Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 1 September.
| 1 September. [boodskap #114468] |
Vr., 31 Augustus 2007 17:17  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek gaan nie vannag voor 12 slaap nie.
Ek gaan dan buite op die stoep staan en luister of ek die heen en weer
gehardlopery van die politici kan hoor.
Toe ek nog jonk en klein was, en in Bloemfontein gewoon het, het ek en Roomy
altyd op 1 September gaan swem.
Dis die dag waarop die swembad vir die somerseisoen oopgemaak het, en vir 4
jaar namekaar was ons die eerste kaartjiekopers - maak nie saak hoe laat die
middag ons opgedaag het vir die swemmetjie nie.
Ons het nie na die tyd op die handdoeke gelê om in die flouerige sonnetjie
droog te word nie.
Ons het wel bekaar se eienaardige bene bewonder na die swemmetjie - blou met
pienk kolletjies so groot soos die huidige 2c stukke.
O ja, en ons tande het geklapper van die oomblik wat ons in die water
gespring het, tot laat die aand nadat ons heeltemal voor die verwarmer
ontdooi het:))
Ontdooi.
Dis nou 'n baie goeie Afrikaanse woord daardie:))
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: 1 September. [boodskap #114477 is 'n antwoord op boodskap #114472] |
So., 02 September 2007 07:38   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
So hoe voel dit om oornag 'n uur ouer te word?:))
Annette
"Suidwester" wrote in message
news:u_mdncJHu_dluETbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Hier by ons is vannag ook spesiaal omdat dit die end van 'simpel-tyd' is.
> Ons wintertyd skuif nou weer 'n uur vorentoe vannag om weer dieselfde te
> wees as SA tyd.
> "Annette" wrote in message
> news:1188580665.441310@vasbyt.isdsl.net...
>> Ek gaan nie vannag voor 12 slaap nie.
>> Ek gaan dan buite op die stoep staan en luister of ek die heen en weer
>> gehardlopery van die politici kan hoor.
>> Toe ek nog jonk en klein was, en in Bloemfontein gewoon het, het ek en
>> Roomy altyd op 1 September gaan swem.
>> Dis die dag waarop die swembad vir die somerseisoen oopgemaak het, en vir
>> 4 jaar namekaar was ons die eerste kaartjiekopers - maak nie saak hoe
>> laat die middag ons opgedaag het vir die swemmetjie nie.
>> Ons het nie na die tyd op die handdoeke gelê om in die flouerige
>> sonnetjie droog te word nie.
>> Ons het wel bekaar se eienaardige bene bewonder na die swemmetjie - blou
>> met pienk kolletjies so groot soos die huidige 2c stukke.
>> O ja, en ons tande het geklapper van die oomblik wat ons in die water
>> gespring het, tot laat die aand nadat ons heeltemal voor die verwarmer
>> ontdooi het:))
>> Ontdooi.
>> Dis nou 'n baie goeie Afrikaanse woord daardie:))
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 1 September. [boodskap #114481 is 'n antwoord op boodskap #114480] |
Di., 04 September 2007 07:51   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee wat - hierdie horlosieskuiwery is sommer net 'n pot snot:))
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:N7-dnQNuJKw_b0HbRVnytgA@saix.net...
>
> "Hessie" wrote in message
> news:1188855518.801832.88900@50g2000hsm.googlegroups.com...
>> "Suidwester" skryf
>>> Hier by ons is vannag ook spesiaal omdat dit die end van 'simpel-tyd'
>>> is.
>>> Ons wintertyd skuif nou weer 'n uur vorentoe vannag om weer dieselfde te
>>> wees as SA tyd
>> Ja, sulke oorskakel is nie teveel van n
>> probleem as jy die nag kan deurslaap
>> nie. Jy moet net onthou om jou horlosie
>> reg te stel. Maar vir mense wat twaalf
>> uur nagskowwe doen in byvoorbeeld
>> hospitale, moet jy skielik dertien uur
>> werk in stede van twaalf. Dis dan dat
>> jy dit waardeer as die persoon wat jou
>> kom aflos, vroeer as gewoonlik inkom
>> en die ding met jou deel.
