Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor die lot van wit seuntjies
| Oor die lot van wit seuntjies [boodskap #10373] |
Sa., 16 Augustus 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"AM de Lange" writes:
>
> Nou het ons 'n demokrasie wat met getalle werk. Die Provinsie
> Noord Kaap (Kakamas le ook daarin) het die grootste oppervlak,
> die minste inwoners, die kleinste begroting, die laagste
> persentasie swartmense (Bantoes), die kleinste persentasie
> Engelsprekendes, ensovoorts. Tog is sy regering oorlaai met
> swartes (selfs die premier Dipico is een) en alles amptelik word
> in Engels voorgehou. Wat vir 'n demokrasie!
>
> Wit seuns leef vandag in die Nuwe Suid Afrika (net soos in ander
> Afrikastate noord van die NSA) met die wete dat hulle nooit die
> president van die NSA sal kan word nie. Getalle en velkleur tel.
> teen hulle. Hulle weet dat hulle dit nie eers sal kan fantaseer nie.
>
> Ek sou graag jou kommentaar op hierdie twee sake wil hoor.
At, jy verwag nou van my om verkiesings-analis te
wees ses duisend myl verwyderd van die Noordkaap.
Hier is dus net 'n paar gedagtes vir jou om aan te
dink: Die verkiesing was tog 'n ope proses. Elkeen
wat gestem het, het geweet vir wie hy stem en watter
etniese agtergrond hy gehad het. As daar na die ver-
kiesing nou 'n onbalans van swart lede in die regering
van die provinsie is, wie se skuld is dit? Tog seker net
die skuld van die mense wat gestem het! (Dis wel waar
dat as ek die ANC was, ek daar kandidate sou probeer
werf het wat nie swart was nie.) Ek hoop dat jy met jou
klagte oor die oorwegende aantal swartes in die Noord-
Kaap, nie probeer sê dat daar met die verkiesingsproses
geheul is nie. Dit sou 'n ernstige aantyging wees.
Oor die gebruik van Engels in die Provinsiale Regering.
Wat stel jy voor? In Namibië het hul selfs besluit om net
Engels as enigste offisiële taal te gebruik om dinge makliker
te maak. Ek was so ontroerd toe ek lees dat een van Swapo
se leiers voor die oorgang sy kinders in 'n Afrikaans-medium
skool gesit het, sodat hulle maats kon hê in die trauma van
skielik in Engels te moet klasloop. (Daar was nou 'n prag-
matiese man.) Selfs een van my swaers, 'n oortuigde NP lid,
het kort voor die verkiesing gesê hy dink daar moet net een
offisiële taal wees.Toe ek vra watter een, toe sê hy: Engels.
Hier in Kanada is daar onmiddellike vertaling in die banke
van die Parlement aangebring, elkeen praat Engels of Frans
en die mense wat nie albei tale kan verstaan nie, sit oorfone
aan. Ek wens iemand wil eendag opstaan en in Algonquin
praat sodat ek die uitdrukkings op die mense se gesigte kan
sien.
Oor of 'n wit seuntjie kan fantaseer oor president van SA
te kan word. Daar is niks wat so 'n seuntjie verhoed in die
grondwet van SA nie, dank die Vader. Ek persoonlik sal egter
geen trane stort as 'n wit seuntjie vir die volgende drie-honderd
jaar nie weer president van SA gaan word nie. Wit seuntjies
het hulle kans gehad. Dink daaraan: kon wit dogtertjies met
enige mate van realisme hoop om regeringshoof van SA te word
in al die eeue wat die essensieel patriargale kultuur uit Europa
die subkontinent gedomineer het? Wit seuntjies moet nou ophou
dink hulle is God's gift to the universe en ander mense ook kans
gee.
Jy betreur die rassisme van die hedendaagse Suid-Afrika.
Ek is egter nie so pessismisties oor die toekoms nie. Ons het
wel die wit-rassisme van die apartheidsjare gehad, nou gevolg
deur 'n sekere mate van swart-rassisme in reaksie daarteen.Maar
oor 'n paar dekades is dinge miskien heeltemal anders. Ek het
vertroue in die menslikheid en regverdigheid van die mense van
Suid-Afrika.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Oor die lot van wit seuntjies [boodskap #10414 is 'n antwoord op boodskap #10373] |
Di., 19 Augustus 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in article ...
> At, jy verwag nou van my om verkiesings-analis te
> wees ses duisend myl verwyderd van die Noordkaap.
> Hier is dus net 'n paar gedagtes vir jou om aan te
> dink: Die verkiesing was tog 'n ope proses. Elkeen
> wat gestem het, het geweet vir wie hy stem en watter
> etniese agtergrond hy gehad het.
Liewe Gloudina,
Daar is nie vir individue met herkenbare kulture gestem nie.
Daar is vir politieke partye gestem. Die stembreifie was
omtrent so lank soos 'n voorarm met al die partye daarop.
