| NSA se rol in Afrika konflik [boodskap #7646] |
Wo., 13 November 1996 00:00  |
Louis
Boodskappe: 32 Geregistreer: Junie 1996
|
Volle Lid |
|
|
Ek lees vandag in die streekskoerant dat die NSA sy weermag na Zair"e toe
wil stuur om as vredesmag te werk.
STERKTE !!!!!
As 'n opgeleide soldaat in die ou bedeling kan die NSA gaan sk@#t. Daar
het teen my indirek diskriminasie plaasgevind en sekere groenewalds het
probeer om my skuldig te laat voel omdat ek milit^er opgelei is. Wel, ek
wou nie twee jaar van my lewe mors nie maar dit was korter as 6 jaar
gemeenskapsdiens. Nou word daar met 'n helse lawaai beduie dat "ons" 'n
vredesmag gaan stuur. Uit wie gaan die mag gevorm word ??? Ek is beslis
nie lus om vir hierdie verlore kontinent my lewe op te offer nie.
So, meneer die groot generaal, dink weer as jy dink dat ek enige
oproepinstruksies sal beantwoord.
Hoekom stuur jy nie diegene wat in die tronk (lees vakansieplaas) sit vir
moord nie? Ek dink dit is meer gepas.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: NSA se rol in Afrika konflik [boodskap #7676 is 'n antwoord op boodskap #7646] |
Di., 19 November 1996 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
|
Senior Lid |
|
|
Aangaande die onderwerp:
Dit is vir my interessant dat Amerika by Nelson kom pleit
vir 'n Afrika-mag. Daar is defnitief 'n houding van:
"Julle is mos van Afrika - los julle eie probleme op,
ons sal 'n paar sente bydra vir 'n paar gewere ens.
Julle moet mekaar uitmoor of vrek van die honger,
of self die militere koste dra van inspring,
maar moet ons ryk lande asseblief nie pla met julle kak nie.
(want ons is net geinteresserd as daar olie of geld betrokke is)."
Goed so aan Nelson Mandela om te sê hy stel nie belang tensy die
VN betrokke is nie. Afrika se probleme is indirek almal se probleme!
As soldate opgeroep moet word om hier of daar te help met vrede,
dan moet almal hul bydrae doen, niet net SA nie. En waar geld
benodig word, moet die rykes pro-rata die meeste bydrae.
Vriendelike groete.
|
|
|
|