Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Bosmens " deur PETRA MULLER
" Bosmens " deur PETRA MULLER [boodskap #117609] Di, 10 Junie 2008 11:42 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
BOSMENS
Petra Muller

Ons wat uit die gesellige laelande padgegee het
uit die dampkring van die herbergiers
- ons skepe vaamloos oor die see

Ons wat die oortog gemaak het
en onder die kantelende kruismas snags verbysterd
die sterre sien stroom het

Ons wat op ‘n nuwe kontinent gewag het
en dit toe self kon werf -

Hier op die strand vol blouklip en suring staan ons
huisloos soos klipvolk soos die blootste strandmens
van die nuwe domein.

Hoor julle hoe huil die jakkals ons aankomslied?
Bou nou vir my die skerm:
skerm wat ook nooit die koue
van ons nuwe vaderland sal afkeer nie -

Hier waar ons intrek by die swart klippers
en die geradbraakte bome,
en maak ons toe met wolkies, wolkies,
want vannag sal dit oor ons ontblote liggaam dou.
" Bosmens " deur PETRA MULLER [boodskap #120321 is 'n antwoord op boodskap #117609] Ma, 07 November 2016 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
adia...  is tans af-lyn  adia...
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2016
Karma: 0
Junior Lid
What is 'vaamloos'?
Re: " Bosmens " deur PETRA MULLER [boodskap #120322 is 'n antwoord op boodskap #120321] Do, 17 November 2016 00:59 Na vorige boodskap
denkbaar  is tans af-lyn  denkbaar
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2016
Karma: 0
Junior Lid
On 7-11-2016 21:25, adia...@gmail.com wrote:
> What is 'vaamloos'?
>

The same as Dutch vaamloos/vademloos (both very rare) and English
fathomless.

1. very deep, bottomless
2. very wide, very far, boundless, without limit
3. unfathomable = incomprehensible

d.
Vorige onderwerp: " ek staan op 'n moerse rots " deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "Muskiete jag" deur A.D. KEET
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:26:51 MGT 2024