Tuis » Lekker » Kos & resepte » Bees Biltong
Bees Biltong [boodskap #117217] |
Tue, 13 May 2008 12:42 |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb.
Groete
Riaan
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117220 is 'n antwoord op boodskap #117217] |
Tue, 13 May 2008 13:44 |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 13 May, 14:42, "Riaan" wrote:
> Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb
>
> Groete
> Riaan
Ek sal niemand anders as Suidwester vertrou om 'n tyd-beproefde resep
te plaas nie.
Suidwesters staan nie verniet bekend as die biltongboere nie ;-)
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117229 is 'n antwoord op boodskap #117217] |
Wed, 14 May 2008 09:07 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf in boodskap news:1210682201.608786@vasbyt.isdsl.net...
> Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb
>
> Groete
> Riaan
---------Biltong maak is nie 'n resep nie, dis eerder 'n proses. Die
belangrikste ding is die snitte van jou vleis. Jy moet goeie kwaliteit
vleis gebruik en jou biltonge so sny dat daar die minimum senings in is.
Die algemene idee is om breë, plat biltonge te kry want dit droog makliker.
As dit 'n lekker stuk vet ophet, dan is dit net reg om die are weer te olie
vir 'n slag!
Nou moet jy vir jou 'n lekker metaal bak kry. In die ou dae het ons
die groot melkkanne gebruik om die biltonge 'in te sout'. Jy maak 'n
mengsel van growwe sout, gemaalde koljander [en gesif want ek haat daai
doppies op die biltong]. Nou strooi jy hiervan ligtelik op die bodem van
jou houer en dan pak jy 'n laag biltonge. Dan strooi jy weer daaroor jou
mengsel en pak nog 'n laag. So gaan jy aan tot jy al jou biltonge in het.
Nou soek jy die koudste plek in jou huis waar die bak kan staan,
verkieslik 'n betonvloer sodat die kan die koue lekker kan 'vat' van onder
af. Bo-oor gooi jy 'n paar komberse om die koue 'in te hou'. Die vleis
trek nou lekker sout en so een keer per dag, as dit koud is, maak jy die
spulletjie oop en roer daai biltonge om met jou hand. Dop hulle om sodat
die boonstes onder kom, en so aan. Dan laat 'slaap' jy hom weer.
Die derde nag, dan sit jy hakies aan en hang die biltonge uit in die nag
se koue sodat hulle kan afdrup. In die oggend haal jy dit weer af en pak
dit terug in die kan in [nou skoongemaak en droog] en hou die koue binne met
die komberse. So by die derde nag se hang is die biltonge pragtig
afgedroog en kan jy hulle maar permanent in 'n koel plek laat hang sonder
gevaar dat die hitte van die dag die biltonge kan laat blase maak.
Hoop jou messe is lekker skerp en jou tanne nog jou eie! So nie, stuur
vir my!
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117231 is 'n antwoord op boodskap #117229] |
Wed, 14 May 2008 09:51 |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 14 May 2008 10:07:55 +0100, "Suidwester" wrote:
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1210682201.608786@vasbyt.isdsl.net...
>> Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb
>> Groete
>> Riaan
> ---------Biltong maak is nie 'n resep nie, dis eerder 'n proses. Die
> belangrikste ding is die snitte van jou vleis. Jy moet goeie kwaliteit
> vleis gebruik en jou biltonge so sny dat daar die minimum senings in is.
> Die algemene idee is om breë, plat biltonge te kry want dit droog makliker.
> As dit 'n lekker stuk vet ophet, dan is dit net reg om die are weer te olie
> vir 'n slag!
> Nou moet jy vir jou 'n lekker metaal bak kry. In die ou dae het ons
> die groot melkkanne gebruik om die biltonge 'in te sout'. Jy maak 'n
> mengsel van growwe sout, gemaalde koljander [en gesif want ek haat daai
> doppies op die biltong]. Nou strooi jy hiervan ligtelik op die bodem van
> jou houer en dan pak jy 'n laag biltonge. Dan strooi jy weer daaroor jou
> mengsel en pak nog 'n laag. So gaan jy aan tot jy al jou biltonge in het.
