| Gunsteling kleur en waarom [boodskap #115119] |
Do., 11 Oktober 2007 08:02  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Hi almal
Sommer 'n nonsense onderwerp, maar dalk kry ek julle uit julle winterslaap.
Wat is julle gunsteling kleur en waarom?
Myne is blou.
Want die lug is blou en die see is blou en die berge is blou. Ek is gek
lief vir die see en vir berge en vir die blou lug - vir die lewe!!! (So
jammer daar's nie berge by OL nie)
|
|
|
|
| Re: Gunsteling kleur en waarom [boodskap #115121 is 'n antwoord op boodskap #115119] |
Do., 11 Oktober 2007 09:37   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 11 Oct 2007 10:02:56 +0200, "Torreke" wrote:
> Hi almal
>
> Sommer 'n nonsense onderwerp, maar dalk kry ek julle uit julle winterslaap.
>
> Wat is julle gunsteling kleur en waarom?
>
> Myne is blou.
>
> Want die lug is blou en die see is blou en die berge is blou. Ek is gek
> lief vir die see en vir berge en vir die blou lug - vir die lewe!!! (So
> jammer daar's nie berge by OL nie)
...en my gunsteling kleur is groen.
Want groen is lewe. As 'n nuwe plantjie gebore word is dit groen.
Gaan kyk na die wildernis - dit is groen. Gaan kyk na bestendige
plantelewe - dit is groen. Wanneer die lente aanbreek word alles
groen.
Groen is die kleur wat 'n mens se oë laat rus. Dit is 'n rustige kleur
wat sag is op ons oë. Wanneer dit bewolk is is die see blou en wanneer
die son daarin weerkaats is dit groen. En ek het groen oë...
|
|
|
|
| Re: Gunsteling kleur en waarom [boodskap #115122 is 'n antwoord op boodskap #115121] |
Do., 11 Oktober 2007 09:49   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 11 Oct 2007 11:37:54 +0200, Dave wrote:
> On Thu, 11 Oct 2007 10:02:56 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>> Hi almal
>> Sommer 'n nonsense onderwerp, maar dalk kry ek julle uit julle winterslaap.
>> Wat is julle gunsteling kleur en waarom?
>> Myne is blou.
>> Want die lug is blou en die see is blou en die berge is blou. Ek is gek
>> lief vir die see en vir berge en vir die blou lug - vir die lewe!!! (So
>> jammer daar's nie berge by OL nie)
>
>
> ...en my gunsteling kleur is groen.
> Want groen is lewe. As 'n nuwe plantjie gebore word is dit groen.
> Gaan kyk na die wildernis - dit is groen. Gaan kyk na bestendige
> plantelewe - dit is groen. Wanneer die lente aanbreek word alles
> groen.
> Groen is die kleur wat 'n mens se oë laat rus. Dit is 'n rustige kleur
> wat sag is op ons oë. Wanneer dit bewolk is is die see blou en wanneer
> die son daarin weerkaats is dit groen. En ek het groen oë...
Maar wanneer ons van wilder kleure praat, is my gunsteling oranje.
Ek dra graag 'n oranje hemp. Ek het 'n Piper Cherokee gevlieg wat
ek laat oranje (gunston) spuitverf het, en ek het bygestaan waar die
spuitverwer die verf aangemaak het en ek het geel by die rooi laat
voeg tot ek tevrede was met die rsultaat.
So, seker kan ek sê, groen by rustiger kleure en oranje
wanneer ek 'n 'n wilder bui is. Eendag as ek groot is,
gaan ek nog vir my 'n oranje kar koop.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gunsteling kleur en waarom [boodskap #115133 is 'n antwoord op boodskap #115130] |
Do., 11 Oktober 2007 13:56   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" wrote
> Dis verskriklik, maar blou is my alle-kleur. Ons stem saam oor iets!
> Sien, wonderwerker gebeur nog. Alles wat belangrik is blou: Kar is
> donkerblou, klere is donkerblou, ens. Stem egter nie saam oor die wit op
> die huis of kar nie. Wit hoort, saam met peink en pers, op 'n vrou se
> pêntie en nie op 'n kar of 'n huis nie.
