Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassiste en Kommuniste
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116335 is 'n antwoord op boodskap #116322] |
Wed, 20 February 2008 20:16   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
Jy
> sit in Kananda, duisende kms van SA.
Waar sê jy bly ek? ( As jy die Algonquin vir
Kanada wil gebruik, dit is KANATA ( ook
onder andere wat 'n high tech voorstad
van Ottawa genoem word.)
. Maar die hele tyd laat jy jou oor
> SA uit asof jy meer weet as ons hier - meer weet as selfs Ferdi waqt 'n SA
> "nuushond" is. Genugtig, as iemand behoort te weet wat hier aangaan is dit
> 'n koerantman, maar knaend stry jy ook met Ferdi en maak asof jy beter weet.
Gaan lees weer wat ek sê in poste en hou
op om jou eie opinies in al my skrywes te
lees. En, laat ek jou verseker, Ferdi weet ook
nie van alles wat op politieke gebied in SA
aangaan nie. Hy beweeg ook, soos elke
nuusman, binne die editoriale raamwerk wat
sy betrokke nuusmaatskappy bepaal. Sy
koerant is, jare gelede, beskuldig daarvan
dat hulle nie die ANC-regering styf genoeg
kritiseer nie, en tereg ook. Nou, dink ek,
is daar editoriaal besluit om die sluise bietjie
oop te trek. Wat goed is. Hoe meer "the
Fifth Estate" hul navorsing doen oor alles
wat regerende partye doen, hoe beter is dit
vir die land.
Gloudina
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116336 is 'n antwoord op boodskap #116335] |
Thu, 21 February 2008 03:24   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
Waar sê jy bly ek? ( As jy die Algonquin vir
Kanada wil gebruik, dit is KANATA ( ook
onder andere wat 'n high tech voorstad
van Ottawa genoem word.)
Net 'n tikfout!!!!
. Maar die hele tyd laat jy jou oor
> SA uit asof jy meer weet as ons hier - meer weet as selfs Ferdi waqt 'n SA
> "nuushond" is. Genugtig, as iemand behoort te weet wat hier aangaan is dit
> 'n koerantman, maar knaend stry jy ook met Ferdi en maak asof jy beter
> weet.
Gaan lees weer wat ek sê in poste en hou
op om jou eie opinies in al my skrywes te
lees. En, laat ek jou verseker, Ferdi weet ook
nie van alles wat op politieke gebied in SA
aangaan nie. Hy beweeg ook, soos elke
nuusman, binne die editoriale raamwerk wat
sy betrokke nuusmaatskappy bepaal. Sy
koerant is, jare gelede, beskuldig daarvan
dat hulle nie die ANC-regering styf genoeg
kritiseer nie, en tereg ook. Nou, dink ek,
is daar editoriaal besluit om die sluise bietjie
oop te trek. Wat goed is. Hoe meer "the
Fifth Estate" hul navorsing doen oor alles
wat regerende partye doen, hoe beter is dit
vir die land.
Gloudina
Ek het nie gesê Ferdi weet alles wat aangaan nie, ek het bloot gesê dat hy
as koerantman behoort te weet wat hier aangaan! - maar jy maak knaend asof
jy selfs beter as hy weet. Natuurlik weet Ferdi ook nie alles nie! - net
God weet alles wat aangaan! - maar hy weet beslis beter as jy!
|
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116338 is 'n antwoord op boodskap #116335] |
Thu, 21 February 2008 12:28   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 20 Feb 2008 12:16:28 -0800 (PST), Hessie wrote:
> lees. En, laat ek jou verseker, Ferdi weet ook
> nie van alles wat op politieke gebied in SA
> aangaan nie. Hy beweeg ook, soos elke
> nuusman, binne die editoriale raamwerk wat
> sy betrokke nuusmaatskappy bepaal.
A! Ek sien. Jy vertel mense nou van hoe ek werk en so aan. Nie geweet
jy weet my omstandighede nie.
My menings vorm ek deur onder meer die volgende te lees: The Star,
Business Day, City Press, Sunday Times, Rapport, Sunday Independent,
Financial Times se naweek-uitgawe en die Economist.
