-
slag gee. Dis die tye wat jy op jou knieë deurbring in
prostrasie wat heelwaarskynlik meer beteken as al die
gepraat wat so tipies is van die Protestantse kerke. Soos
jy sê, dis nie almal wat Here Here sê wat sal ingaan in
die koninkryk nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Aan die persoon wat homself GOD noem [boodskap #21320 is 'n antwoord op boodskap #21081] |
Sun, 21 February 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 20 Feb 1999 03:10:05 GMT, wrote:
|stig� is en die Buddhiste nie. Hulle neem nie in ag
|dat die wêreld vandag die Pous en die Dalai Lama
|as die mees belangrike geestelike leiers beskou nie.
Wie bly almal in jou wereld ....????!!!!!!!!!
| Ek het die afgelope jaar
|bietjie ondervinding gehad van hierdie soort arbeid
|as lid van 'n groep wat die Nyingmapa tradisie van
|Dzogchen meditasie bestudeer.
Aha! Nou weet ons waar al die weird en snaakse idees vandaan kom.
Gloudina! Maar dis darem interesant - vertel ons meer - ek dog eers
jy is Christen.
|
|
|
Re: Aan die persoon wat homself GOD noem [boodskap #21321 is 'n antwoord op boodskap #21081] |
Sun, 21 February 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net skryf:
"Leendert van Oostrum" writes: >
> Ek sou egter verbaas wees as hulle reken dat ook die Boedhiste die Ware God
> aanhang - veral aangesien baie Boedhiste, soos ek dit verstaan, ook verbaas
> sou wees om so iets te verneem - aangesien hulle die Boedhisme self nie as
> 'n godsdiens beskou nie, maar as 'n filosofie.
> Dis so maklik om van die Buddhisme te praat
> as 'n ófilosofieë en dan hoef jy nie verder werklik
> aandag aan hulle te gee nie. En dié waarde-oordeel
> oor die Buddhisme maak dit onmiddellik moontlik
> vir "Christene" om aan te dui dat hulle "godsdien-
> stig" is en die Buddhiste nie.
Of miskien is dit 'n "sales pitch" van die Taiwanese Yuppie-Boedhiste hier
rond wat Boedhisme meer aanvaarbaar wil maak vir die "mark". (Jy weet seker
dat die grootste Boedhistesentrum in die Suidelike Halfrond oor die afgelope
tien jaar by Bronhorstspruit ontwikkel is? Die idee is blykbaar om dit die
springplank vir Boedhisme in Afrika te maak.)
> Hulle neem nie in ag
> dat die wêreld vandag die Pous en die Dalai Lama
> as die mees belangrike geestelike leiers beskou nie.
"Die wêreld" se oordeel be-indruk my selde.
Waar dit die Dalai Lama aangaan, reken ek dat 'n groot deel van sy statuur
'n soortgelyke oorsprong het as Mandela s'n - die "feel good"-faktor wat
"die wêreld" kry as hulle simpatiseer met die "onderdrukte" en die
banneling.
Mandela bly steeds 'n ongerehabiliteerde geweldsmisdadiger. Die Dalai Lama
se agtergrond as Tibetaanse monnik is, moet ek sê, lyk darem beter.
> Die Buddhisme 'n filisofie? Vertel dit aan die
> Buddhis van wie verwag word om in sy leeftyd
> 100,000 prostrasies te doen, wat gedurig mantras
> opsê terwyl hy die krale van sy mala afryg. Vertel
> dit aan die mense wat ingewikkelde liturgieë volg,
> met talle gebede en aanroepe. Vertel dit aan die
> mense wat ure sit en voorgeskrew visualisasies doen.
> Alles wat 'n Buddhis doen, is prakties. Dis harde
> werk. Alleen resultate tel.
Verlossing deur werke?
> Ek het die afgelope jaar
> bietjie ondervinding gehad van hierdie soort arbeid
> as lid van 'n groep wat die Nyingmapa tradisie van
> Dzogchen meditasie bestudeer. Al wat ek kan sê, is
> dat ek geen verskil sien in die erns en die geloof van
> ons leidster en die innige dedikasie en geloof van
> my Rooms-Katolieke skoondogter nie. Albei is op die
> regte pad.
Is dit nie die pad van prostrasies en gebedskrale wat Luther tot protes
gebring het nie?
Dis jou geloof in die praktyk wat die deur-
> slag gee. Dis die tye wat jy op jou knieë deurbring in
> prostrasie wat heelwaarskynlik meer beteken as al die
> gepraat wat so tipies is van die Protestantse kerke. Soos
> jy sê, dis nie almal wat Here Here sê wat sal ingaan in
> die koninkryk nie.
Ek wonder nou: Is dit "reg" van 'n Boedhis om afkeurende kommentaar te lewer
oor die religieuse tradisie van Protestantse Christene? :-)
En...... Die ding van "praktiese" geloof en "resultate wat tel". (Teenoor die
"al die gepraat".) - :
Miskien kan jy my inlig oor die aantal leerlinge wat in, sê maar Afrika,
Indië en Suid-Amerika in Boedhisteskole leer lees en skryf het? Die aantal
pasiënte wat in Boedhistehospitale genees is van tering, slaapsieke, malaria
ens.? Die aantal armes wat op Boedhistenedersettings langs die Oranjerivier
heenkome en 'n toekoms gekry het sodat hulle hul kinders kon laat leer? Of
is die dinge nie wat jy bedoel met "prakties" nie?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 22:15:17 UTC 2025
|