| besit [boodskap #126096] |
Wo., 22 Mei 2019 19:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26126 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
besit
Afbreking: be•sit
Selfstandige naamwoord: besit
Meervoud: –
Betekenis:
• Die eiendom wat iemand het en beheer.
Gebruik:
• Hy besit 'n huis en 'n motor.
• Die ontdekkingsreisiger het die eiland namens die koning in besit geneem.
Hiponiem:
• dwelmbesit
• grondbesit
• staatsbesit
Afgelei:
• besitlik
• besitreg
• besitter
• besitting
Vertaling:
Engels: possession, property, asset
Nederlands: bezit
Werkwoord: besit
Verlede tyd: het besit
Teenwoordige deelwoord: besittend, besittende
Betekenis:
• Om iets in eiendom te hou, of met iets begaaf of bedeeld te wees.
Gebruik:
• Hy besit 'n vinnige motorkar.
• Die vermoë wat jy besit het, sal niks wees teen die rykdom wat jy later sal besit nie. [Job 8:7]
Spreekwoord:
• Geen bloue duit besit nie. [Absoluut niks besit nie.]
Vertaling:
Engels: to possess, have, own
Nederlands: bezitten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|