My menings vorm ek verder deur TV nuus te kyk en onder meer die ANC se
webblad te lees.
My menings vorm ek verder deur in SA te leef. Bank toe te gaan,
rekenings te betaal, te bel om te kla oor dienste, aansoek te doen vir
nodige dokumente, deru dei strate van Gauteng te ry, in winkels te
koop en so aan. Met ander woorde om hier te woon en te werk.
My menings vorm ek ook deur met mense te praat wat in SA woon en werk.
Sommige links, sommige regs.
En om die verlede te onthou en die patrone noukeurig te volg wat ek in
bg en ander dinge raaksien.
Jy argumenteer bietjie gekli, Gloudine, deur te redeneer dat ek my
menings net vorm "binne die editoriale raamwerk".
In die eerste plek is so 'n raamwerk die produk van, wel mense wat in
SA leef, leef en geselfs en dat patrone identifiseer en gevar
raaksien. Die bewustheid kom eerste, sien, en DAN die raamwerk -as
daar so iets is.
In die tweede plek is al raamwerk wat by my werkplek is, die volgende:
Dat ons ons regering (sonder om ons te steur aan ras) verantwoordelik
hou aan 1. die grondwet 2. die regstelsel 3. algemene reels van goeie
bestuur en 4. die resultaat van bg 4 punte soos dit konkretiseer in
die samelewing.
Verder, dink ek buite enige gewaande raamwerk. Gettalife, man. Enige
mens het mos 'n eie verstand. As ek vanaand eiers bak, verwag jy ek
moet dit binne binne die "editoriale raamwerk" doen?????
Ek dink oor baie goed - en het sterk menings daaroor - waaroor ek
geensins skryf nie!! Onder meer literatuur, sport, kos en flieks.
Jy verstaan dit. So,OK, ek dink buite enige raamwerk wat my werk van
my of nie van my sou verwag in die uitvoer van my werk-pligte nie. En
dit is wat my mening vorm en wat ek hier gee.
|
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116340 is 'n antwoord op boodskap #116332] |
Thu, 21 February 2008 12:34   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 20 Feb 2008 05:28:32 -0800 (PST), Hessie wrote:
> Ferdi skryf
>
>> 1. Wat dink jy van Charles Nqakula se verskuiwende posisies oor die
>> Skerpioene?
>> 2. Wat is jou mening oor Mbeki se posisie oor die Skerpioene?
>> 3. Watter NEC-lede reken jy dryf die posisie oor die Skerpioene en
>> hoekom?
>> 4. Wat dink jy van die Gerrie Nel-kwessie rakende die Skerpioene?
>> 5. Dink jy Bobby Godsell en die Sake Teen Misdaad-organisasie se
>> beroep sal 'n invloed hê?
>> 6. Wat is jou mening oor die Chancellor House-konneksie met Hitachi in
>> die Eskom-uitbreidings?
>
> Ferdi, oppas dat jou onderrok nie wys nie. Ek is glad
> te besig met kyk op TV na die Schreiber-affair hier by
> ons, waar hulle nou vorige eerste minister Mulroney
> wil subpoena oor die miljoene kontant wat hy in hotelle
> van Schreiber ontvang het, heelwaarskynlik as
> betaling vir sy rol in die aankoop van Airbus vliegtuie,
> gemaak deur Thiessen. ( Vorige kanselier Helmut
> Kohl se regering het alreeds geval oor sy dealings met
> Screiber. )
> Ek sit en dink nie die hele dag oor wat ek in Beeld
> lees oor die Skerpioene nie.
Skerpioene-vrag is na aanleiding van Sunday Times, Mail & Guardian en
Business Day se verslaggewing onlangs.
NEC-vraag kan jy kry deur te weet wie hulle is en enige verslaggewing
oor die mense in dei afgelope 10 jaar te lees - los Beeld uit. Vat
enige ander een.
ens.ens.
Chanceloor House-kwessie veral in die Mial & Guardian.
