Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laasgenoemde
laasgenoemde [boodskap #126119] Do., 23 Mei 2019 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25484
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laasgenoemde
Afbreking: laas•ge•noem•de
Samestelling: laas + genoemde



Byvoeglike naamwoord: laasgenoemde

Betekenis:
• Wat die laaste genoem is.

Gebruik:
• Die laasgenoemde plan is meer prakties.
• Uit die laasgenoemde huwelik is twee dogters gebore.

Sinoniem:
• laasgemelde

Antoniem:
• eersgenoemde

Afkorting:
• lg.

Vertaling:
Engels: latter, last-named
Nederlands: laatstgenoemd


Selfstandige naamwoord: laasgenoemde
Meervoud: laasgenoemdes

Betekenis:
• Die ding of saak wat die laaste genoem is.

Gebruik:
• Verskeie redes is gegee, maar die laasgenoemde het die meeste sin gemaak.

Vertaling:
Engels: the latter, the last-named
Nederlands: laatstgenoemd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vertaal
Volgende onderwerp: stryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jun. 14 23:21:50 UTC 2026