> Nou soek jy die koudste plek in jou huis waar die bak kan staan,
> verkieslik 'n betonvloer sodat die kan die koue lekker kan 'vat' van onder
> af. Bo-oor gooi jy 'n paar komberse om die koue 'in te hou'. Die vleis
> trek nou lekker sout en so een keer per dag, as dit koud is, maak jy die
> spulletjie oop en roer daai biltonge om met jou hand. Dop hulle om sodat
> die boonstes onder kom, en so aan. Dan laat 'slaap' jy hom weer.
> Die derde nag, dan sit jy hakies aan en hang die biltonge uit in die nag
> se koue sodat hulle kan afdrup. In die oggend haal jy dit weer af en pak
> dit terug in die kan in [nou skoongemaak en droog] en hou die koue binne met
> die komberse. So by die derde nag se hang is die biltonge pragtig
> afgedroog en kan jy hulle maar permanent in 'n koel plek laat hang sonder
> gevaar dat die hitte van die dag die biltonge kan laat blase maak.
> Hoop jou messe is lekker skerp en jou tanne nog jou eie! So nie, stuur
> vir my!
>
Die koljander (soos genoem) mòet moét daarin wees.
En, moet nie spaarsamig werk met (swart) peper nie.
Selfs in die winter sal jy spesiale moeite moet doen om die
hangende biltongstroke teen vlieë te beskerm.
Daarna kan ons 'n proesessie reël.
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117232 is 'n antwoord op boodskap #117229] |
Wed, 14 May 2008 10:49 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" < wrote >
> Die derde nag, dan sit jy hakies aan...
Verlede jaar 'n interessante nuwe variasie vir die hakies teengekom - lyn! -
wat met 'n saknaald deur die biltong gesteek word. Maklik om vas en los te
maak met 'n strikkie, maklik om uit te trek wanneer die biltong gereed is om
te eet, en beste van als, die biltonge val nie af weens een of ander
windvlaag wat skielik deur die vertrek waai nie.
Jy sal moontlik nie daarvan hou nie, omdat jy die biltonge 'n paar keer
ophang en afhaal voordat jy dit finaal laat hang. Ek het nie 'n probleem
met vlieë waar ek woon nie - die goed is verstommend afwesig! - het 'n
heerlike koel plek onder 'n sementtrap - so ek hang een keer op en klaar.
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117237 is 'n antwoord op boodskap #117232] |
Wed, 14 May 2008 11:41 |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 14 May 2008 12:49:45 +0200, "Torreke" wrote:
> Ek het nie 'n probleem
> met vlieë waar ek woon nie - die goed is verstommend afwesig! - het 'n
> heerlike koel plek onder 'n sementtrap - so ek hang een keer op en klaar.
Toe ons hierheen verwoonstel:-) het, het ek dit verstommend gevind,
en ek breg graag daaroor, dat hier GEEN enkele vlieg is nie. Absoluut
niks! Ons woon volgende maand (23 Mei) vier jaar hier, en as ek 3
vlieë in die woonstel gesien het die afgelope 4 jaar, is dit baie.
Al drie het in 'n hysbak op gery natuurlik.
Ek het 'n vlieg by 'n venster uitgejaag en gedink dat hy gaan val of
so iets, omdat hy miskien nie so hoog kan vieg nie, (ek het antwoord
gesoek waarom daar, in hierdie warm Durban, geen vlieë in ons woonstel
is nie) en hy het normaal weg gevlieg.
Die logiese afleiding wat ek gemaak het is dat die aas op grondvlak is
en daar geen rede is vir vlieë om so hoog te vlieg nie. Selfs wanneer
die normale vlieëlokkerreuke (hoe laaik julle daai woord!) soos
kokende kool teenwoordig is, is daar nie vlieë nie. Wonderlik.
Dit geld egter nie vir muggies nie. Piesangs ens. lok muggies,
en hulle het soveel kleiner vlerkspan as vlieë. Tog is muggies
somtyds te sien wanneer piesangs nie bedek is nie.
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117241 is 'n antwoord op boodskap #117229] |
Wed, 14 May 2008 12:23 |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf in boodskap news:UuWdnaMoKqHxMbfVnZ2dnUVZ8qrinZ2d@saix.net...
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1210682201.608786@vasbyt.isdsl.net...
>> Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb
>> Groete
>> Riaan
> ---------Biltong maak is nie 'n resep nie, dis eerder 'n proses. Die
> belangrikste ding is die snitte van jou vleis. Jy moet goeie kwaliteit
> vleis gebruik en jou biltonge so sny dat daar die minimum senings in is.
