Leksikograaf Boodskappe: 26002 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
daardie
Afbreking: daar•die
Samestelling: daar (v.nw.) + die (voors.)
Uitspraak: /ˈdɑːrdi/, /ˈdɑːri/
Aanwysende voornaamwoord: daardie
Betekenis:
• Verwys na iets of iemand op 'n afstand weg van die spreker.
• Verwys na 'n tydstip weg van die tyd waarin die spreker hom bevind.
Gebruik:
• Daardie is my kat.
• Ons het daardie jaar bloed gesweet.
Spreekwoord:
• Hoe rook daardie tabak vir jou? [Wat het jy daarop te sê?]
• As jy nie daardie mond gehad het nie, het die kraaie lankal jou oë uitgepik. [Jy praat baie.]