Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bybel
Bybel [boodskap #140675] Wo, 21 Desember 2022 08:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Gutenbergbybel, die eerste gedrukte boek.
Die Gutenbergbybel, die eerste gedrukte boek.
Die Bybel is die heilige boek van Christendom. Dit is een van die invloedrykste boeke ter wêreld, die mees verspreide boek ooit, en die eerste boek wat gedruk en nie met die hand geskryf is nie. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), 'n meervoud van βιβλιον biblion, wat oorspronklik papirus beteken en later as 'n aanduiding van papier, geskrif of boek(rol) gebruik is.

Die Bybel bestaan uit twee hoofdele, die Ou Testament en die Nuwe Testament. Dit is saamgestel uit teologies-bedoelde verhale, gesange, allegoriese erotika, gelykenisse en didaktiese briewe. Die boeke is geskryf (of gefinaliseer) oor byna 1 000 jaar tussen die 8ste eeu v.C. tot aan die einde van die 1ste eeu n.C. Sommige dele van die Ou Testament is ouer, maar ons weet nie presies hoe oud nie.

Die Ou Testament begin met die skepping van die aarde en die mens deur God. Die verhaal waarin die mens in die paradys in sonde verval het, word gevolg deur 'n lang reeks verhale wat handel oor die Israeliete as God se volk.

Die Nuwe Testament is opgedeel in die vier Evangelies en Handelinge, asook die Sendbriewe van Paulus en die Algemene Sendbriewe. Die koms van Jesus staan ​​sentraal in die Nuwe Testament. Sy dood en opstanding lei tot die herstel van die gebroke verhouding tussen God en mens. Sy volgelinge sal die Koninkryk van God beërwe.

Die Apokriewe boeke, is boeke (buite die kanon van Nicea) wat nie in die Bybel opgeneem is nie.

Ou Testament

Volledige naam Algemene gebruik Afkorting
Genesis Genesis Gen.
Eksodus Eksodus Eks.
Levitikus Levitikus Lev.
Numeri Numeri Num.
Deuteronomium Deuteronomium Deut.
Josua Josua Jos.
Rigters Rigters Rigt.
Rut Rut Rut
I Samuel 1 Samuel I Sam. of 1Sam.
II Samuel 2 Samuel II Sam. of 2Sam.
I Konings 1 Konings I Kon. of 1Kon.
II Konings 2 Konings II Kon. of 2Kon
I Kronieke 1 Kronieke I Kron. of 1Kron.
II Kronieke 2 Kronieke II Kron. of 2Kron.
Esra Esra Esra
Nehemia Nehemia Neh.
Ester Ester Ester
Job Job Job
Psalms Psalms Ps.
Spreuke van Salomo Spreuke Spr.
Prediker Prediker Pred.
Hooglied van Salomo Hooglied Hoogl.
Jesaja Jesaja Jes.
Jeremia Jeremia Jer.
Klaagliedere van Jeremia Klaagliedere Klaagl.
Esegiël Esegiël Eseg.
Daniël Daniël Dan.
Hosea Hosea Hos.
Joël Joël Joël
Amos Amos Amos
Obadja Obadja Obad.
Jona Jona Jona
Miga Miga Miga
Nahum Nahum Nah.
Habakuk Habakuk Hab.
Sefanja Sefanja Sef.
Haggai Haggai Hag.
Sagaria Sagaria Sag.
Maleagi Maleagi Mal.

Nuwe Testament:

Evangelies en Handelinge

Volledige naam Algemene gebruik Afkorting
Die Evangelie van Matthéüs Matthéüs Matt.
Die Evangelie van Markus Markus Mark.
Die Evangelie van Lukas Lukas Luk.
Die Evangelie van Johannes Johannes Joh.
Die Handelinge van die Apostels Handelinge Hand.

Die Sendbriewe van Paulus

Volledige naam Algemene gebruik Afkorting
Aan die Romeine Romeine Rom.
Aan die Korinthiërs I I Korinthiërs I Kor. of 1Kor.
Aan die Korinthiërs II II Korinthiërs II Kor. of 2Kor.
Aan die Galasiërs Galasiërs Gal.
Aan die Efesiërs Efesiërs Ef.
Aan die Filippense Filippense Filip.
Aan die Kolossense Kolossense Kol.
Aan die Tessalonisense I 1 Tessalonisense I Tess. of 1Tess.
Aan die Tessalonisense II 2 Tessalonisense II Tess. of 2Tess.
Aan die Timoteus I 1 Timoteus I Tim. of 1Tim.
Aan die Timoteus II 2 Timoteus II Tim. of 2Tim.
Aan Titus Titus Tit.
Aan Filemon Aan Filemon Fil.
Die Brief aan die Hebreërs Hebreërs Heb.

Die Algemene Sendbriewe:

Volledige naam Algemene gebruik Afkorting
Die Sendbrief van Jakobus Jakobus Jak.
Die Sendbrief van Petrus I 1 Petrus I Pet. of 1Pet.
Die Sendbrief van Petrus II 2 Petrus II Pet. of 2Pet.
Die Sendbrief van Johannes I 1 Johannes I Joh. of 1Joh.
Die Sendbrief van Johannes II 2 Johannes II Joh. of 2Joh.
Die Sendbrief van Johannes III 3 Johannes III Joh. of 3Joh.
Die Sendbrief van Judas Judas Jud.
Die Openbaring van Johannes Openbaring Openb.
Vorige onderwerp: Volksraad
Volgende onderwerp: Lys van onderwerpe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:38:02 MGT 2024