Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antitese
Antitese [boodskap #125232] Do., 28 Maart 2019 16:19 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4590
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Antitese (teenstelling) is 'n stylfiguur waarin een gedagte in teenstelling met die volgende beklemtoon word. Dit word gedoen om 'n bepaalde eienskap te versterk of te benadruk. Mooi lyk immers mooier naas lelik, goed beter naas sleg.

Voorbeelde:
1. Hulle steun mekaar deur dik en dun.
2. Loop jy die smal of die breë weg?
3. By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis (C.J. Langenhoven).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Antitese [boodskap #150417 is 'n antwoord op boodskap #125232] Vr., 05 Desember 2025 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
COSkeen  is tans af-lyn  COSkeen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 2024
Karma: 0
Junior Lid
Wat sou 'n definisie dan van die woord "tese" bevat?
Re: Antitese [boodskap #150419 is 'n antwoord op boodskap #150417] Vr., 05 Desember 2025 11:22 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 544
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Soos ek dit verstaan, is ’n tese (wisselvorm: tesis) ’n stelling of standpunt wat gestel word.
Die woord tese is ’n leenwoord uit Frans, met die betekenis "stelling".
’n Antitese is die teenstelling of ’n teenargument wat dit kontrasteer.
Vorige onderwerp: Bybel
Volgende onderwerp: Lys van onderwerpe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 12:23:03 UTC 2025