> Die algemene idee is om breë, plat biltonge te kry want dit droog
> makliker. As dit 'n lekker stuk vet ophet, dan is dit net reg om die are
> weer te olie vir 'n slag!
> Nou moet jy vir jou 'n lekker metaal bak kry. In die ou dae het ons
> die groot melkkanne gebruik om die biltonge 'in te sout'. Jy maak 'n
> mengsel van growwe sout, gemaalde koljander [en gesif want ek haat daai
> doppies op die biltong]. Nou strooi jy hiervan ligtelik op die bodem van
> jou houer en dan pak jy 'n laag biltonge. Dan strooi jy weer daaroor jou
> mengsel en pak nog 'n laag. So gaan jy aan tot jy al jou biltonge in
> het.
> Nou soek jy die koudste plek in jou huis waar die bak kan staan,
> verkieslik 'n betonvloer sodat die kan die koue lekker kan 'vat' van onder
> af. Bo-oor gooi jy 'n paar komberse om die koue 'in te hou'. Die vleis
> trek nou lekker sout en so een keer per dag, as dit koud is, maak jy die
> spulletjie oop en roer daai biltonge om met jou hand. Dop hulle om sodat
> die boonstes onder kom, en so aan. Dan laat 'slaap' jy hom weer.
> Die derde nag, dan sit jy hakies aan en hang die biltonge uit in die
> nag se koue sodat hulle kan afdrup. In die oggend haal jy dit weer af en
> pak dit terug in die kan in [nou skoongemaak en droog] en hou die koue
> binne met die komberse. So by die derde nag se hang is die biltonge
> pragtig afgedroog en kan jy hulle maar permanent in 'n koel plek laat hang
> sonder gevaar dat die hitte van die dag die biltonge kan laat blase maak.
> Hoop jou messe is lekker skerp en jou tanne nog jou eie! So nie, stuur
> vir my!
Geen asyn of worcestershire sous nie ?
|
|
|
Die afwesigheid van vlieë en kakkerlakke [boodskap #117242 is 'n antwoord op boodskap #117237] |
Wed, 14 May 2008 14:21 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Dave" < wrote
> Toe ons hierheen verwoonstel:-) het, het ek dit verstommend gevind,
> en ek breg graag daaroor, dat hier GEEN enkele vlieg is nie. Absoluut
> niks! Ons woon volgende maand (23 Mei) vier jaar hier, en as ek 3
> vlieë in die woonstel gesien het die afgelope 4 jaar, is dit baie.
> Al drie het in 'n hysbak op gery natuurlik.
Ons woon in 'n dubbelverdiepinghuis in een van Oos-Londen se voorstede,
Beacon Bay.
Ons woon ook al 4 jaar hier en ek kan ook die aantal vlieë wat ek gesien het
op die vingers van my een hand tel. Dieselfde geld van kakkerlakke. Ek het
die huis laat spuit vir kakkerlakke en ander goggas voordat ons ingetrek
het. Was 'n mors van geld. Het sowat 'n jaar gelede my ou kombuiskaste
uitgebreek om 'n nuwe kombuis te skep; soos te verwagte was daar tekens
onder die kaste dat daar eens op 'n tyd 'n paar kakkerlakke nes gemaak het,
maar dit was 'n paar uitgedroogde doppe en eiers.
Die verstommende is dat die naaste plakkerskamp is net bietjie meer as 'n km
van ons af is by die ingang vanaf Stutterheim - Nompumelelo! - 'n smerige
nes, vol tsotsis. Sover ek weet vlieg vlieë en kakkerlakke verder as dit.
Waarom ons nie deur die plakkerskamp se vlieë en kakkerlakke verpes word
nie, verstaan ek nie.
'n Mens sou dit dalk aan die wind kon toeskryf wat gewoonlik so waai dat
hulle die goggos in 'n ander rigting sou stuur. Maar daar is dikwels
verskeie windlose dae; so dit kan ook nie die antwoord wees nie.
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117256 is 'n antwoord op boodskap #117241] |
Thu, 15 May 2008 13:07 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf in boodskap news:1210767480.100552@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:UuWdnaMoKqHxMbfVnZ2dnUVZ8qrinZ2d@saix.net...
>> "Riaan" wrote in message
>> news:1210682201.608786@vasbyt.isdsl.net...
