Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Duitse Liegbek
Duitse Liegbek [boodskap #116940] |
Wed, 23 April 2008 17:33 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester, jy sal dit miskien interessant vind dat ek onlangs met
iemand uit jou geweste gesels het, en die gesprek het oor die onlangse
verlede gegaan. Dit was op 'n ander nuusgroep, en die gesprek het
nogal heel gevlot tot 'n paar botsende dinge gesê is.
Hy is ooglopend Duitssprekend maar gee voor Afrikaans te wees.
Ek het hom toe gevra uit watter geweste hy is, en hy noem toe waar hy
gewoon het en selfs in watter universiteit hy geswot het. Hy noem toe
'n dorp wat bekend was daarvoor dat slegs Afrikaanssprekendes daar
gewoon het, sowel as 'n Afrikaanse universiteit, om my te oortuig dat
hy een van ons is.
Dit sou my oortuig het, as ek nie genoeg kontak met die regte
instellings gehad het nie. Hy het nooit regtig daar gewoon nie, en
was nooit ingeskryf by die universtiteit wat hy genoem het nie. Hy het
gedink dat hy maar kon lieg omdat dit soveel jare gelede was wat hy
'dáár gewoon en dáár geswot' het.
|
|
|
Re: Duitse Liegbek [boodskap #116944 is 'n antwoord op boodskap #116940] |
Thu, 24 April 2008 07:11 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Dave" skryf in boodskap news:n9pu049h9jqim1lcr25ve1t50467e0jshj@4ax.com...
>
> Suidwester, jy sal dit miskien interessant vind dat ek onlangs met
> iemand uit jou geweste gesels het, en die gesprek het oor die onlangse
> verlede gegaan. Dit was op 'n ander nuusgroep, en die gesprek het
> nogal heel gevlot tot 'n paar botsende dinge gesê is.
>
> Hy is ooglopend Duitssprekend maar gee voor Afrikaans te wees.
> Ek het hom toe gevra uit watter geweste hy is, en hy noem toe waar hy
> gewoon het en selfs in watter universiteit hy geswot het. Hy noem toe
> 'n dorp wat bekend was daarvoor dat slegs Afrikaanssprekendes daar
> gewoon het, sowel as 'n Afrikaanse universiteit, om my te oortuig dat
> hy een van ons is.
>
> Dit sou my oortuig het, as ek nie genoeg kontak met die regte
> instellings gehad het nie. Hy het nooit regtig daar gewoon nie, en
> was nooit ingeskryf by die universtiteit wat hy genoem het nie. Hy het
> gedink dat hy maar kon lieg omdat dit soveel jare gelede was wat hy
> 'dáár gewoon en dáár geswot' het.
-------Ek weet eintlik nie wat ek vir jou moet bevestig nie! Tog moet ek
vir jou sê dat die gemiddelde Duitsprekende in ons land, gewoonlik ook vlot
Afrikaans magtig is. Omdat daar nie Duitse medium universiteite naby
Afrika is nie en nie almal kan bekostig om oorsee te gaan studeer nie [en
baie Duitsers nie meer so 'n sterk kulturele band met hulle 'tuisland' het
nie] gaan studeer hulle wel in Suid-Afrika, maar meeste wat ek ken, gaan
eerder na Wits en Ikeys omdat die gemiddelde Duitsers 'n algemene meer
liberale uitkyk op die lewe het. Dan is daar natuurlik die probleem areas,
soos aptekerswese wat vir lank net haalbaar was op Potch en vele Duitsers
het daar gaan swot om aptekers te word.
Ek hoop maar dit help!
|
|
|
|
Re: Duitse Liegbek [boodskap #116948 is 'n antwoord op boodskap #116944] |
Thu, 24 April 2008 09:43 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 24 Apr 2008 08:11:34 +0100, "Suidwester" wrote:
>
> "Dave" wrote in message
> news:n9pu049h9jqim1lcr25ve1t50467e0jshj@4ax.com...
>> Suidwester, jy sal dit miskien interessant vind dat ek onlangs met
>> iemand uit jou geweste gesels het, en die gesprek het oor die onlangse
>> verlede gegaan. Dit was op 'n ander nuusgroep, en die gesprek het
>> nogal heel gevlot tot 'n paar botsende dinge gesê is.
>> Hy is ooglopend Duitssprekend maar gee voor Afrikaans te wees.
>> Ek het hom toe gevra uit watter geweste hy is, en hy noem toe waar hy
>> gewoon het en selfs in watter universiteit hy geswot het. Hy noem toe
>> 'n dorp wat bekend was daarvoor dat slegs Afrikaanssprekendes daar
>> gewoon het, sowel as 'n Afrikaanse universiteit, om my te oortuig dat
>> hy een van ons is.
