Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ...kuier met 'n koppie koffie
| ...kuier met 'n koppie koffie [boodskap #9301] |
Ma., 12 Mei 1997 00:00  |
Vyg
Boodskappe: 40 Geregistreer: Augustus 1996
|
Volle Lid |
|
|
Yes, hoe gaan dit jong ? ...sit jy.. ..
o, ek sien jy sit lankal... ..
nou toe, ek it solank die ketel aan,...
..ek mis nie die huisgenoot nie, dankie tog,
oral waar ek by mense gekom het, moes
ek altyd hoor van die gruwelike stories
daarin, wat ek wil mis, is boerewors en
krummelpap, die suid-ooste in die Kaap,
...natuurlik net gekla oor die wind by die
huis, ek mis ook nie vir Riaan Cruywagen
nie, lees hy nog afrikaanse nuus ?
melk ?........en suiker......so ja !
... jy sê, jy't ook gehoor van die arme amerikaanse
prof en sy student wat hom so vasgeloop daar
in Sasolburg, 'n bloody skande, maar wat kan 'n
mens dan verwag van sasolburgers, beslis
nie dieselfde as die nuweburgers nie.
|
|
|
|
| Re: ...kuier met 'n koppie koffie [boodskap #9302 is 'n antwoord op boodskap #9301] |
Ma., 12 Mei 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
|
Senior Lid |
|
|
vy...@loxinfo.co.th wrote in article ...
>
>
> Yes, hoe gaan dit jong ? ...sit jy.. ..
> o, ek sien jy sit lankal... ..
>
> nou toe, ek it solank die ketel aan,...
>
> ..ek mis nie die huisgenoot nie, dankie tog,
> oral waar ek by mense gekom het, moes
> ek altyd hoor van die gruwelike stories
> daarin,
Dis waar. Hulle weet egter beter as Scope hoe om geld te maak. Jy weet
seker dat Scope sy alie gesien het toe hy 'n bietjie Playboy wou raak.
> wat ek wil mis, is boerewors en
> krummelpap, die suid-ooste in die Kaap,
Jong, jy bring nou vuur (die suid-ooster wind) by die brandhout (wors en
krummelpap). Dis net die Kapenaars wat die suid-ooster lief het want dit
hou die binnelanders weg, sê hulle. Hulle gebruik druiwestompe en beweer
dat kameeldoring, hardekool of sekelhaak nie kan kers vashou nie. Hulle
verkies 'n sosatie bo 'n worsie, 'n wyntjie bo 'n mampoertjie, ensovoorts.
Kom ons hou 'n geselsie oor die ideale braai en haal mekaar so oor die
kole.
> ...natuurlik net gekla oor die wind by die
> huis,
> ek mis ook nie vir Riaan Cruywagen
> nie, lees hy nog afrikaanse nuus ?
So een keer elke paar dae. Nuus in Afrikaans het 'n seldsaamheid geword.
Geselsporgramme in Afrikaans is nou so skaars soos hoendertande. Al wat
oorbly is hierdie nuusgroep.
>
> melk ?........en suiker......so ja !
>
> ... jy sê, jy't ook gehoor van die arme amerikaanse
> prof en sy student wat hom so vasgeloop daar
> in Sasolburg, 'n bloody skande,
Ek wonder was sou gebeur het as hy vir hulle slaapplek gereel het in
Sharpeville neffens Sasolburg, ongeag van hulle ras. Die gevolge sou
sekerlik vir drama gesorg het.
> maar wat kan 'n
> mens dan verwag van sasolburgers, beslis
[color=blue]> nie dieselfde as die nuweburgers nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 05:49:41 UTC 2026
|