| re interaktiewe kuns [boodskap #10537] |
Ma., 01 September 1997 00:00  |
cobus van bosch
Boodskappe: 46 Geregistreer: September 1996
|
Volle Lid |
|
|
Gert, ten opsigte van kunsmatige intelligensie en kunsmatige lewe in
rekenaar- en interaktiewe kuns, het Christa Sommerer & Laurent
Mignonneau dokumentasie oor twee interessante installasies by:
http://www.mic.atr.co.jp/~christa/link3.html
http://www.mic.atr.co.jp/~christa/link4.html
Dis met die hulp van Silicon Graphics gemaak
Erkki Huhtamo van die Universiteit van Lapland het ook interessante
dingte te vertel oor die dood van die outeur en die eksklusiwiteit van
die unieke kunsobjek. Ek sal die info stuur.
Ten opsigte van die debat oor natuur versus samelewing het Camille
Paglia onder aan te voer dat verkragting nie te wyte is aan die
perverse samelewing nie, maar aan die verswakkende invloed van die
samelewing op die individu, m.a.w. die man wat 'n vrou verkrag en
daarna op 'n staatsdinee gaan poep terwyl hy die president uitvloek,
is nie siek nie, hy moet net meer etiket leer. Alle paaie vanaf
Rousseau lei na Sade. Dus is pornografie kuns, want dis 'n uiting van
die verbeelding in die stryd van die natuur teen die samelewing. Viva
Emsie Schoeman!!
groete
Cobus
|
|
|
|
|
|
| Re: re interaktiewe kuns [boodskap #10569 is 'n antwoord op boodskap #10537] |
Wo., 03 September 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
cvb...@geocities.com (Cobus) writes: Alle paaie vanaf
> Rousseau lei na Sade. Dus is pornografie kuns, want dis 'n uiting van
> die verbeelding in die stryd van die natuur teen die samelewing. Viva
> Emsie Schoeman!!
>
> groete
>
>
> Cobus
>
Wie is Emsie Schoeman?
|
|
|
|