Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Die Web in Afrikaans (Gee voorkeur aan Afrikaans)
Die Web in Afrikaans [boodskap #122479] Sa, 22 Desember 2018 06:47 na volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
/fa/83/0/Stel asseblief u webbladleser se taalvoorkeur na Afrikaans.

'n Beduidende deel van die Internet is in Engels, tog is daar ook heelwat Afrikaans op die Net. Mense weet net nie altyd daarvan nie, omdat hul bladlesers se taalvoorkeur nie reg gestel is nie.

Webbedieners (web servers) kan opgestel word om dokumente in die gebruiker se voorkeurtaal aan te stuur. Die gebruiker se taalvoorkeur bepaal dan watter dokument aan die gebruiker opgedis word. Byvoorbeeld, as 'n Afrikaanse en Engelse bladsy beskikbaar is en die gebruiker verkies Afrikaans, sal die Afrikaanse blad vertoon word.

In die meeste gevalle is die voorkeurtaal na installasie Engels. Dit kan egter maklik in u webblaaier se instellings (settings/options) verander word. Mense dink nie altyd daaraan nie, maar dit maak 'n groot verskil in hoe u die Interweb gaan ervaar. As u dit doen sal u agterkom dat groot internasionale maatskappye soos Google en Facebook skielik met u Afrikaans praat. Hoekom meer plaaslike maatskappye die nie doen nie gaan egter my versand te bowe!

Hou dit Afrikaans -
Stel jou taalvoorkeur na Afrikaans!

Re: Die Web in Afrikaans [boodskap #133949 is 'n antwoord op boodskap #122479] So, 04 Oktober 2020 18:50 Na vorige boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Wanneer u Afrikaanse inligting op die Internet publiseer, maar tog seker dat dit as Afrikaans verklaar is. Dit effens tegnies, maar as u op 'n Afrikaanse bladsy land, kliek regs en kies "View page source". Soek die HTML-etiket bolangs, en maak seker dit bevat die attribuut lang="af".

Verkeerd:
<html>
Nog erger:
<html lang="en">
Net reg:
<html lang="af">
U sal verstom wees om te sien hoeveel bekende Afrikaanse webwerwe dit nie regkry nie!
Vorige onderwerp: Rekenaarterme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:49:00 MGT 2024