| TAALNUUS 2 [boodskap #8432] |
Vr., 07 Februarie 1997 00:00  |
Mampoer
Boodskappe: 16 Geregistreer: Januarie 1997
|
Junior Lid |
|
|
Die CNA-letterkundeprys het na 35 jaar sy CNAlie gesien.
Die baas van CNA, Andries Smith, het in 'n brief aan uitgewers gese
die maatskappy gaan sy "hulpbronne van nou af kanaliseer om aandag te
gee aan die behoeftes van basiese geletterdheids- en opvoedkundige
ontwikkeling".
Hulle het reeds R400 000 geskenk aan die onderwysdepartemente in
Noord-Wes en Oos-Kaapland in die vorm van materiaal wat ontwikkel is
om kinders te leer lees.
"Ons glo die kernbousteen vir hierdie land se toekoms le in die
opgradering van die vlakke van geletterdheid en lees."
Dis tragies. Hul plan met geletterdheid is edel en ek weet daar is te
veel letterkundepryse waarby te min mense baat gevind het, maar
hierdie een was nog altyd bo verdenking. Dit was boonop 'n goeie
aanduiding vir lesers - hierdie boek kan jy gerus loop koop. Ook nie
net Afrikaanse boeke was betrokke nie.
Hul besluit maak sin en hopelik gaan dit veroorsaak dat daar oor net
meer as 'n dekade baie meer boeklesers is. (Die hoop beskaam mos nie.)
Hulle moet ook net hul bydraes tot geletterdheidsprogramme volhou.
Mampoer
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: TAALNUUS 2 [boodskap #8469 is 'n antwoord op boodskap #8432] |
So., 09 Februarie 1997 00:00  |
Charl Durand
Boodskappe: 55 Geregistreer: Januarie 1996
|
Volle Lid |
|
|
Koos wrote in article
...
> On 7 Feb 1997 07:31:57 GMT, "Charl Durand" wrote:
>
> So 'n ontwikkeling sal natuurlik beteken dat as jy weet watter
> boek jy wil he, klim jy gou op die PC en bestel dit. Hulle kom lewer
> dit dan more of vanmiddag af.
My ondervinding is dat dit 'n duur opsie tans nog is. Maar dis wonderlik om
goed te kan bestel wat jy nie plaaslik kan kry nie, en boekwinkels te nors
en stupid is om vir jou te bestel! Viva vir die eerste Suid-Afrikaanse
(never mind _Afrikaanse_ net-boekwinkel! En ek wonder watter afrikaanse
skrywer gaan eerste die guts he^ om 'n totale boek op die Net te sit.
>
> Dan sal 'n mens waarskynlik net boekwinkel toe gaan om te gaan
> browse en om nuwe goed te soek.......en om twak te praat!
Absoluut. G'n plek so goed soos 'n letterkunde rak om 'n aantreklike
meisie met meer as twee breinselle by raak te loop nie.
Die boekwinkels in Jhb is besig om te verdeel in a. Die secondhand
bookshops waar jy bargain hunting kan doen, en b. Byderwetse winkels soos
Facts & Fiction, wat nou ook 'n coffeeshop binne in die winkel het, en 'n
vinnig groeiende rekenaar-afdeling, kompleet met cyber-cafe. Boekekoop word
'n sosiale ervaring, eerder as 'n ekonomiese aktiwiteit.
CNA is deesdae so 'n tipe kruis tussen 'n kafee en 'n supermark wat
toevallig boeke verkoop. Absoluut geesloos.
>
>
> Of die wat daar nou is doodmaak.
Noodwendig, ja.
Charl
>
|
|
|
|