| DS: [AFRIKAANS:5709] SLYPSTEEN: robotfoto, smuktassie [boodskap #5381 is 'n antwoord op boodskap #5396] |
Di., 23 Januarie 1996 00:00  |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 17:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5709] SLYPSTEEN: robotfoto, smuktassie
Net gedog ek sou die twee pragtige woorde met julle deel.
robotfoto = identikit (uit 'n Vlaamse nuusberig)
smuktassie = vanity case (in vanoggend se Beeld)
Dirk
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| DS: [AFRIKAANS:5903] Re: SLYPSTEEN [boodskap #5613 is 'n antwoord op boodskap #5396] |
Wo., 31 Januarie 1996 00:00   |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: F. DE MEILLON ( PLAN NW2 3-18)x2798[SMTP:...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 12:48
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5903] Re: SLYPSTEEN
Stuurlys is mooi maar hoe vertaal jy dan iets soos: "die tydskrifte
is nou op Routing", of "die voordeel van Routing is dat ...". Die
woord stuur is normaalweg 'n vertaling van die Engelse woord "send".
Engelse terme word teen 'n hoe pas geskep (240 nuwes per jaar of
so-iets) en die gevaar is dat, as ons steeds bestaande as ekwivalente
vir nuwe Engelse terme gebruik, ons taal dan relatief kan verarm.
Aanvanklik beteken so 'n nuwe term soos "routing" eintlik maar net
stuur, maar deur aanhoudende gebruik van die term in 'n bepaalde
konteks, verkry dit naderhand 'n bepaalde nuanse wat nie meer deur
net bloot "send" verwoord kan word nie. Myns insiens is die uitdaging
dus om te probeer om ook in Afrikaans "nuwe" woorde te skep vir al
die nuwes van die ander taal. Is dit nie so dat ons
afrikaanssprekendes nie maklik 'n nuwe woord aanvaar nie, terwyl die
engelssprekendes weer skynbaar met die grootste gemak nuwe woord skep
en assimileer nie?
Groete, Fanie
> Wat van 'n stuurlys?
>
> en dan ook 'n stuurder vir Internet se "routers"
>
>> As ek reg verstaan is daar 'n klomp lesers en die tydskrif word dan
>> op sy beurt na elkeen van die lesers gestuur. As ek dus reg
>> verstaan sou ek voorstel om te praat van 'n sirkulasienet, met
>> sirkuleer as die ww. of 'omstuur' werk ook.
>>
>> Groete JAcques
>>
>
> Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
> Faks +27 12 474984
>
> MARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
> made in limited volumes by entrepreneurs
> http://www.exafrica.com/
>
> Eieblad http://www.matt.csir.co.za/mattek/staff/nvddus/ "Personal Page"
>
|
|
|
|
| DS: [AFRIKAANS:5926] Re: SLYPSTEEN [boodskap #5634 is 'n antwoord op boodskap #5396] |
Do., 01 Februarie 1996 00:00  |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: Geoffrey Chew[SMTP:u...@sun.rhbnc.ac.uk]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 22:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5926] Re: SLYPSTEEN
bt `circulate':
On Wed, 31 Jan 1996, Nico van der Dussen wrote:
> Wat noem die Nederlanders, Flaminge en Duitser, en selfs miskien die
> Dene, Nore en Swede dit?
Deens: lade cirkulere [`laat sirkuleer'], bringe i omloeb [`bring in
omloop']
Groete
Geoff
Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/
|
|
|
|