Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "By Pramberg blêr 'n moflam" deur Boerneef
"By Pramberg blêr 'n moflam" deur Boerneef [boodskap #120815] Vr, 12 Oktober 2018 19:04
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/41/0/BY PRAMBERG BLÊR 'N MOFLAM
Boerneef

By Pramberg blêr 'n moflam
van hongerte en dors
by Pramberg vrek 'n moflam
dit is vanjaar die stryk
sny keelaf wat nog lewe
dis hoeka sukke tyd
by Pramberg blêr geen moflam
maar die jakkals hou jolyt

[Die gedig verwoord 'n gevoel van wanhoop in 'n tyd van uiterste droogte. Dit betreur die sterfte van 'n moflam (Merino-skape word mowwe genoem). Ironies genoeg het Pramberg sy naam gekry omdat dit soos 'n vrou se bors ('n plek van voeding) gevorm is. Pramberg is deel van die Tankwa-Karoo Nasionale Park tussen Ceres en Calvinia, 'n uitgestrekte, eensame stuk aarde aan die voetheuwels van die Sederberge. Op die einde is die een se dood die ander se brood.]

  • Aanhangsel: moflam.gif
    (Grootte: 94.63KB, 1675 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: "Busrit in die Aand" deur Elisabeth Eybers
Volgende onderwerp: Afrikaanse gedig in Engels, seblief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:10:07 MGT 2024