| Outback (aan Galjoen) [boodskap #10601] |
Sa., 06 September 1997 00:00  |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
|
Senior Lid |
|
|
Hi Galjoen
At het geskrywe dat jy 'n prys moes gekry het vir
jou bydrae oor die "Outbacks". Ek het dit
ongelukkig nie gekry nie.
Wil jy dit nie weer stuur nie, as jy dit nog het,
dat die mense wat onlangs aangesluit het (en ek
natuurlik) dit ook kan geniet? Asseblief, man!
Dankie, en lekker naweek vir jou ook.
Vira.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Outback (aan Galjoen) [boodskap #10762 is 'n antwoord op boodskap #10601] |
So., 14 September 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
|
Senior Lid |
|
|
On 9/10/97 10:22AM, in message , "AM
de Lange" wrote:
> gal...@ozemail.com.au skryf in artikel
> ...
>
> >
> > Dankie Vira en At, vir julle kompliment, julle maak my skaam.
>
> Liewe Galjoen,
>
> Baie dankie dat jy weer daardie stuk oor die
> "outback" gepos het.
snip snip snip
Haai Galjoen
Kan jy glo! Dit het nog steeds nie opgedaag in my pos nie, en as dit nie vir
At se antwoord was, het ek gedink jy't glad nie geantwoord nie. Dis dalk tyd
om bietjie met iafrica te baklei...
Intussen, (baie jammer om jou so lastig te val, maar ek wil dit _te_graag
lees), vra ek jou mooi om dit weer vir my persoonlik te stuur. Baie jammer vir
die ongerief, maar ek sal dit baie waardeer.
In die stukkie wat At aangehaal het, (... ek skryf om mense te ontstig ...)het
ek gedink: "Ja Galjoen, ek stel jou voor as iemand wat maak of hy 'n harde skil
het, om die sagte binne-kant bietjie te beskerm ;)
Ek glo dus jy sal dit vir my doen, en sê by voorbaat GROOT dankie!
Groete,
Vira.
|
|
|
|
| Re: Outback (aan Galjoen) [boodskap #10769 is 'n antwoord op boodskap #10601] |
Ma., 15 September 1997 00:00  |
ro...
Boodskappe: 59 Geregistreer: Februarie 1997
|
Volle Lid |
|
|
>
> Haai Galjoen
>
> Kan jy glo! Dit het nog steeds nie opgedaag in my pos nie, en as dit nie vir
> At se antwoord was, het ek gedink jy't glad nie geantwoord nie. Dis dalk tyd
> om bietjie met iafrica te baklei...
>
> Intussen, (baie jammer om jou so lastig te val, maar ek wil dit _te_graag
> lees), vra ek jou mooi om dit weer vir my persoonlik te stuur. Baie jammer vir
> die ongerief, maar ek sal dit baie waardeer.
>
> In die stukkie wat At aangehaal het, (... ek skryf om mense te ontstig ...)het
> ek gedink: "Ja Galjoen, ek stel jou voor as iemand wat maak of hy 'n harde skil
> het, om die sagte binne-kant bietjie te beskerm ;)
>
> Ek glo dus jy sal dit vir my doen, en sj by voorbaat GROOT dankie!
>
> Groete,
> Vira.
>
>
Ek het onlangs uitgevind dat mens boodskappe wat op die NG
verskyn het en nie by mens uitgekom het nie opspoor met
dejanews. Dis 'n Webblad `search enjin' soos Yahoo maar dit
is spesifiek vir nuusgroep boodskappe.
Stef
|
|
|
|