Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Voshaarnooi" deur Boerneef
"Voshaarnooi" deur Boerneef [boodskap #122252] Ma, 17 Desember 2018 09:31 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
VOSHAARNOOI
deur Boerneef (1959)

Bantom hom so en flennie die snare
ek is verlief op die kind
die son slaan vuur uit die sweetvos hare
ek is verlief op die kind
hoor jy meisie met die sweetvos hare
verstaan jy die praat van die ramkiesnare
ek is verlief op jou, kind


Hierdie gedig is getoonset en deur Louis van Rensburg bekendgemaak in die destydse TV-reeks, Ballade vir 'n enkeling. Hier is Joshua na die Reën se weergawe van die lied:

Re: "Voshaarnooi" deur Boerneef [boodskap #122253 is 'n antwoord op boodskap #122252] Ma, 17 Desember 2018 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hier sing Louis van Rensburg sy toonsetting van Boerneef se pragtige gedig.


Bantam hom so en flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare
Ek is verlief op die kind
Hoor jy meisie met die sweetvoshare
verstaan jy die praat van die rankie snare
Ek is verlief op die kind
Lappa lei vir Bella koud, in Waboomskloof se geel bossies
Lappa maak vir Bella stout,
Met Hanepootse natrossies
Donkerrooi die wingerdblaar en warmrooi die mond van haar
My hart blom wit vir die voshaarnooi
Pluk heide van die rooiste rooi
Vir hierdie einste voshaarnooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Vir jou my voshaar meisiekind
Re: "Voshaarnooi" deur Boerneef [boodskap #122254 is 'n antwoord op boodskap #122253] Ma, 17 Desember 2018 10:15 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Mense krap lekker kop oor die betekenis van die eerste lyn (bantom en flennie), hoewel dit lekker van die tong afrol.

"Bantom" is moontlik 'n vervorming van die woord "bandom". Dit verwys na 'n dier wat 'n wit streep om sy middel het ('n wit haarband om die lyf). Dit kan ook 'n gladderige klip wees wat die moontlike aanwesigheid van diamante aandui.

"Flennie" verwys na sagte, lossies geweefde wolstof wat vir verbande en onderklere gebruik word.

In my geestesoog sien en 'n meisie met rooi hare wat blink soos die van 'n vos. Sy het 'n wit nommertjie aan wat soos snare oor haar lyf span. Die res kan mens seker aan die verbeelding oorlaat...
Vorige onderwerp: O, Die Pyn-Gedagte - Totius
Volgende onderwerp: "Maria" deur Elisabeth Eybers ('n Kersfeesgedig)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:44:56 MGT 2024