Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe bydraer.
| Nuwe bydraer. [boodskap #10160] |
Vr., 01 Augustus 1997 00:00  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Goeienaand,
Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.
Ek het die afgelope paar weke gereeld by
alt.penpals. forty plus years ( apfpy) ingeskakel,
en dadelik lus gevoel om deel te neem.
Ek het gedink hierdie is ook 'n lekker geselsgroep
in Afrikaans.
Ongelukkig alles behalwe.
Ek voel duidelik dat die trant heelwat ligter moet wees,
anders is dit 'n groep vir hoogdrawende besprekings.
Ontspanning is dit beslis nie.
Wat ek so pas gelees het van eie identiteit verloor,
kultuur en die res ( Afrikaner Afrikane inderdaad!)
kan ek in dagblaaie lees.
Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
Jy het nog 'n naam.
Oorspronklike, kort, spitsvondige opmerkings is
baie meer leesbaar en antwoordbaar.
Dit is 'n besprekingsgroep, in verstaanbare Afrikaans,
is dit nie?
Dit lyk meer na hoogdrawende geoefen van moontlike
tesisse, wat niemand in elk geval sou wou lees nie,
behalwe die persoon wat dit geskryf het.
Ek wag vir die vlamme wat op my gaan neerdaal.
Groetnis,
Annette
--
ann...@fast.co.za
Rooiwyn liefhebber.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10176 is 'n antwoord op boodskap #10160] |
Sa., 02 Augustus 1997 00:00   |
Thomas Jacobs
Boodskappe: 49 Geregistreer: April 1997
|
Volle Lid |
|
|
In "Annette" writes:
> Goeienaand,
> Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.
> Ek het die afgelope paar weke gereeld by
> alt.penpals. forty plus years ( apfpy) ingeskakel,
> en dadelik lus gevoel om deel te neem.
> Ek het gedink hierdie is ook 'n lekker geselsgroep
> in Afrikaans.
> Ongelukkig alles behalwe.
> Ek voel duidelik dat die trant heelwat ligter moet wees,
> anders is dit 'n groep vir hoogdrawende besprekings.
> Ontspanning is dit beslis nie.
> Wat ek so pas gelees het van eie identiteit verloor,
> kultuur en die res ( Afrikaner Afrikane inderdaad!)
> kan ek in dagblaaie lees.
> Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
> Jy het nog 'n naam.
> Oorspronklike, kort, spitsvondige opmerkings is
> baie meer leesbaar en antwoordbaar.
> Dit is 'n besprekingsgroep, in verstaanbare Afrikaans,
> is dit nie?
> Dit lyk meer na hoogdrawende geoefen van moontlike
> tesisse, wat niemand in elk geval sou wou lees nie,
> behalwe die persoon wat dit geskryf het.
> Ek wag vir die vlamme wat op my gaan neerdaal.
At least I am with you, no flames from my side. Die is 'n kak nuusgroep
bedoel vir die wat nog aan die verlede PROBEER klou.
Dankie en WEERSIENS.
> Groetnis,
> Annette
> --
> ann...@fast.co.za
> Rooiwyn liefhebber.
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10247 is 'n antwoord op boodskap #10160] |
Di., 05 Augustus 1997 00:00   |
John
Boodskappe: 10 Geregistreer: Augustus 1997
|
Junior Lid |
|
|
Annette wrote:
>
> My doel in die lewe is om al die Merlot en Cabernet Sauvignon,
> ...ter wêreld te proe.
Voorwaar 'n edel doel.
Maar dan, jy sit duidelik in die wynwêreld met voldoende geleenthede.
Ek het baie tyd vir osbloed; saam met goeie geselskap, genoeg tyd en min
verpligtinge is dit een van die lewe se beter plesiertjies. Dit neuk
egter as mens al een in die huis met so 'n voorliefde is: 'n bottel kan
mens nie alleen opdrink nie (OK, jy kan, maar..), en as hy eers oop was
is hy die volgende dag nie meer dieselfde nie. So soetwyn is my voorland
op Vrystaatse winteraande; tenminste kom hulle niks oor as jy die bottel
bêre tot anderdag nie.
Elkgeval, teen die agtergrond van beide rooiwyn en soetwyn, kom ek
anderdag 'n interessante kombinasie van die twee tee. As ek dit 'n
Cabernet Sauvignon Jerepigo noem is ek dalk nie ver verkeerd nie. Dit
word gemaak deur Mons Ruber, 'n klein keldertjie 'n entjie aan die
Oudtshoorn kant van De Rust, en hulle noem dit Elegansia. Dit het die
smaak van Cabernet, maar die Jerepigo maak die skerp rante bietjie
stomp, sonder dat dit stroperig word. Eindeffek baie glad en afgerond.
