Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paar
paar [boodskap #125718] Sa., 11 Mei 2019 09:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26767
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
paar
Afbreking: paar
Uitspraak: /pɑːɾ/




Selfstandige naamwoord: paar
Meervoud: pare
Verkleinwoord: paartjie
Meervoud van verkleining: paartjies

Betekenis:
• Twee items wat bymekaar hoort en gewoonlik saam gebruik word.
• Twee mense wat in 'n romantiese verhouding is.
• Twee of meer, maar nie baie nie; 'n klein aantal; klompie.

Gebruik:
• Hy het 'n nuwe paar tekkies gekoop.
• Die paartjie is 'n pragtige dogter ryker.
• Sy het 'n paar appels in die mandjie gesit.

Spreekwoord:
• Sy is my 'n paar strepies voor. [Die ander oortref.]
• Hy het 'n paar kruisies agter die rug. [Hy is al taamlik bejaard.]
• Twee is paar, drie is onpaar. [By 'n verliefde paar is 'n derde persoon 'n oorlas.]
• Ek is 'n paar lengtes voor hom. [Goed voorloop teenoor diegene wat met jou wedywer.]

Hiponiem:
• broeipaar

Afgelei:
• paardrif
• paarlustig
• paarsgewys
• paartyd

Vertaling:
Engels: a pair, a couple, a few
Nederlands: paar


Werkwoord: paar
Verlede tyd: het gepaar
Teenwoordige deelwoord: parend, parende
Verlede deelwoord: gepaarde

Betekenis:
• Om in groepe van twee bymekaar te bring.
• Om omgang te hê; kopuleer (by diere).

Gebruik:
• Die sjef het die gereg met 'n goeie wyn gepaar.
• Krokodille paar in die water, maar die wyfie lê haar eiers in 'n gat in die grond.

Vertaling:
Engels: to pair; to copulate
Nederlands: paar, paren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofstad
Volgende onderwerp: sonder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Okt. 08 10:22:08 UTC 2026