Dankie dat jy saamspeel oor die kleur tema. Ek het gewonder hoe die harde
b(r)oer uit die Namib op hierdie een gaan reageer.
Ek dog ons het die afgelope tyd reggekry om oor 'n hele paar goeters saam te
stem - insluitend rugby.
Ek stem saam dat wit nie my gunsteling kleur vir 'n voertuig is nie - eerder
rooi! My Hilux bakkie is wit, maar dis omdat die enigste was wat op die
vloer was (en teen groot afslag, iemand het hom bestel, allerhande goeters
versoek soos getinte ruite, ens. en toe kop uitgetrek) en ek dringe 'n nuwe
voertuig gekort. Die goudkleurige dubbelkajuit Hilux is vir my veel mooier,
maar ek hou gladnie van die bloue nie - te donker - ligblou sou beter wees.
Wit aan die binnekant van enige gebou help om lig te verbeter - maar dit
weet jy!
Ek breek die wit met hout! - egte, soliede, duursame hout! - nie namaaksels
of veneer nie.
|
|
|
|
| Re: Gunsteling kleur en waarom [boodskap #115142 is 'n antwoord op boodskap #115133] |
Vr., 12 Oktober 2007 06:41   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf in boodskap news:x8GdnaQOCdcGtpPanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> Ek stem saam dat wit nie my gunsteling kleur vir 'n voertuig is nie -
> eerder rooi! My Hilux bakkie is wit, maar dis omdat die enigste was wat
> op die vloer was (en teen groot afslag, iemand het hom bestel, allerhande
> goeters versoek soos getinte ruite, ens. en toe kop uitgetrek) en ek
> dringe 'n nuwe voertuig gekort. Die goudkleurige dubbelkajuit Hilux is
> vir my veel mooier, maar ek hou gladnie van die bloue nie - te donker -
> ligblou sou beter wees.
----Stem saam oor die Hilux, maar nie oor die kleur nie. My nuwe D4-D is
donker-donker blou. Die nuwe Hilux se vorm soek vir 'n dramatiese kleur.
Kyk maar na al die advertensiefotos van meeste karre. Donker kleure. Dit
lyk net beter.
>
> Wit aan die binnekant van enige gebou help om lig te verbeter - maar dit
> weet jy!
----Eintlik net die plafon moet wit wees want dit gee die effek van ruimte.
As jy bv 'n knotty pine plafon insit, dan moet jy wit op die mure vir die
effek van spasie. ek gaan egter eerder vir 'n ivoorkleur op mure ipv
spierwit. Buitekant, liggrys mure, rooi dak en spierwit fascias lyk
stunning. Baie mense maak die fout om die fassies wilde klere te verf,
terwyl dit eintlik die kleur van die dak en die mure moet skei en definieer.
>
> Ek breek die wit met hout! - egte, soliede, duursame hout! - nie
> namaaksels of veneer nie.
----Hout werk altyd. Het jy al die huise gesien wat sonder plafonne gebou
word? Ek het laasjaar so een ontwerp. Jou kappe sit oop, maar word van
dubbele gelamineerde balke gemaak en die plafon word reg onder die dak
geslaan en dan word alles spierwit geverf...nie goed geverf nie, so half lig
dat die hout se grein nog deurskyn. Dit skep moerse 'spasie', maar ek
persoonlik laaik dit nie so baie nie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Gunsteling kleur en waarom [boodskap #115161 is 'n antwoord op boodskap #115127] |
Ma., 15 Oktober 2007 21:00  |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
|
Senior Lid |
|
|
Torreke wrote:
>>
> Ek deel jou liefde vir groen en die assosiasie met lewe. Trek soms groen
> aan, maar dit pas nie by my so goed soos wat blou by my pas nie.
Dit het my lank gevat om aan die gedagte gewoond te raak, maar groen
is eintlik nie-lewe! Die feit dat die blare groen is, beteken hulle
absorbeer al die ander kleure om lewe van te maak, maar gooi die groen
uit. Dis so goed soos die verpakkingsmateriaal nadat die kos uitgehaal
is!
|
|
|
|