| kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8724] |
Wo., 05 Maart 1997 00:00  |
cobus van bosch
Boodskappe: 46 Geregistreer: September 1996
|
Volle Lid |
|
|
Hier's een vir almal wat die moed het om werklik daaraan te dink:
IS DAAR IETS SOOS KOLLEKTIEWE SKULD TANS IN SUID-AFRIKA? Indien nie,
hoekom nie. Indien wel, wie het dit en waarom?
groete
kakkies
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8745 is 'n antwoord op boodskap #8724] |
Vr., 07 Maart 1997 00:00   |
cobus van bosch
Boodskappe: 46 Geregistreer: September 1996
|
Volle Lid |
|
|
> Ek dink dat skuldgevoelens kan nie 'n kollektiewe konsep wees nie.
> Skuldgevoelens sal seker maar afhang van 'n mens se betrokkenheid by dade wat
> skuldgevoelens verwek. Dan sal 'n verdere faktor natuurlik ook 'n mens se vlak
> van harteloosheid/hardvogtigheid asook mense se lewensfilosofie afhang.
> Kollektiewe skuld is ook 'n relatiewe begrip en sal afhang van vlakke van
> onvergewensgesindheid en sal ook afhang van dié wat kollektiewe skuld op 'n
> groep of groepe wil plaas se bereidheid om te veralgemeen.
> Ek trek gereeld mense aan op die net wat eers wil weet waar jy vandaan kom. Jy
> sê "Suid Afrika" Hulle vra dan "Is jy 'n Europeer" Eks sê "nee ek is 'n "
> Afrikaner met 'n ligte gelaatskleur" Hulle sê "O, dan is jy 'n Europeer" Ek sê
> " My voorgeslagte woon al van 1675 af in Suid Afrika en ek het geen familie in
> Europa nie" Hulle sê "O, alle blanke Suid Afrikaners is rassiste" Ek sê" Alle
> Amerikaners wat suid van die Mason-Dixie lyn bly is ook rassiste" - dit is 'n
> vorm van kollektiewe skuld probeer plaas waar dit nie bestaan nie.
Miskien het jy my nie heeltemal reg verstaan nie. Ek moes my dalk ook
beter uitgedruk het. Waarvan ek eintlik praat, is die teenwoordigheid,
of nie, van 'n kollektiewe skuldgevoel, eerder as bloot kollektiewe
skuld.
Wat ek wil weet, is of daar mense is wat skuldig voel. Ek praat dus
nie van skuld op iemand pak nie (kollektiewe blamering is natuurlik
teenwoordig oor die hele spektrum van Suid-Afrika se bevolking), maar
van die ERVARING van skuldigheid.
Ek praat ook nie van individue wat moontlik gesondig het en skuldig
mag voel nie, maar of daar mense is wat voel dat hulle as
groep/nasie/volk aandadig is aan oortredings of onmenslikheid ens.
groete
kakkies
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8780 is 'n antwoord op boodskap #8724] |
Di., 11 Maart 1997 00:00   |
Etienne Marais
Boodskappe: 370 Geregistreer: Maart 1997
|
Senior Lid |
|
|
kakkies wrote:
>
> Hier's een vir almal wat die moed het om werklik daaraan te dink:
>
> IS DAAR IETS SOOS KOLLEKTIEWE SKULD TANS IN SUID-AFRIKA? Indien nie,
> hoekom nie. Indien wel, wie het dit en waarom?
>
> groete
>
> kakkies
Neewat, ek dink nie daar is 'n bewustelike skuldgevoel onder
groeperings mense in Suid Afrika nie. Daar is basies drie
groepe nl:
1) Die wat ander groeperings uittrap, self moontlik deel is
van afbreek/opbou aksies, maar homself disassosieer van
die groepering wat 'skuldig' is.
2) Die wat reaksioner is tot groep 1. se optrede.
3) Die wat nie minder kan omgee nie.
Wat my betref sal dit fantasties wees as die Afrikaner
realisties kan terugkyk na sy foute, regmaak waar
moontlik, maar nogsteeds sy identiteit en nasietrots
behou. Self is ek gekant teen die monokultuarisme wat
onvermeidelik besig is om in te tree, en daar is
beslis heelwat swartes wat so oor hul eie identiteit
voel (weereens briewe aan die Perdeby).
Gepraat van kollektiewe skuld, dit lyk my die enigste
manier om 'n Kollektiewe geheue (Collective Memory)
in Suid Afrika te skep is deur GEEN 'memory' te skep.
Ek verwys na die afskaffing van geskiedenis as
verpligte vak, en die nuwe inhoud.
Etienne
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8877 is 'n antwoord op boodskap #8724] |
Ma., 24 Maart 1997 00:00  |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: Desember 1996
|
Senior Lid |
|
|
In Article, writes:
> On Thu, 20 Mar 97 09:00:40, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>
> > Vryheidstryd of het hy dit gedoen om sy eie sak te vul? Versigtig vir hoe
wyd
>> jy die Vryheidstryd vat, ons kan skielik al die prisoniers in ons tronke hoor
>> Amadla! skreeu!>>>
>
> Presies. The heart of the matter.
>
> Dit ook omgekeer beteken:
>
> "Maar het wat Eugene de Kock gedoen het, alles deel uitgemaak van die
> afweer van die sg. totale aanslag waarvoor hy opdrag gekry het"?
>
> Nee in albei gevalle, reken ek.
>
Sela.
|
|
|
|