Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stigting van die NG
Stigting van die NG [boodskap #118065] |
Thu, 03 July 2008 07:06  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Kan jy my meer vertel oor die geskiedenis van die NG.
Hoe is dit gestig
Deur wie is dit gesttig
Wie is die mense wat die finale besluit krag het om te bepaal of 'n NG
gestig mag word of nie
Hoe werk die stemme
Wie was van die eerste plasers, en wat het van hulle geword. Ek onthou toe
ek die NG per ongeluk ontdek het jare terug was daar 'n ou met die skuilnaam
"Propachem" of so iets. Wonder wat het van hom geword.
|
|
|
|
|
Re: Stigting van die NG [boodskap #118078 is 'n antwoord op boodskap #118065] |
Thu, 03 July 2008 15:05   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf
> Gloudina
> Kan jy my meer vertel oor die geskiedenis van die NG.
>> Hoe is dit gestig
>> Deur wie is dit gesttig
>> Wie is die mense wat die finale besluit krag het om te bepaal of 'n NG
> gestig mag word of nie
>> Hoe werk die stemmef
Jong, ek is ook maar onkundig oor hoe die ding
gewerk het. Toe ons in die middel van die negentiger-
jare op die internet te lande gekom het, was daar
net die soc.culture.south-africa nuusgroep, waarop
mense in Engels gepos het. Toe maak hulle 'n
aankondiging dat daar 'n afrikaanse nuusgroep gestig
kon word, as genoeg mense daarvoor stem. Ek en
my man het gestem, en so het 'n hele klomp ander.
Die man wat agter die stigting gesit het, was 'n
Nederlander Degenaar van, dink ek, die Universiteit
van Utrecht.
Ek merk op, in een van die sites, dat dit mense
van Duke University in die VSA is, wat agter die
organisasie of stigting van die nuusgroepe sit. Weet
nie of dit nou nog so is nie.
Erens moet daar 'n "server" sit waarop hierdie
massas nuusgroepe aan "hardware" gekoppel is,
maar ek weet nie waar nie.
Miskien kan ander mense jou beter vertel
as ek.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Stigting van die NG [boodskap #118086 is 'n antwoord op boodskap #118079] |
Thu, 03 July 2008 18:33  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie skryf
> " Propacem" ( wat beteken "vir vrede") was iemand
> wat jy 'n bruinman sou noem. Hy was 'n professor
> aan 'n Amerikaanse Universiteit en het vir 'n ruk op
> die nuusgroep deelgeneem.
Hy het vir 'n ruk ook onder LeswinLaubscher ( sy eie naam)
en Sizwe Banzi gepos.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:13:17 UTC 2025
|