>> Dit sou my oortuig het, as ek nie genoeg kontak met die regte
>> instellings gehad het nie. Hy het nooit regtig daar gewoon nie, en
>> was nooit ingeskryf by die universtiteit wat hy genoem het nie. Hy het
>> gedink dat hy maar kon lieg omdat dit soveel jare gelede was wat hy
>> 'dáár gewoon en dáár geswot' het.
Nee Suidwester, hierdie was 'n LOMP vergelyking met Meraai wat jou
probeer oortuig dat sy blank is *omdat haar pa grond besit het waar
slegs blankes grond besit het, en dat sy by 'n *blanke universiteit
ingeskryf was. En dat dit waarslynliker sou wees om te raai dat sy
met een van haar pa se plaaswerkers weggeloop het.
Maar sy kon niks ter bevestiging van enige van die feite verskaf nie.
Net na ek dit gepos het het ek besef dat dit eintlik 'n stupid
vergelyking was, het oorweeg om dit uit te vee, en toe besluit om dit
te laat ter wille van die wat tog die strekking daarvan sou raaksien.
Ek was nie regtig met 'n Duitse Liegbek in gesprek nie. Jy was wel..
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Duitse Liegbek [boodskap #116956 is 'n antwoord op boodskap #116951] |
Thu, 24 April 2008 15:27 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf
- Ek het inteendeel my dogtertjie (nou 5) in 'n Engelse kleuterskool
> gesit om haar hopenlik 'n "voorsprong" te probeer gee wat taal aanbetref.
Hier in Kanada sit baie Engelsmedium ouers hulle
kinders direk in " French Immersion." Dit beteken
dat hulle vandat hulle in Senior Kindergarten is,
hulle net in Frans geleer word om te skryf en te
praat. Al my kleinkinders wat in Ottawa bly,
gaan so skool. Dit word die mode. Veral omdat
mens nou nie meer in die staatsdiens bevorder
kan word, sonder 'n werkende kennis van Frans
nie.
Daar is egter mense wat dink dis nie so 'n
goeie idee nie. Dit is 'n soort van onoffisiële
"stroming." Die kinders wat intelligent genoeg
is om daarmee vol te hou, kry dan 'n verrykte
skoolonderrig. Daardie kinders wat nie so goed
kan byhou nie ( en nuwe immigrante wat nie
eers goed Engels magtig is nie) bly dan in
die Engelsmedium klasse waar hulle nie goeie
kompetisie het nie.
Hierdie soort denke het vir New Brunswick
se regering laat besluit om French Immersion te
skrap en vir almal 'n intense core program aan te
bied. ( New Brunswick is die enigste provinsie in
Kanada wat offisieel tweetalig is. ) Die ouers
in New Brunswick se stede is in opstand teen
hierdie beleid. Maar die Minister van Onderwys
( 'n seun wat ek voor my sien grootword het)
argumenteer dat alleen twintig persent van die
skoolgaande bevolking French Immersion
aangebied word, en dat die skoliere van
NB aanhoudend die slegste in Kanada presteer.
Ek voel ek behoort vir Kelly Lamrock, die
minister, te skryf en te verduidelik wat my agtergrond
was in SA. Ons was wel in 'n Afrikaans medium
skool, maar my eerste herinnering van my Sub A
klaskamer was van lyste Engelse woorde op die
mure. Ons het in my dae in SA genoeg Engels
gekry dat ons teen Matriek vlot Engels kon lees
en skryf, en as dit moet, heel skaflik kon praat.
Ek dink dit was 'n baie goeie agtergrond.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Duitse Liegbek [boodskap #116974 is 'n antwoord op boodskap #116969] |
Sat, 26 April 2008 07:22 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:d145d441-dbfe-449f-83e6-01993b6a4629@m3g2000hsc.googleg roups.com...
"Suidwester" skryf
> -----Nog 'n ding antie, wat jóú maag sal laat draai. Vele van die
> privaatskole in ons land plus die wat tuisonderrig gee, gebruik 'n
> onderwysmodel wat ontwerp is in.....wag mooi: Orania!
