| Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7931] |
Vr., 03 Januarie 1997 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Ek het grootgeword in SA met stories oor die Tweede
Wereldoorlog, stories met name soos Tobruk daarin,
stories vertel deur ouerige manne met 'n sekere kyk in
die oë, asof oorlog gevaarlik maar tog ook lekker kon
wees. Dis eers toe ek hier in Noord-Amerika aanland
en sien watter verwarring Vietnam in die psige van die
noord-amerikaner teweeggebring het, dat ek oorlog met
'n giftige haat begin haat het. En dat my geboorteland
nou sy eie Vietnam moes deurgaan : die verspilling van
onnodige bloed, die kille manipulasie van menselewens
vir politieke gewin, die uiteindelike vernedering van nie
eens 'n militere sukses te behaal nie. Hier volg twee
gedigte uit daardie oorlog.
GUNSHIP BLUES
Charl Durand
Ratel rations
terrs vir brekfis
Angolese pesos in my hand
boshoed pasop
breekpunt Charlie
blinkboud op Zambezi-walle.
Pb's weet
landmynskrapnel
R1 bid
my God is naby.
Rooilynkaart
Boesman sing
Swapo sny lyn
Kolonel Koljander
soeksteek hier
patrollie daar
bivouac vannag
boshappy daglig
prewel sakbybel
pantserhart
bloederige rendezvous
chopperstretcher
almal saam:
ons vir jou,
Pretoria.
Rundu April 1985
NAWEEKPAS
Antjie Krog
skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en 'n hewige opmars van simbale oor die veld
daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van
onrus en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
'n toekoms vir sy ondergang te bou.
(ingetik deur gloudina bouwer)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7963 is 'n antwoord op boodskap #7931] |
Di., 07 Januarie 1997 00:00   |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 07 Jan 1997 09:32:01 +0200, Johan Conroy
wrote:
voorbeeld van Vietnam genoem het, want daar was dit in 'n groot mate[/color]
> dieselfde storie. Die oorlog is verloor, ja, maar op politieke, en/of
> ekonomiese gebied, nie op militere gebied nie.>>>
OK. So as militer en politiek onverwant is of selfs verwant maar nie
regstreeks nie, dan volg dit vir my half logies dat 'n mens sal moet
se oorloe word gevoer soos rugby wedstryde, so half asof dit 'n sport
is wat daar anderkant in die distansie gehou word sonder dat dit impak
op die politiek - wat tot 'n groot mate 'n versamelwoord vir die
dinamieke van die gemeenskap is.
Kan die oorlog op militere gebied gewen word word maar op politieke
gebied verloor word? Ek glo nie. Die twee is twee kante van dieselfde
ding en voorts word die militer aangedryf deur die politiek. Dit
beskerm die politiek en verkry sy legitimiteit van die politiek.
Jannie Geldenhuys het nie so op sy eie in die menasie besluit om
Angola binne te val nie.
In fact, hy kon dit die doen sonder dat PW hom aangese het om dit te
doen nie.
Die soldate was oorwegend burgerlikes. Die geld was belastinggeld. Die
besluite was politieke besluite geneem deur die kabinet (of in
"kerkraadsvergaderings op Saterdae" ). Die doel was die beskerming van
die politieke werklikheid en die vernietinging van die opponerende
politieke werklikheid.
Niemand wou SA binneval nie. Die "oorlog" het oor een ding gegaan: Die
ANC wou alle Suid-Afrikaners stemreg gee en die NP wou nie. Dieselfde
het gegeld wat die SAW en Swapo in Suidwes betref.
Nou kom jy en se die oorlog en die politiek het nie met mekaar te doen
nie? En jy kan die een loshande wen en ander een loshande verloor?
In elk geval guerilla-oorlog - wat die vorm van oorlogvoering was wat
die SAW beveg het - voorvereis dat die politiek en die oorlog
dieselfde ding is.
