Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Monitors
Monitors [boodskap #118574] |
Mon, 19 January 2009 16:25  |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het vandag 'n monitor gaan koop.
My Acer het opgepak enkele dae voor die 3 jaar waarborg verstryk het
en ek het Acer enkele dae later geskakel. (Dit was vanmôre). Gekoop
11/01/2006. Ghêrentee het gelêps - 'n week gelede. Dis al drie weke op
die koffie, anyway.
Back to basics - rond gery vanmôre en 'n screen gesoek. Gesê ek wil 'n
square screen hê want dit maak sense dat dit vierkantig moet wees.
PC Zone in Pinetown gaan kuier. Daar was een 17"er wat vierkantig is
en die res is widescreens. Reg, terug na HIFi Corp in Springfield
Park. 1 (EEN!) 19" LG wat vierkantig is. 4milliseconds - R2400.
Die bestuurder kom agter ek is eintlik 'n nice ou en se dat ek dit kan
kry vir R2300.
Incredible Connections is net om die hoek. 1 (EEN!) vierkantige
monitor 5millisecs vir R2200. Incredible goedkoper is HIFI Corp?!?
Strue - dit is weklik incredible!
Verkoopsman by Incredible oortuig my toe deur twee screens langs
mekaar te gebruik, dat 'n wye skerm nié die beeld verwring nie.
Dit was die belangrikste boodskap van die dag! Hy het my oortuig.
Toe tune ek in vir 'n wide screen.
Terug na HIFI Corp, slégs om aan die verkoopsman en bestuurder te
verduidelik waarom ek nie by hulle koop nie. Ek meen, dis 100 treë
daarvandaan (en dìt is waar my mouter gepark is).
Hulle offer drop nòg 'n R100 in prys.
Ek ry toe terug na PC Zone in Pinetown, en verdra toe maar dieselfde
verkoopman se beterweterige smaail, en smaail toe beterweteriger
toe hy koelkop 'n 19"er uithaal..., deur my order te verander na
22"..!:-)
Om hierdie lang storie korter te maak, ek koop toe dieselfde 22" LG
LCD wat R2800 kos by Incredible Connection vir R1900 by PC Zone.
Kredietkaartkoop R2000. Kontant soos in kêsh R1900.
Terug na my storie - vir R1900 koop ek toe 'n 22' LG LCD monitor.
Glo my, ek het, soos ek altyd doen wanneer ek koop, pryse vergelyk.
Kom huis toe, gooi my 'n laaang wit wyn, en skuif die rooi wyn tot
agter in die hoek, want dis sleg. Die koue wit wyn is baie lekkerder.
Die wynkelk is leeg. Nou moet ek nog net gewoon raak aan hierdie
wye skerm, want blykbaar het hulle, die wye skerms oorgevat in die
computerwêreld soos Cope besig is om oor te vat in die ANC wêreld.
Gevolgtrekking - as jy 'n 19" vierkantige skerm ruil vir 'n wye
skerm, moet jy dit ten minste 'n 22"er maak om te vergelyk
en darem ook op te gradeer.
|
|
|
|
|
Re: Monitors [boodskap #118579 is 'n antwoord op boodskap #118576] |
Tue, 20 January 2009 11:35  |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 19 Jan 2009 22:03:50 +0200, Dave wrote:
> Watse screen gebruik jy? As jy nie reeds wyd het nie sal jou volgende
> heelwaarskynlik ook soos die een lyk.
>
> Iemand het vandag verduidelik dat die verandering gedoen is omdat dit
> sagter is op ons oë ens. Nou moet ek 'n ad opspoor van iemand in die
> omgewing wat monitors herstel, sodat ek die ander een kan laat
> regemaak. Sal maarGumtree deurkyk.
Een ou CRT (17 dm) en een LCD (17 dm). Albei is die meer vierkantige
(effens wye) tradisionele formaat. Wat jy vierkantig noem.
Ek speel TV wise met 'n Sony LCD wat 'n platskerm is. Ek moes die DSTV
decoder stel om as default 4 x 3 uit te saai anders is almal plat en
dit soos jy se. Dis onnatuurlik en irriteer my grensloos.
Daar is net drie kanale op DSTV wat in die plat formaat uitsaai -
HDTV, die Nederlandse kanaal en van die week as BBC. Hulle slip
outomaties in die volle screen en dan is dit nogal great. Maar al die
ander kanale en die meeste flieks (veral ouer flieks) is ook nog 4 x
3.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:15:34 UTC 2025
|