Ek weet nie hoekom jy dink ek sou so verbaas
wees oor wat Orania bereik nie. Sover as wat ek
hier uit die verte kan uitmaak, is Orania een van
SA se suksesstories. Ook 'n teken dat die
Nuwe Suid-Afrika nie van mense die reg ontneem
om in hulle eie groepe te bly nie. Dit was een
van die opinies wat Mandela vroeg uitgespreek
het- as jy met jou groep eenkant wil bly, staan
niks in jou weg nie. Koop genoeg grond op sodat
jy baas op jou eie plaas is, finansieer jou eie skole
en besighede en niemand sal vir jou kom sê jy
kan nie. Dis julle joggies wat tussen die
die "nie-blankes" wil bly maar nog koning wil
kraai oor almal, wat die spoilt brats is.
Gloudina
----Soos gewoonlik is jy so bietjie deurmekaar, want die kop raas seker al
op jou ouderdom, so van al die koue en sneeu? Die afgelope jare is oor die
2000 balnke boere koelbloedig vermoor op plase wat hulle eiendom is en
waarop hulle hul eie ding doen! Die massas swartes staan grootoog rondom
die plase en kyk wat hulle kan aas want hulle is nie in staat om vir
hulleself te sorg nie. Wie dink jy finansier al die privaatskole? Hier
by ons is Elnatan Privaatskool in Stampriet gestig deur die Kalahari boere
en hulle het die geboue gebou en die kinders wat koshuis toe gaan, moet van
die plaas af hulle eie vleis en ander kos saambring. Die skoolgeld is
enorm want die onderwysers moet salaris kry. Intussen het die
koshuiskinders [al die skoliere is in die koshuis] elke dag pligte in die
skool se boerdery want hulle produseer ook deel van hulle eie goed. Hulle
maak ook self skoon en hou die geboue in goeie toestand.
Vandag, seker so 15-16 jaar later, het Elnatan die Namibiese
skolerugbykampioenskap al 'n paar keer gewen. Die heel eerste keer toe
hulle WHS [Windhoek Hoërskool met sy oor die 1000 skoliere] geklop het, het
hulle in die hele skool beswaarlik 15 spelers gehad wat senior skolerugby
kon speel en hulle het WHS getrap! Glo my, daar is 'n beduidende verskil
tussen 'n Elnatan-kind en die verveelde stadskind van die groter skole.
Egter geen swartes nie....niemand wil soveel betaal en dan moet hy nog
werk ook nie!!
|
|
|
|
Re: Duitse Liegbek [boodskap #116992 is 'n antwoord op boodskap #116976] |
Mon, 28 April 2008 08:23 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:86117e70-738b-4a38-86df-af968bb471fd@r66g2000hsg.google groups.com...
> "Suidwester" skryf
>
>> ----Soos gewoonlik is jy so bietjie deurmekaar
>
> Die onderwerp is nie plaasmoorde of privaat-
> skole nie, maar Orania.
> Ek sou graag wou uitvind of die mense
> van Orania alle soort belastings moet betaal.
> Hier in Kanada het ons die geval van die
> Menoniete. Hulle voorvaders het uit Europa
> gevlug om staatsdruk te ontduik, meestal
> omdat hulle pasifiste is en geweier het om
> soldate te word. Hulle is glo ook teen
> belasting betaal aan owerhede. Sover ek
> weet het die Menoniete van Ontario
> ( meestal gekonsentreer rondom Waterloo)
> die reg verkry om nie plaaslike en inkomste-
> belasting te betaal nie. Daarvoor het hulle
> die reg opgegee om ouderdoms en ander
> federale pensioene en ondersteunings-
> programme te ontvang.
> Ekweet nie of dieselfde ook waar is
> van die Pennsylvania Dutch in die VSA nie.
>
> Gloudina
-----Nou? Die hele Orania gemeenskap is gebou rondom mense wat hulle eie
'tuisland' wou hê, met hulle eie beheer. Dit beteken nie dat hulle nie
persoonlike, besigheidsbelasting of VAT nie hoef te betaal nie. Hulle hoes
maar soos normale mense, behalwe dat hulle munisipale belasting in
'kompanie' is en die onkostes van die dorp deur die gemeenskap gedra word,
met een baie belangrike verskil. Elkeen van hierdie dorp is produktief en
is daar nie 'n massa saamryers in plakkersdorpe wat net sit en hang [dis nou
niks doen en wag dat die regering vir hulle moet sorg] en die basiese
dienste gratis moet kry want hulle kan nie produktief wees nie. Dis die
ondergang van een en elke munisipaliteit in die RSA en ook hier by
ons....die water en kragrekenings wat agterstallig raak omdat die
meerderheid nie die tariewe kan bekostig nie, maar tog ook moet kry want dit
is polities verkeerd om hulle te ontsê.
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:46:32 UTC 2025
|