>> Gloudina
> ----Gelukkig is die uur vir ons nie so vreeslik van 'n probleem nie. Ons
> het 7 maande somertyd en 5 maande wintertyd. Somertyd voel 'reg' en
> wintertyd voel 'verkeerd'. Die regering het hom effe verkeerd gekry want
> in plaas van 'daylight saving' te doen, het hulle die dag 'n uur korter
> gemaak in die winter. Vele het hulle al probeer oortuig dat hulle 'n
> fout maak.....almal aanvaar dit nou maar. As iemand sal wen by
> 'daylight-saving' dan is dit SA se middel tot oostekant. In die winter
> is dit al amper donker teen 5 uur die middag en net na 05:00 in die oggend
> dan skyn die son al! Hulle kan doen met 'n uur of twee terug in die
> winter.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 1 September. [boodskap #114484 is 'n antwoord op boodskap #114483] |
Di., 04 September 2007 11:15   |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sep 4, 11:17 am, "Suidwester" wrote:
> ----Dink jy so? As jy meer donker as lig skep, dan gaan jy meer krag
> gebruik, of hoe?
En hoe presies "skep" jy meer donker? Ek dog Namibia verander bloot
die tyd en dat die totale ure en minute sonlig presies dieselfde bly
vir 'n gegewe dag. ;-) Dis nogal iets wat ou mal-Bob sou try as hy
die geleentheid kry.
Die totale hoeveelheid daglig word bloot 'n uur vorentoe geskuif met
die hopelik statistiek gegronde aanname dat minder energie in die aand
uur verbruik word as wat in die oggend uur verbruik sou word indien
dit nie verskuif was nie. En natuurlik die veiligheidsredes wat ook
destyds genoem is en wat nogal sin maak vir die ouens wat in die
donker werk of skool toe moet stap.
Vir meeste mense is dit bloot 'n kwessie van "What you lose on the
swings, you gain on the roundabouts" of andersom...
Vir jou reference - In Windhoek, volgens somertyd, is die sonsopkoms
op die kortste dag van die jaar, 24 Junie, 07:28 en sononder 18:19. 'n
Totaal van 10 ure, 51 minute. Met die winter-tyd is dit natuurlik
06:28 tot 17:19 maar nogsteeds 10 ure, 51 minute. (Hentiesbaai: 06:39
- 17:31) Mens kan vir dae argumenteer oor wat die mees effektiewe tyd
is. Persoonlik verkies ek dit om wakker te word as dit begin lig word
of alreeds lig is. In die aand is al my verwagtinge daarop ingestel
dat dit in elkgeval gaan donker word voor ek bed toe gaan. Maklikste
is, stel jou horlosies die aand voor die tyd en vergeet daarvan.
|
|
|
|
|
|
| Re: 1 September. [boodskap #114490 is 'n antwoord op boodskap #114484] |
Wo., 05 September 2007 09:21   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Jottie" wrote in message
news:1188904537.715240.237860@k79g2000hse.googlegroups.com.. .
> On Sep 4, 11:17 am, "Suidwester" wrote:
>> ----Dink jy so? As jy meer donker as lig skep, dan gaan jy meer krag
>> gebruik, of hoe?
>
> En hoe presies "skep" jy meer donker? Ek dog Namibia verander bloot
> die tyd en dat die totale ure en minute sonlig presies dieselfde bly
> vir 'n gegewe dag. ;-) Dis nogal iets wat ou mal-Bob sou try as hy
> die geleentheid kry.
---Dit gaan oor die bruikbare tyd van die dag. Hoe meer van jou wakker ure
sonlig is, hoe minder krag gaan jy gebruik. Dis egter nie totaal moontlik
nie. Die 'beste' donker ure is in die oggend wanneer die mense op pad werk
toe is en nie ander aktiwiteite beoefen nie. Na werk, in die aand, is jou
swaarste tyd vir karag.
> Vir jou reference - In Windhoek, volgens somertyd, is die sonsopkoms
> op die kortste dag van die jaar, 24 Junie, 07:28 en sononder 18:19. 'n
> Totaal van 10 ure, 51 minute. Met die winter-tyd is dit natuurlik
> 06:28 tot 17:19 maar nogsteeds 10 ure, 51 minute. (Hentiesbaai: 06:39
> - 17:31) Mens kan vir dae argumenteer oor wat die mees effektiewe tyd
> is. Persoonlik verkies ek dit om wakker te word as dit begin lig word
> of alreeds lig is. In die aand is al my verwagtinge daarop ingestel
> dat dit in elkgeval gaan donker word voor ek bed toe gaan. Maklikste
> is, stel jou horlosies die aand voor die tyd en vergeet daarvan.
