Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Maria" deur Elisabeth Eybers ('n Kersfeesgedig)
"Maria" deur Elisabeth Eybers ('n Kersfeesgedig) [boodskap #122681] Ma, 24 Desember 2018 12:59
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/78/0/Elisabeth Eybers het hierdie Kersfees-gedig geskryf toe sy 18-jaar oud was:

MARIA
deur Elisabeth Eybers

'n Engel het dit self gebring,
die vreugde-boodskap - en jy het
'n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink, eenmaal sou hy
die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met 'n glimlag langs
jou liggaam stryk ... die stilte instaar ....
Wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hy sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal - geeneen
om in jou nood by jou te staan -
Het jy geweet dat hy alléén
Getsémané sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon
wis jy hoe die soldate hom
tot koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,
sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was : Ek het dors!

Toe dit verby was, en jy met
sy vriend Johannes huis toe gaan -
Maria, vrou van smarte, het
jy tóé die boodskap goed verstaan?


  • Aanhangsel: kersfees2.jpg
    (Grootte: 43.97KB, 4401 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: "Voshaarnooi" deur Boerneef
Volgende onderwerp: Jan Koekepan .... ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:09:46 MGT 2024