Maar as jy wil weet wat
> ek dink oor Charles Ngakula se posisie, dan hoop ek
> dat hy 'n kompromis voorstaan wat die beste van die
> vorige Skerpioene se suksesse behou, maar wat die
> skynsel verwyder dat die Skerpioene 'n wapen geword
> het. Dink weer aan wat in die VSA gebeur het toe die
> FBI vir dekades as politieke wapen gebruik is.
0 uit 10, Gloudina. Sy posisie het wild en wakker geskuif namate hy
drie base oor die kwessie probeer dien.
Hoekom dink jy probeer hy so naarstigtelik drie base dien? Wie is die
drie?
Onderrok? Ag vertel gerus wat jy jou waan jy daar raaksien.
Bottom line - as jy nie eers een van die eenvoudige vrae kan antwoord
nie, weet jy rerig te min oor SA vandag om sterk menings te kan hê.
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116342 is 'n antwoord op boodskap #116333] |
Thu, 21 February 2008 12:37   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 20 Feb 2008 05:41:17 -0800 (PST), Hessie wrote:
Vertel my tog, watter fliek sal vir jou dié informasie
> gee?
> Nou wil ek jou iets vertel wat jou behoort te laat dink.
> Een van ons kinders kom baie in SA, waar sy gesin
> tydelik bly ( in Melkbosstrand.) Nie baie lank gelede
> nie, na so 'n besoek, was hy billik ontstoke oor hoe
> die mense met wie hy in aanraking kom daar in
> Kaapstad ( meeste Engelssprekendes, toegegee)
> sulke bevooroordeelde opinies het oor wat Amerikaners
> dink en doen dat selfs hy, wat Kanadees is, in opstand
> daarteen kom. ( Hy het in die afgelope jare in die VSA
> gewerk en praat nie uit sy vuis nie.) Ek moet eerlik
> sê, Suid-Afrikaners ( ja Ferdi, wit Suid-Afrikaners)
> is van die mees opinionated groepe mense wat ek ken.
> Iemand hier in ons gebou kla oor 'n eks-SuidAfrikaner
> wat so kla oor Kanada. Hulle emigreer uit SA omdat
> hulle dit nie daar meer kan uithou nie, en dan kom sit
> hulle hier en praat van hoe "Canadians" dinge doen.
>
> Gloudina
'n Ou grap gaan so:
'n Klomp mans van 'n klomp nasionalismes staan in 'n ry. 'n Kaal jong
skoonheidskoningin word voor hulle geparadeer.
Hoe weet jy watter een is die Kanadees?
"The one with the vacuous expression in the eyes."
Hom way back by 'n ambassadeur na Kanada toe gehoor.
Suid-Afrikaners ( ja Ferdi, wit Suid-Afrikaners)
is van die mees opinionated groepe mense wat ek ken
He, he... JY bewys dit natuurlik.
|
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116344 is 'n antwoord op boodskap #116342] |
Thu, 21 February 2008 13:27   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf
> Hoe weet jy watter een is die Kanadees?
> "The one with the vacuous expression in the eyes."
>
> Hom way back by 'n ambassadeur na Kanada toe gehoor.
Merk op dat die opmerking gemaak is deur 'n
ambassadeur na Kanada. Dus 'n SA ambassadeur.
Dit staaf weer my punt. Wit Suid-Afrikaners is baie
opinionated. ( Ja, Ferdi, wit Afrikaners.) Selfs
'n Ambassadeur wat nie hierdie soort dinge
behoort te sê nie. Ek wed die ambassadeur
was ook een van die wittes gedurende die
apartheidsregime. Want ek dink nie die series
swart ambassadeurs wat ek hier in Kanada in die
afgelope jare leer ken het, sou so 'n opmerking
maak nie. Veral nie Billy Modise nie.
Check waar meeste van die goeie komediante
van die VSA vandaan kom. Check wie produseer
die mees suksesvolle komediese show in die
VSA, te wete Saturday Night Live.
En van watter Kanadese praat hy nou?