Waarskynlik nie almal se smaak nie, maar steeds interessant. Ek geniet
dit.
Groetnis
--
John
|
|
|
|
| Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10248 is 'n antwoord op boodskap #10160] |
Di., 05 Augustus 1997 00:00   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hallo,
My doel in die lewe is om al die Merlot en Cabernet Sauvignon,
of 'n kombinasie van die twee van al die produsente ter wêreld te proe.
Harde werk.
By Die Burger se Wynfees verlede jaar kon ek net 39 van die 59
stalletjies bybring.
Nie genoeg tyd gehad nie.
Moet kan huis toe ry na die tyd.
Annette.
John wrote in article ...
> Annette wrote:
>> Rooiwyn liefhebber.
>
> Enige spesifieke soort rooiwyn?
>
> --
> John
>
|
|
|
|
| Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10257 is 'n antwoord op boodskap #10160] |
Wo., 06 Augustus 1997 00:00   |
George
Boodskappe: 1 Geregistreer: Augustus 1997
|
Junior Lid |
|
|
"Annette" wrote:
> Goeienaand,
> Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.
> Ek het die afgelope paar weke gereeld by
> alt.penpals. forty plus years ( apfpy) ingeskakel,
> en dadelik lus gevoel om deel te neem.
> Ek het gedink hierdie is ook 'n lekker geselsgroep
> in Afrikaans.
> Ongelukkig alles behalwe.
> Ek voel duidelik dat die trant heelwat ligter moet wees,
> anders is dit 'n groep vir hoogdrawende besprekings.
> Ontspanning is dit beslis nie.
> Wat ek so pas gelees het van eie identiteit verloor,
> kultuur en die res ( Afrikaner Afrikane inderdaad!)
> kan ek in dagblaaie lees.
> Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
> Jy het nog 'n naam.
> Oorspronklike, kort, spitsvondige opmerkings is
> baie meer leesbaar en antwoordbaar.
> Dit is 'n besprekingsgroep, in verstaanbare Afrikaans,
> is dit nie?
> Dit lyk meer na hoogdrawende geoefen van moontlike
> tesisse, wat niemand in elk geval sou wou lees nie,
> behalwe die persoon wat dit geskryf het.
> Ek wag vir die vlamme wat op my gaan neerdaal.
> Groetnis,
> Annette
> --
Annette, as die vlamme op jou gaan neerdaal oor jou intelligente en
verstaanbare kritiek teenoor hierdie nuusgroep se swaarverteerbare en
soms onleesbare taalgebruik staan ek saam met jou. Ek lees ook
hierdie roep gereeld maar vind dit nogal moeilik om op enige iets saam
te praat. Dit is in die eerste plek *baie* polities en soms te
"hoogdrawend" om jou aan te haal.
Nou ja, laat ons saamstaan teen die vure! :)
George
"Ek wil net vir u sê, hierdie land sal NOOIT deur kommuniste regeer word nie, en daarvoor sal die Nasionale Party sorg." - Pik Botha (1986)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10302 is 'n antwoord op boodskap #10160] |
So., 10 Augustus 1997 00:00   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
George wrote in article
...
> "Annette" wrote:
>> Groetnis,
>> Annette
>> --
> Annette, as die vlamme op jou gaan neerdaal oor jou intelligente en
> verstaanbare kritiek teenoor hierdie nuusgroep se swaarverteerbare en
> soms onleesbare taalgebruik staan ek saam met jou. Ek lees ook
> hierdie roep gereeld maar vind dit nogal moeilik om op enige iets saam
> te praat. Dit is in die eerste plek *baie* polities en soms te
> "hoogdrawend" om jou aan te haal.
>
> Nou ja, laat ons saamstaan teen die vure! :)
>
> George
>
>
> "Ek wil net vir u sê, hierdie land sal NOOIT deur kommuniste regeer word nie, en daarvoor sal die Nasionale Party sorg." - Pik Botha (1986)
>
>
Dankie George,
Die ergste, nee enigste vlam wat ek van weet, is dat ek Die Huisgenoot
se kitsresepte lees.
Voorwaar 'n onintelligente opmerking, as jy my vra.
Wie lees nog Die Huisgenoot met hulle verspotte artikels?
( Voordat daar weer gevolgtrekkings gemaak word -
Ek kan die inhoud op die voorblaaie lees. Ek hoef nie tyd te
spandeer om dit deur te blaai nie)
Annette.
ann...@fast.co.za
|
|
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Jul. 30 11:00:29 UTC 2026
|