>>> Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb
>
>>> Groete
>>> Riaan
>> ---------Biltong maak is nie 'n resep nie, dis eerder 'n proses. Die
>> belangrikste ding is die snitte van jou vleis. Jy moet goeie kwaliteit
>> vleis gebruik en jou biltonge so sny dat daar die minimum senings in is.
>> Die algemene idee is om breë, plat biltonge te kry want dit droog
>> makliker. As dit 'n lekker stuk vet ophet, dan is dit net reg om die are
>> weer te olie vir 'n slag!
>> Nou moet jy vir jou 'n lekker metaal bak kry. In die ou dae het ons
>> die groot melkkanne gebruik om die biltonge 'in te sout'. Jy maak 'n
>> mengsel van growwe sout, gemaalde koljander [en gesif want ek haat daai
>> doppies op die biltong]. Nou strooi jy hiervan ligtelik op die bodem
>> van jou houer en dan pak jy 'n laag biltonge. Dan strooi jy weer
>> daaroor jou mengsel en pak nog 'n laag. So gaan jy aan tot jy al jou
>> biltonge in het.
>> Nou soek jy die koudste plek in jou huis waar die bak kan staan,
>> verkieslik 'n betonvloer sodat die kan die koue lekker kan 'vat' van
>> onder af. Bo-oor gooi jy 'n paar komberse om die koue 'in te hou'.
>> Die vleis trek nou lekker sout en so een keer per dag, as dit koud is,
>> maak jy die spulletjie oop en roer daai biltonge om met jou hand. Dop
>> hulle om sodat die boonstes onder kom, en so aan. Dan laat 'slaap' jy
>> hom weer.
>> Die derde nag, dan sit jy hakies aan en hang die biltonge uit in die
>> nag se koue sodat hulle kan afdrup. In die oggend haal jy dit weer af
>> en pak dit terug in die kan in [nou skoongemaak en droog] en hou die koue
>> binne met die komberse. So by die derde nag se hang is die biltonge
>> pragtig afgedroog en kan jy hulle maar permanent in 'n koel plek laat
>> hang sonder gevaar dat die hitte van die dag die biltonge kan laat blase
>> maak.
>> Hoop jou messe is lekker skerp en jou tanne nog jou eie! So nie,
>> stuur vir my!
>
> Geen asyn of worcestershire sous nie ?
-----Jaaa. Die mengsel is nie so kritiek nie en jy kan dit in omtrent
enige boek kry.
>
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117257 is 'n antwoord op boodskap #117232] |
Thu, 15 May 2008 13:10 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf in boodskap news:xZqdnYU7o9lAXrfVnZ2dnUVZ8vmdnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote >
>
>> Die derde nag, dan sit jy hakies aan...
>
> Verlede jaar 'n interessante nuwe variasie vir die hakies teengekom -
> lyn! - wat met 'n saknaald deur die biltong gesteek word. Maklik om vas
> en los te maak met 'n strikkie, maklik om uit te trek wanneer die biltong
> gereed is om te eet, en beste van als, die biltonge val nie af weens een
> of ander windvlaag wat skielik deur die vertrek waai nie.
>
> Jy sal moontlik nie daarvan hou nie, omdat jy die biltonge 'n paar keer
> ophang en afhaal voordat jy dit finaal laat hang. Ek het nie 'n probleem
> met vlieë waar ek woon nie - die goed is verstommend afwesig! - het 'n
> heerlike koel plek onder 'n sementtrap - so ek hang een keer op en klaar.
-----Die probleem met dadelik uithang, is temperatuur deur die dag.....niks
met wind te doene nie. Dit is in die nag KOUD en as die biltonge wees die
dag se temperature opwarm, dan sit die koue lug IN die biltonge ook uit en
omdat die opeervlakte van die vleis geseël is, kan die lug nie uit nie en
maak die vleis blase aan die binnekant.
>
|
|
|
Re: Bees Biltong [boodskap #117258 is 'n antwoord op boodskap #117257] |
Thu, 15 May 2008 13:45 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" -----Die probleem met dadelik uithang, is temperatuur deur die[/color]
> dag.....niks met wind te doene nie. Dit is in die nag KOUD en as die
> biltonge wees die dag se temperature opwarm, dan sit die koue lug IN die
> biltonge ook uit en omdat die opeervlakte van die vleis geseël is, kan die
> lug nie uit nie en maak die vleis blase aan die binnekant.
Dankie vir die verduideliking. Ek's nou by!!!
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Wed Jan 22 18:05:26 UTC 2025
|