Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weg
weg [boodskap #126097] Wo., 22 Mei 2019 19:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26757
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
weg
Afbreking: weg
Uitspraak: /vɛχ/




Selfstandige naamwoord: weg
Meervoud: weë
Verkleinwoord: weggie
Meervoud van verkleining: weggies

Betekenis:
• 'n Roete waarlangs iets of iemand beweeg; pad of straat wat plekke met mekaar verbind.
• 'n Manier om 'n doel te bereik of 'n probleem op te los.

Gebruik:
• Die betogers versper die weg. Daar is nie 'n ander om die berg weg nie!
• Hulle kom goed oor die weg. Kan ons die probeer deur 'n ander weg oplos? Ek hoop hy vind sy weg voor dit te laat is.

Spreekwoord:
• Hy baan die weg vir ons. [Skep die geleentheid.]
• Waar 'n wil is, is 'n weg. [As mens wil, kan hy baie vermag.]
• Jy moet dit uit die weg ruim. [Van ontslae raak; verwyder of vernietig.]

Vertaling:
Engels: way, road, path, route
Nederlands: weg


Bywoord: weg

Betekenis:
• Van die huidige plek af; na êrens anders.
• Wat onvindbaar is; nie gekry kan word nie; verlore.
• Wat oor of verby is.

Gebruik:
• Hy loop van die sirkus af weg.
• Dit kan tog nie net weg wees nie?
• Die pyn op my maag is weg.

Spreekwoord:
• Sy bont varkie is weg. [Effens mal.]
• Sak en pak weg. [Met alle besittings vertrek.]
• As die kat weg is, is die muis baas. [Sonder goeie bestuur maak die mense nes hulle wil.]

Vertaling:
Engels: away, missing, gone
Nederlands: weg


Tussenwerpsel: weg

Betekenis:
• Uitroep om iets of iemand te verwyder of te verjaag; loop! trap!

Gebruik:
• Weg met hom! Weg met hom! Kruisig hom! [Johannes 19:15]

Sinoniem:
• voertsek

Vertaling:
Engels: go away!
Nederlands: ga weg!

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: besit
Volgende onderwerp: voertsek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Okt. 06 19:37:13 UTC 2026