| verkiesing [boodskap #125987] |
So., 19 Mei 2019 08:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25484 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkiesing
Afbreking: ver•kie•sing
Selfstandige naamwoord: verkiesing
Meervoud: verkiesinge, verkiesings
Verkleinwoord: verkiesinkie
Meervoud van verkleining: verkiesinkies
Betekenis:
• 'n Stemming om te bepaal wie 'n bepaalde amp, funksie of pos sal beklee.
Gebruik:
• Watter party het die verkiesing gewen?
• In demokratiese lande word daar elke paar jaar 'n algemene verkiesing uitgeroep.
Sinoniem:
• eleksie
• stemming
Hiponiem:
• bestuursverkiesing
• blitsverkiesing
• herverkiesing
• presidentsverkiesing
• senaatsverkiesing
• tussenverkiesing
Afgelei:
• verkiesingsagent
• verkiesingsbeampte
• verkiesingsbedrog
• verkiesingsbelofte
• verkiesingsdag
• verkiesingsfonds
• verkiesingskantoor
• verkiesingskomitee
• verkiesingskreet
• verkiesingskoors
• verkiesingsleuse
• verkiesingsmanifes
• verkiesingsprogram
• verkiesingspropaganda
• verkiesingsrede
• verkiesingstoespraak
• verkiesingsuitslag
• verkiesingsveldtog
• verkiesingswerk
• verkiesingswet
• verkiesingstelsel
• verkiesingstryd
Vertaling:
Engels: election
Frans: élection
Nederlands: verkiezing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|