Die ANC en Swapo het dit ook so geveg, Om die waarheid te se, die De
Kock (en ander) hofsaak en die waarheidskommissie wys toenemend dat
die Polisie en die SAW dit inderdaad ook so beskou het.
As jy verloor het, het jy verloor. Dis al. En ons het verloor.
|
|
|
|
| Re: Twee Oorlog [boodskap #7974 is 'n antwoord op boodskap #7931] |
Wo., 08 Januarie 1997 00:00  |
Gideon Dreyer
Boodskappe: 35 Geregistreer: September 1996
|
Volle Lid |
|
|
Let wel ek is nie (en ek dink of hoop jy is ook nie Koos) deel van die ons
wat verloor het nie.
Hulle het genadiglik verloor. Hoe anders. Hulle het nooit n sweem van n
kans gehad om te wen nie.
En sekerlik nie n eerlike verkiesing waar ALMAL mog stem nie.
Daar is egter n vreemde esoteriese wet en dit is dat die verlieser n wenner
kan word, maar dan op n ander vlak van bewussyn.
Om ewe afstand te kry en n ander perspektief: daar is drie miljoen
werklose mense in Duitsland seker soveel as die hele volwasse
Afrikanergroep in RSA.
Gegroet
xfiles
|
|
|
|
| Re: Twee Oorlog [boodskap #7975 is 'n antwoord op boodskap #7931] |
Wo., 08 Januarie 1997 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
On 8 Jan 1997 00:12:35 GMT, "xfiles" wrote:
werklose mense in Duitsland seker soveel as die hele volwasse[/color]
> Afrikanergroep in RSA. >>>
Hier is 'n lelike "leveler": Volgens Paul Theroux in sy reisverhaal
oor moderne China, is daar soaet 30 miljoen grotbewoners in China!
Mense wat grotte as huise het.
|
|
|
|
| Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7976 is 'n antwoord op boodskap #7931] |
Wo., 08 Januarie 1997 00:00  |
Johan Conroy
Boodskappe: 10 Geregistreer: Januarie 1997
|
Junior Lid |
|
|
Koos wrote:
> > voorbeeld van Vietnam genoem het, want daar was dit in 'n groot mate
>> dieselfde storie. Die oorlog is verloor, ja, maar op politieke, en/of
>> ekonomiese gebied, nie op militere gebied nie.>>>
>
> OK. So as militer en politiek onverwant is of selfs verwant maar nie
> regstreeks nie, dan volg dit vir my half logies dat 'n mens sal moet
> se oorloe word gevoer soos rugby wedstryde, so half asof dit 'n sport
> is wat daar anderkant in die distansie gehou word sonder dat dit impak
> op die politiek - wat tot 'n groot mate 'n versamelwoord vir die
> dinamieke van die gemeenskap is.
>
So as militer en politiek dieselfde ding is, hoekom dan die moeite doen
om verskillende terme vir die goed te he?
Militere konflik is 'n stuk gereedskap wat gebruik kan word om die
politieke speletjie te speel. Ek kan nie dink aan 'n voorbeeld waar dit
al ooit andersom gewerk het nie, m.a.w. dat politiek as 'n militere
instrument gebruik is nie.
As jy die speletjie verloor beteken dit nie dat jou instrument verkeerd
gewerk het nie. Dit was dalk net die verkeerde instrument om te
gebruik, of jou kanse in die speletjie was reeds so sleg dat die
effektiewe gebruik van hierdie instrument jou steeds nie kon laat wen
nie.
'n Politieke nederlaag impliseer dus nie noodwendig 'n militere
nederlaag nie, omdat die militere konflik dikwels net tussen twee partye
is, terwyl die politiek ook met druk van derde partye moet rekening hou.
Ek bly by my punt dat Suid-Afrika beslis nie in Angola 'n militere
nederlaag gely het nie. As iemand met my verskil, moet ons miskien net
eers militer definieer voordat ons verder gaan.
Johan
#include
Johan
|
|
|
|