Die een met die tulband, wat permissie kry om
in die RCMP te werk met tulband en al. Die
talle vrouens met hulle Moslem bedeksels?
Die opgewonde en opgewekte Frans-Kanadees
wat net elke hawerklap van die res wil afskei?
Die Algonquin wat nog sy tradisionele lewe wil
voortsit. Komaan, Ferdi, vertel vir my wie is die
bland Kanadees?
Ek behoort natuurlik ook op te hou sê dat
Suid-Afrikaners klapotte is. Want nie almal is
klaagpotte nie. Nie die ouens wat nog in die
agterlike woongebiede sit en wag vir 'n beter
dag nie. Nee, Ferdi, dis die wit ouens wat so
sit en kla. Langs hulle vleespotte.
Gloudina
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116345 is 'n antwoord op boodskap #116344] |
Thu, 21 February 2008 14:11   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 21 Feb 2008 05:27:08 -0800 (PST), Hessie wrote:
Merk op dat die opmerking gemaak is deur 'n
> ambassadeur na Kanada. Dus 'n SA ambassadeur.
> Dit staaf weer my punt. Wit Suid-Afrikaners is baie
> opinionated. ( Ja, Ferdi, wit Afrikaners.)
En swart Suid-Afrikaners? En bruin Suid-Afrikaners? Onderskei daar ook
tussen "coloured", "cape coloured", "cape malay" en "other coloured".
En Indiese Suid-Afrikaners?
En - what the hell - wat van geel Suid-Afrikaners? Pers
Suid-Afrikaners? Blou Suid-Afrikaners? En wat van groen
Suid-Afrikaners.
Ag, sluit sommer die hele waansinnige, platkoppige, een-ogige,
skuinskuifige, mal ou verskeidenheid in wat ooit al uitgedink is.
Selfs
> 'n Ambassadeur wat nie hierdie soort dinge
> behoort te sê nie. Ek wed die ambassadeur
> was ook een van die wittes gedurende die
> apartheidsregime. Want ek dink nie die series
> swart ambassadeurs wat ek hier in Kanada in die
> afgelope jare leer ken het, sou so 'n opmerking
> maak nie. Veral nie Billy Modise nie.
Dis grappie, Gloudina, dis 'n grappie....
Daai ding van sin vir humor?
Check waar meeste van die goeie komediante
> van die VSA vandaan kom.
Lenny Bruce? Bill Cosby? Conan O'Brien? Jay Leno? George W Bush?
Richard Pryor?
Almal Kanadese? Wat vertel jy my nou!!??
Check wie produseer
> die mees suksesvolle komediese show in die
> VSA, te wete Saturday Night Live.>
UND JA JA!! ZE KANADIANS HAS A SENSE OF HUMOR!!!! ZOSE WHO DO NOT
AGREE, STAND AGAINST ZE WALL NOW!!!!
En van watter Kanadese praat hy nou?
> Die een met die tulband, wat permissie kry om
> in die RCMP te werk met tulband en al. Die
> talle vrouens met hulle Moslem bedeksels?
> Die opgewonde en opgewekte Frans-Kanadees
> wat net elke hawerklap van die res wil afskei?
> Die Algonquin wat nog sy tradisionele lewe wil
> voortsit. Komaan, Ferdi, vertel vir my wie is die
> bland Kanadees?
Gloudina, dis 'n grap. 'n Grap is nie die werklikheid nie. Dis soos 'n
toneelstuk. Dis nie RERIG McBeth wat die ou doodmaak nie. Dis nie
nodig om die polisie te gaan roep nie!
(Talking about bland...... )
Ek behoort natuurlik ook op te hou sê dat
> Suid-Afrikaners klapotte is. Want nie almal is
> klaagpotte nie. Nie die ouens wat nog in die
> agterlike woongebiede sit en wag vir 'n beter
> dag nie.
Ha ha!! Ek HOOR hulle actually....
Of reken jy as iemand se vel swart is, het hulle nie 'n kapasiteit om
te kla as beloftes gebreek word en die regering hulle vergeet nie?
Hmmm?
