| Re: Die gevaar [boodskap #8364] |
Wo., 05 Februarie 1997 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
xfi...@xs4all.nl says...
>
> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.
> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.
> Xfiles.
Asseblief, Xfiles, moenie sulke dinge sê nie.
Ek is dankbaar dat Leendert op die nuusgroep is,
dankbaar vir die "argumente" tussen hom en Koos,
dankbaar dat Lou nou en dan inspring en vir ons
almal regwys. Uit so 'n oop soort gesprek vind ek
brokkies informasie oor wat in die huidige SA aan-
gaan, wat ek op geen ander manier kan kry nie. Dis
hierdie soort oop gesprekke wat ek dink in die jare
van apartheid nie gevoer is nie. Die enkele kere wat
ek in SA was gedurende die tyd, het my ongetwyfeld
diep Christelike Afrikaanse vriende weggeskram van
dinge met my te bespreek. Hulle was duidelik bang.
Iets wat my oortuig het dat SA 'n fascistiese staat ge-
word het. Iets wat ek dink SA op die oomblik nie is
nie. Of dit een gaan word, sal ons nog moet sien.
Ek is geinteresseerd in 'n gedagtewisseling oor
"ikone." Ook oor die "demonisering" of "reifikasie"
van ikone. Ons vat nou maar die voorbeeld van Biko.
Leendert sê self dat die persepsie van die man in die
straat oor wat met Biko gebeur het, een van die redes
was dat die ou bedeling ineengestort is. Biko het dus
ikoon geword. Nie net in SA nie. Deur die konserte
teen apartheid in London, deur Peter Gabriel se lied,
het daardie ikoon voete gekry. Dom, dom regering wat
die teelaarde geskep het vir so 'n ikoon om te ontstaan,
en dan voete te kry. Dis een van die dinge waaroor ek
die meeste skaam is. Nie die wreedheid van die ou
regering se beleide nie, maar hulle domheid. HULLE
DOMHEID. Ek probeer somtyds myself oortuig dat
hulle 'n bende Afrikaners en ver-regse koloniale
Engelse was, gemanipuleer deur die CIA. Maar niks
neem my woede weg teen hulle nie. Hulle het iets van
my gesteel: die goeie naam van die Afrikaner.
Leendert is natuurlik nie die eerste persoon wat die
ikoon Biko wou demoniseer, of de-reifeer nie. Erens het
ek gelees van 'n swart vrou wat 'n verhouding met hom
gehad het, en wat vertel het dat hy bietjie van 'n ladies-
man was. So selfs in die swart gemeenskap gaan die proses
aan. Dis 'n nuttige proses wat moet aangaan. Maar 'n mens
moet altyd, op amper wetenskaplike manier, kennis neem
van die kragwerking van die "ikoon", wat ook die werklik-
heid agter so 'n persoon is.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die gevaar [boodskap #8399 is 'n antwoord op boodskap #8364] |
Do., 06 Februarie 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: Desember 1996
|
Senior Lid |
|
|
Luister Koos,
Jy het my al vele kere in die verlede beledig en uitgekryt vir al wat laag en
gemeen is, maar hier trek ek die streep. Moet nooit, ooit weer vir my
beskuldig dat ek 'n Noord Transvaal ondersteuner is nie. Nie tensy jy bereid
is om my dit van aangesig tot aangesig te se^ nie!
Jy kan 'n man se karakter vir ewig skaad. Ek, 'n Noord Transvaler? Ek laat nie
eers die kleur ligblou in my klerekas toe nie (behalwe vir onderbroeke - die
kan ek nat piepie.). Ek sal eerder vir die WP (Keel skoonmaak) skreeu voordat
ek enig iets goeds van Noord Transvaal (GHKKKKK!!) se^. Selfs as die All
Blacks (Spoeg) teen Noord Transvaal (Gob) speel sal dit 'n Tos Up wees vir wie
ek sal ondersteun.
As jy ooit weer so iets se^ sal ek jou voor Louis Luyt sleep as 'n Murdoch
spioen, Suzie op jou spoor sit (en dan sal jy kak ou boetie), jou as
Transvaals Duiksak voorstel, as Trap Oefening vir Kobus Wiese, jou vermom as
Foefol Markgraaf en tussen die Ellispark se skare los vir Nartjie/Bierblik
gooi oefening.
Ek eis dat jy voor die nuusgroep om verskoning vra anders sak ek gerugte
versprei dat jy vir die Afrikaner as skaduskrywer optree. Dat jy sasby in
'drag' is. Dat jy gesien is by die laaste vergadering van 'Anties vir Jaap
of Eugene as President'. Dat jy nie tegnollogie kan spel nie.
