Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaanse Radio - ek gaan weer probeer......
Re: Afrikaanse Radio - ek gaan weer probeer...... [boodskap #7919] |
Tue, 31 December 1996 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hannes het geskryf:
> Radio Sonder Grense saai nog steeds uit en ek vang dit op in die VSA op
> 3360.
Jy gee my nuwe moed.
Dankie, ek sal dit dadelik probeer. Ek het al my gat af gesukkel om radio RSA
in Australie te kry. Eerstens het die ambassade hier my 'n klomp frekwensies
gegee wat oud was en niks opgelewer het nie.
Uiteindelik het ek 'n nommer gekry en die SAUK in
Kaapstad gebel 021-5511592 - vra vir "Senderbeheer"
- hulle het my 4810 khz en 3230 khz gegee,
maar ek het slegs iets op 3230 khz gekry. Dit was egter onhoorbaar
sleg, en in die middel van die nag. Toe het ek opgegee.
Wil iemand in SA hulle nie bel en vir ons seg wat aangaan nie ?
(Laas het dit my $15 gekos voor ek by die regte ou uitgekom het)
en vir ons die tye gee ?
In Sydney kan mens maar opgee, daar is te veel radiostorings.
Perth is meer stil wat radiostorings betref. Maar jy het nog steeds
'n lang draad nodig.
Vriendelike groete.
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaanse Radio - ek gaan weer probeer...... [boodskap #7979 is 'n antwoord op boodskap #7919] |
Wed, 08 January 1997 00:00  |
johanna rykheer
Boodskappe: 16 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
>
>
> Hannes het geskryf:
>
>> Radio Sonder Grense saai nog steeds uit en ek vang dit op in die VSA op
>> 3360.
>
>
> Wil iemand in SA hulle nie bel en vir ons seg wat aangaan nie ?
> (Laas het dit my $15 gekos voor ek by die regte ou uitgekom het)
> en vir ons die tye gee ?
>
> In Sydney kan mens maar opgee, daar is te veel radiostorings.
> Perth is meer stil wat radiostorings betref. Maar jy het nog steeds
> 'n lang draad nodig.
>
Volgens Sentech, die tegniese afdeling van die SABC, saai hulle
nie meer oorsee uit nie, slegs na Midde-Afrika en ook net op
sekere tye van die dag. Dis bloot toevallig dat mense in die
VSA dit opvang. Volledige skedules, insluitende frekwensies, kan
verkry word by die volgende adres:
http://www.sentech.co.za
Groete
Johanna Rykheer
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:50:05 UTC 2025
|