| deel [boodskap #125388] |
Sa., 20 April 2019 20:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26311 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
deel
Afbreking: deel
Selfstandige naamwoord: deel
Meervoud: dele
Verkleinwoord: deeltjie
Meervoud van verkleining: deeltjies
Betekenis:
• Minder as die geheel; 'n stuk of porsie van iets groters.
Gebruik:
• Die Wes-Kaap is deel van Suid-Afrika.
Spreekwoord:
• Part nog deel aan iets hê. [Glad geen deel hê aan iets nie.]
Hiponiem:
• leeuedeel
Vertaling:
Engels: part, piece, share, portion
Nederlands: deel
Werkwoord: deel
Verlede tyd: het gedeel
Teenwoordige deelwoord: delend, delende
Verlede deelwoord: gedeelde
Betekenis:
• Om in twee of meer stukke te splits of te breek.
• Om 'n gedeelte te kry; saam met ander gebruik.
• Om wiskundig te bereken.
Gebruik:
• Deel die koek gelykop tussen julle.
• Ons deel 'n huis.
• Deel 10 deur 2.
Spreekwoord:
• Sy deel die lakens uit. [Sy speel baas.]
Afgelei:
• deelbaar
• deelneem
• deling
Vertaling:
Engels: to share; to divide
Nederlands: deel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|