Cheers
Lou
PS:
Ons is Wit ons is Rooi
Ons gaan die ander Looi
Die stupid Natal
Trap ons op die bal
Ons gaan die sogenaamde blou bulle
Laat smag na pyn pille
Die hele Norwich WP
sal plek soek om te piepie
Die spul van die Vrystaat
Sal ons skop onder hulle gaat
Die Bekers is ons sin
Maak ons net goed die donner in
Dis net vir Natal geleen
Hierdie jaar vat ons elkeen
Ok Ok dis nie Van Wyk Louw, DF Malherbe of Eugene Marais nie maar die ou spul
nuwelinge - Ingrid Jonker en andere - kan maar gaan slaap!
|
|
|
|
|
|
| Re: Die gevaar [boodskap #8423 is 'n antwoord op boodskap #8364] |
Vr., 07 Februarie 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: Desember 1996
|
Senior Lid |
|
|
In Article, writes:
>
> On Thu, 06 Feb 97 08:37:02, lo...@hotmail.com wrote:
>
>
>
>
>
> Maar jy is 'n Noord-Transvaalse rugby-ondersteuner. Wat anders kan
> 'n mens verwag.,.....
Luister Koos,
Jy het my al vele kere in die verlede beledig en uitgekryt vir al wat laag en
gemeen is, maar hier trek ek die streep. Moet nooit, ooit weer vir my
beskuldig dat ek 'n Noord Transvaal ondersteuner is nie. Nie tensy jy bereid
is om my dit van aangesig tot aangesig te sê nie!
Jy kan 'n man se karakter vir ewig skaad. Ek, 'n Noord Transvaler? Ek laat nie
eers die kleur ligblou in my klerekas toe nie (behalwe vir onderbroeke - die
kan ek nat piepie.). Ek sal eerder vir die WP (Keel skoonmaak) skreeu voordat
ek enig iets goeds van Noord Transvaal (GHKKKKK!!) sê. Selfs as die All
Blacks (Spoeg) teen Noord Transvaal (Gob) speel sal dit 'n Tos Up wees vir wie
ek sal ondersteun.
As jy ooit weer so iets sê sal ek jou voor Louis Luyt sleep as 'n Murdoch
spioen, Suzie op jou spoor sit (en dan sal jy kak ou boetie), jou as
Transvaals Duiksak voorstel, as Trap Oefening vir Kobus Wiese, jou vermom as
Foefol Markgraaf en tussen die Ellispark se skare los vir Nartjie/Bierblik
gooi oefening.
Ek eis dat jy voor die nuusgroep om verskoning vra anders sak ek gerugte
versprei dat jy vir die Afrikaner as skaduskrywer optree. Dat jy sasby in
'drag' is. Dat jy gesien is by die laaste vergadering van 'Anties vir Jaap
of Eugene as President'. Dat jy nie tegnollogie kan spel nie.
Cheers
Lou
PS:
Ons is Wit ons is Rooi
Ons gaan die ander Looi
Die stupid Natal
Trap ons op die bal
Ons gaan die sogenaamde blou bulle
Laat smag na pyn pille
Die hele Norwich WP
sal plek soek om te piepie
Die spul van die Vrystaat
Sal ons skop onder hulle gaat
Die Bekers is ons sin
Maak ons net goed die donner in
Dis net vir Natal geleen
Hierdie jaar vat ons elkeen
Ok Ok dis nie Van Wyk Louw, DF Malherbe of Eugene Marais nie maar die ou spul
nuwelinge - Ingrid Jonker en andere - kan maar gaan slaap!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die gevaar [boodskap #8595 is 'n antwoord op boodskap #8364] |
Wo., 19 Februarie 1997 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
erh...@aol.com says...
>
> Beste Gloudina:
>
> Praat je ook die ANCiaans taal?
>
> Dis beter dan die Azaniaans!!
>
> Maar Afrikaans is die best taal !
>
>
>
> [Gedig: ANCiaanse Gedig [haiku]>
>
>
> Rewolusie!
> Kaos!
> Vryheid!
> Deur die oue uitgawe van
> Sechaba, die sê
> eerste ek veg,
> dan ek 'produus',
> endlike , ek leer....
>
> Soos,
> ek het nie ander 'veg' om te veg nie....
> Soos,
> ek kan nie 'produus' nie- [geen nywerheid]
> en laaste,
> ek het nie geleer nie- [geen skools]
>
> van Apartheid na Domheid
Wat bedoel jy deur die woord "Sechaba"?
Gloudina
|
|
|
|