Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Sterre" deur C.M. Van den Heever
"Die Sterre" deur C.M. Van den Heever [boodskap #120848] Ma, 29 Oktober 2018 06:30
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/48/0/DIE STERRE
C.M. VAN DEN HEEVER

Die heel aand lank het ons gepraat,
gedelf in donker wysheidsmyn,
en telkens het die skoon gelaat
van waarheid verderweg geskyn.

Die heel aand lank het sku die hart
gehuiwer oor 'n diepe see
en dof gevra: waarom dan smart
om in dié koninkryk te tree?

En om ons het daar fyn geswewe
die yle rook en diep geskyn,
soos 'n gepuurde, reine lewe:
die sagte straling van die wyn.

En toe ons buite kom, bevry
opeens die hart hom van sy leed
en sien die sterre; skugter-bly
om in hul gang sy gang te weet.

  • Aanhangsel: sterre.jpg
    (Grootte: 48.85KB, 768 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: "Verlange" deur Toon van den Heever
Volgende onderwerp: " Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:40:12 MGT 2024