Terloops, hulle ervaring was dat in die vorige verkiesing vir
P W Botha se "bruinmense parlement" daar vir individue
(behorende tot politieke partye) gestem is.
> As daar na die ver-
> kiesing nou 'n onbalans van swart lede in die regering
> van die provinsie is, wie se skuld is dit? Tog seker net
> die skuld van die mense wat gestem het!
As hulle dit weer sou doen, dan sal dit sekerlik hulle
skuld wees. Maar om van hulle te verwag om te weet wat
sou gebeur terwyl
1 daar met hulle koppe getoor is deur waansinnige beloftes
2 'n nuwe stemstelsel wat niemand van ervaring gehad het nie,
is eens te erg.
> (Dis wel waar
> dat as ek die ANC was, ek daar kandidate sou probeer
> werf het wat nie swart was nie.) Ek hoop dat jy met jou
> klagte oor die oorwegende aantal swartes in die Noord-
> Kaap, nie probeer sê dat daar met die verkiesingsproses
> geheul is nie. Dit sou 'n ernstige aantyging wees.
Dis nie 'n klagte nie. Dis 'n waarneming.
Miskien weet jy dit nie, maar die verkiesingskommissie
moes nogal 'n heel belangrike besluit neem: was die
verkiesing billik ten spyte van al die ongerymdhede wat
plaasgevind het? Ek dink dat hulle besluit baie wys was.
Hulle het genoeg redes gehad om die verkiesing as
ongeldig te verklaar. Maar met so 'n verklaring sou die land
waarskynlik in 'n bloedige chaos gedompel word.
> Oor die gebruik van Engels in die Provinsiale Regering.
> Wat stel jy voor? In Namibië het hul selfs besluit om net
> Engels as enigste offisiële taal te gebruik om dinge makliker
> te maak. Ek was so ontroerd toe ek lees dat een van Swapo
> se leiers voor die oorgang sy kinders in 'n Afrikaans-medium
> skool gesit het, sodat hulle maats kon hê in die trauma van
> skielik in Engels te moet klasloop.
Wat betref jou vraag "Oor die gebruik van Engels in die
Provinsiale Regering. Wat stel jy voor?", ek gaan dit nie nou
beantwoord nie. My rede is dat hierdie vraag se antwoord
so omvangrykend is dat ek nie in hierdie skrywe daaraan
aandag wil gee nie.
> Oor of 'n wit seuntjie kan fantaseer oor president van SA
> te kan word. Daar is niks wat so 'n seuntjie verhoed in die
> grondwet van SA nie, dank die Vader.
Jy is reg, die teorie verhoed dit nie. Maar jy begryp my punt
glad nie - die praktyk verhoed dit. Dit kwel my wanneer teorie
en praktyk nie by mekaar uitkom nie.
> Ek persoonlik sal egter
> geen trane stort as 'n wit seuntjie vir die volgende drie-honderd
> jaar nie weer president van SA gaan word nie. Wit seuntjies
> het hulle kans gehad.
Hier verskil ek en jy radikaal.
Ek sal nooit van 'n kind wat in die toekoms moet leef, verwag
om boete te doen vir iets van die verlede waaraan die kind nie
deel gehad het nie. Ek kan dit uit verskeie hoekpunte beredeneer.
Die belangrikste saak egter wat gemeenskaplik aan al hierdie
hoekpunte is, is dat dit die patroon "oorsaak-gevolg" totaal
misken. Sodra ons die kousaliteitbeginsel skrap, gaan ons
onsself met waansin bedien.
> Dink daaraan: kon wit dogtertjies met
> enige mate van realisme hoop om regeringshoof van SA te word
> in al die eeue wat die essensieel patriargale kultuur uit Europa
> die subkontinent gedomineer het? Wit seuntjies moet nou ophou
> dink hulle is God's gift to the universe en ander mense ook kans
> gee.
Ek het van "seuntjies" geskryf omdat jy van kinders geskryf
het en toe telkens na "hy" verwys het. Ek het na "wit" verwys
om jou aandag daarop te vestig dat die "hy" waarvan jy skryf,
nie wit seuns behels nie.
Ek was nogal verbaas dat jy nie na seuns en dogters verwys
het nie. Ek self sal baie graag wou sien dat vrouens net soveel
as mans in regerings dien. Ek huldig hierdie standpunt vanuit
my perspektiewe rondom kreatiwiteit. Ek het al voorheen op
hierdie NG dit omonwonde gestel dat ek nie tyd vir feminisme of
"maskulisme" (manlike chauvinisme) het nie. Moet dus nie 'n
etiket om my nek probeer hang nie.
> Jy betreur die rassisme van die hedendaagse Suid-Afrika.