----Ek sou weer dink dat die onaktiefste tyd van die dag vir los
aktiwiteite, juis jou oggend sou wees. Hoe meer sonlig jy na jou werksdag
het, hoe meer tyd het jy om buitemuurse aktiwiteite te beoefen...dis nou
soos sport, stokperdjies, ens. Vir die mense wat voor die TV lê, maak dit
natuurlik nie eintlik saak nie. Ek weer, is 'n oggend mens. Ek staan
vroeg op en begin vroeg werk. Dit is vir my beter dat die ure donker ure
is.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 1 September. [boodskap #114494 is 'n antwoord op boodskap #114492] |
Wo., 05 September 2007 12:13   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Jottie skryf
> Dit laat mens nogal wonder presies hoekom hulle dan die
> tydsverandering ingebring het en hoe die regering dit kon motiveer.
> Was dit bloot om 'n punt te maak t.o.v. Namibiese onafhanklikheid of
> was daar werklik statistieke bewyse vir energiebesparing en
> veiligheid.
Ek sou weer wil vra, waar bly jy in SA. As jy n
oosterse soort Suid-Afrikaner is, dus byvoorbeeld
oos van Kimberley, dan sal jy eenvoudig nie kan
verstaan dat die westerse deel van SA eintlik in
n nuwe tydsone moet wees nie. Dit sluit dan ook
die Namibiese area in.
Hier in Noord-Amerika waar ons aan tydsones
gewoond is, raak dinge vir mens duideliker. Dis
byvoorbeeld baie snaaks as jy naby n tydsone
verandering bly, om van die een tydsone na die
ander te ry. ( Ons het die ondervinding gehad
toe ons in New Brunswick gebly het, en ons
naaste groot stad Boston was, en ons baie
vir New Hampshire besoek het. Dan ry ons
maklik uit die Maritieme tydsone na die
Oosterse tydsone, wat n uur van mekaar
verskil.)
Dat die daylight savings time wel
elektrisiteit bespaar, kan nie betwyfel word
nie. Dis daarom dat die VSA vanjaar die
oorgang vroeer gemaak het, iets wat meeste
provinsies in Kanada moet navolg as hulle
in zinc met die VSA wil bly. ( Saskatchewan
is die enigste provinsie in Kanada wat nie
daylight savings time veranderings be-oefen
nie. )
Gloudina
|
|
|
|
| Re: 1 September. [boodskap #114495 is 'n antwoord op boodskap #114494] |
Wo., 05 September 2007 13:14  |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sep 5, 2:13 pm, Hessie wrote:
> Jottie skryf
>
>> Dit laat mens nogal wonder presies hoekom hulle dan die
>> tydsverandering ingebring het en hoe die regering dit kon motiveer.
>> Was dit bloot om 'n punt te maak t.o.v. Namibiese onafhanklikheid of
>> was daar werklik statistieke bewyse vir energiebesparing en
>> veiligheid.
>
> Ek sou weer wil vra, waar bly jy in SA. As jy n
> oosterse soort Suid-Afrikaner is, dus byvoorbeeld
> oos van Kimberley, dan sal jy eenvoudig nie kan
> verstaan dat die westerse deel van SA eintlik in
> n nuwe tydsone moet wees nie. Dit sluit dan ook
> die Namibiese area in.
Sorry, miskien het ek myself nie heel duidelik gemaak nie. Ek het geen
problem met die wintertyd in Namibia nie. Ek is oortuig dat daar goeie
redes daarvoor is. Eintlik dink ek die wintertyd is meer normaal en
mense moet eerder van somertyd as tydsverandering praat wanneer
Namibiese tyd in lyn met Suid Afrika is.
Ek wil graag hoor hoekom mense wat totaal daarteen is dink dit
ingestel is. Ek kan aanvaar dat nie almal gelukkig is daarmee nie maar
dit is altyd interresant om die motief agter die ongelukkigheid
daarvan te hoor. Noem my maar sneaky...
Ek het self baie jare in Pretoria gewoon en daarna vir 'n dekade in
Windhoek - voor en na wintertyd ingestel is. Ek onthou nog my
kinderdae as ons vakansietye by familie in Suidwes gaan kuier het oor
Desember. Dit was vir my fasinerend dat die son so laat ondergaan.
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 14:01:17 UTC 2026
|