Nee, Ferdi, dis die wit ouens wat so
sit en kla. Langs hulle vleespotte.
Jy is crazy.
Kom luister bietjie na die armes....
(Psst. Dis onder meer hulle opstand wat Mbeki op sy alie geskop het in
Polokwane....)
|
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116352 is 'n antwoord op boodskap #116345] |
Thu, 21 February 2008 23:15   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf
> En swart Suid-Afrikaners? En bruin Suid-Afrikaners? Onderskei daar ook
> tussen "coloured", "cape coloured", "cape malay" en "other coloured".
> En Indiese Suid-Afrikaners?
>
> En - what the hell - wat van geel Suid-Afrikaners? Pers
> Suid-Afrikaners? Blou Suid-Afrikaners? En wat van groen
> Suid-Afrikaners.
>
> Ag, sluit sommer die hele waansinnige, platkoppige, een-ogige,
> skuinskuifige, mal ou verskeidenheid in wat ooit al uitgedink is.
Skaam jy jou nie om hierdie soort metode te
gebruik om te bewys dat jy die opperhand in
die "argument" het nie. Jy klink nou soos
Leendert van Oostrum in die ou dae toe hy
nog op die nuusgroep was.
Laat ons dus weer terugkeer na die
onderwerp. Ek, Gloudina, sê dat WIT
Suid-Afrikaners, Engels en Afrikaans-
sprekend, vreeslik opinionated is. Mens
kry dit nie onder die sogenaamde "kleurlinge"
nie, nog onder die "swart" mense. Dit lyk
my dis 'n siekte onder die nageslag van die
koloniste wat van Europa na SA verhuis het. Tot
'n sekere mate het ons dieselfde verskynsel
hier in Kanada. Daar is niks meer irreterend
as 'n man en vrou met 'n Engelse aksent wat
taamlik luid alles en nog wat veroordeel nie,
asof alles in Engeland nou so perfek is en
alles in Noord-Amerika maar bietjie agteraf
is. Ek het 'n spesmaas dat hierdie opinionated
gekritiseerdery eintlik iets is wat die Afrikaners
by hulle Engelse landgenote opgetel het.
Ek het groot dele van my jare in SA gewerk
in situasies waar ek meer met Engelse Suid-
Afrikaners as met Afrikaners te doen gekry
het. En jy moet hoor hoe sit en kritiseer hulle
die agterafheid en die naiefheid van die
Afrikaner.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116366 is 'n antwoord op boodskap #116352] |
Fri, 22 February 2008 11:45   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 21 Feb 2008 15:15:04 -0800 (PST), Hessie wrote:
> Ferdi skryf
>
>> En swart Suid-Afrikaners? En bruin Suid-Afrikaners? Onderskei daar ook
>> tussen "coloured", "cape coloured", "cape malay" en "other coloured".
>> En Indiese Suid-Afrikaners?
>> En - what the hell - wat van geel Suid-Afrikaners? Pers
>> Suid-Afrikaners? Blou Suid-Afrikaners? En wat van groen
>> Suid-Afrikaners.
>> Ag, sluit sommer die hele waansinnige, platkoppige, een-ogige,
>> skuinskuifige, mal ou verskeidenheid in wat ooit al uitgedink is.
Wat ek hier uitdruk is eenvoudig my walging aan rassime en my totale
minagting vir enige denke wat velkleur as bepaler gebruik.
Dit was drek toe John Vorster dit gedoen en dis steeds drek.
|
|
|
|
|
|
Re: Rassiste en Kommuniste [boodskap #116371 is 'n antwoord op boodskap #116366] |
Fri, 22 February 2008 11:57  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi" < wrote
> Wat ek hier uitdruk is eenvoudig my walging aan rassime en my totale
> minagting vir enige denke wat velkleur as bepaler gebruik.
>
> Dit was drek toe John Vorster dit gedoen en dis steeds drek.
Presies!
Dis net dat die Antie en haar ANC-pelle glo dat hulle drolle Vorster se
drolle regstel.
Asof een drol 'n ander drol kan doodstink!
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 10:35:29 UTC 2025
|