> Ek is egter nie so pessismisties oor die toekoms nie. Ons het
> wel die wit-rassisme van die apartheidsjare gehad, nou gevolg
> deur 'n sekere mate van swart-rassisme in reaksie daarteen.Maar
> oor 'n paar dekades is dinge miskien heeltemal anders. Ek het
> vertroue in die menslikheid en regverdigheid van die mense van
> Suid-Afrika.
Laat ek eers by die einde van wat jy geskryf het, begin.
Ek het geen vertroue meer in enige mens of aardse skepping nie.
Nog meer, toe ek hier in 1972 besef het dat die Bybel geen doekies
omdraai nie, maar prontuit leer dat slegs God vertrou kan word,
het ek gewonder
1 of dit ooit moontlik sal wees om voluit te kan leef sonder om
iets anders as God te vertrou,
2 waarom dit so belangrik is om net op God te vertrou.
Nou, 25 jaar later, het deur die Here se genade genoeg insig
op hierdie twee vrae se antwoorde gekry.
Jy noem spesifiek "menslikheid" en "regverdigheid" as die
twee sake wat in die pad van pessimisme oor die toekoms
staan.
Daar was 'n tyd in my lewe toe ek gedink het dat "menslikheid"
en "regverdigheid" begrippe is wat gedefinieer kan word
sonder enige self-kennis. Vandag besef ek hoe 'n groot
pampoen ek was. Hierdie twee begrippe, net soos self-kennis,
is kultuurgebonde. Elke kultuur het haar interpreasie van
"menslikheid" en "regverdigheid". Die interpretasies verskil
van kultuur tot kultuur. Soms is die verskille drasties. Die
Europese kulture se interpretsasies verskil drasties van die
kulture van Suidelike Afrika s'n.
Om hierdie verskille te kan waarneem en te kan begryp,
moet 'n mens oor kulture heen kan kommunikeer. Ek gaan
nou my kop in 'n byenes steek deur 'n syfer te noem wat
my persoonlike indruk van die stand van sake is, maar wat
ek nie empiries kan bevestig nie.
MINDER AS 1 UIT 1000 VAN SUID AFRIKA SE INWONERS
KAN OOR KULTURE HEEN KOMMUNIKEER
En laat ek dit ook skryf - ek is nie een van daardie enkeles
wat dit kan doen nie - nie dat ek nie probeer nie.
Sou my indruk dus reg wees dat so min Suid Afrikaners oor
kulture heen kan kommunikeer en sou "menslikheid" en
"regverdigheid" kultuurgebonde wees, is dit sinloos om te dink
dat die "menslikheid" en "regverdigheid" van Suid Afrikaners 'n
verskil aan die toekoms gaan maak.
Suid Afrikaners het geweldige probleme wat opgelos moet
word. 'n Pessimistiese gees is een van die groot oorsake
waarom 'n probleem nie opgelos kan word nie. (As iemand wil
weet hoekom - dit is nie net 'n psigologiese bevinding nie -
ek kan dit selfs beredeneer vanuit chaos-orde-kompleksiteit
teorie.) 'n Ander groot oorsaak is 'n gebrekkige begrip van wat
die werklikheid behels. Die gebrek aan kommunikasie oor
kulture heen is iets waarvan ons kennis moet neem. Die
probleem is hoe om hierdie gebrek te bowe te kom! Ek sal
graag wil he dat julle oor hierdie probleem wil skryf..
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Oor die lot van wit seuntjies [boodskap #10432 is 'n antwoord op boodskap #10414] |
Wo., 20 Augustus 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
|
Senior Lid |
|
|
At de Lange sê"
> Die gebrek aan kommunikasie oor
> kulture heen is iets waarvan ons kennis moet neem. Die
> probleem is hoe om hierdie gebrek te bowe te kom! Ek sal
> graag wil he dat julle oor hierdie probleem wil skryf..
Dagsê At,
My persoonlike gevoel is dat taal in hierdie instansie tweede moet kom.
Eerstens, en belangrikste, dink ek, is om "common ground" te vind. Shared
interests. Dan het twee persone van verskillende kulture iets waaroor hulle
*wil* gesels, en sal moeite doen om mekaar beter te verstaan.
Dit kan enigiets wees, van musiek, kuns, besigheid, tot 'n kermis by die skool.
As mense iets saam geniet, of saam wil bereik , gaan hulle 'n poging aanwend om
saam te werk, en dan hopelik vriende maak. Mense wat van mekaar hou sal mekaar
wil verstaan. Ek hoop maar ons kulture stem op 'n mate saam oor wat ons wil
beriek vir Suid Afrika. Dan sal ons dit wel kan doen.
En as taal tweede kom, moet politiek heel laaste in die ry staan. Dit
veroorsaak net 'n sirul�re gepraat en bakleiery.
Ek neem een moontlike oplossing. Ek sal graag wil hoor van ander.
Groete,
Vira.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 12:42:48 UTC 2026
|