Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besit
besit [boodskap #126096] Wed, 22 May 2019 19:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
besit
Afbreking: be•sit




Selfstandige naamwoord: besit
Meervoud:

Betekenis:
• Eiendom; dit wat 'n mens het en beheer.

Gebruik:
• Die motorkar wat destyds in sy besit gewees.
• Groot-Brittanje het die Kaap in 1797 tydens die Vierde Engelse-Nederlandse oorlog in besit geneem.

Hiponiem:
• dwelmbesit
• grondbesit
• staatsbesit

Afgelei:
• besitter
• besitting

Vertaling:
Engels: possession, asset
Nederlands: bezit


Werkwoord: besit
Verlede tyd: het besit

Betekenis:
• Om iets in eiendom te hou, of met iets begaaf of bedeeld te wees.

Gebruik:
• Hy besit 'n vinnige motorkar.
• Die vermoë wat jy besit het, sal niks wees teen die rykdom wat jy later sal besit nie. [Job 8:7]

Spreekwoord:
• Geen bloue duit besit nie. [Absoluut niks besit nie.]

Vertaling:
Engels: to possess, have, own
Nederlands: bezitten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: suid
Volgende onderwerp: weg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 26 07:15:02 UTC 2025