| Afrikaners en squatter kampe [boodskap #110851] |
Vr., 28 Julie 2006 12:56  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Dit lyk my daar is mense wat nie wil onthou nie - of erger, nooit
geweet het nie - dat Afrikaners in die twee of drie dekades na die
Boere-Oorlog geweldige bevolkingsgroei ondervind het.
Soos Suidwester se: "maak kinders asof môre nie nog 'n dag is nie".
Dit het die Afrikaners destyds gedoen.
Baie groot gesinne. Baie soos swartmense in die afgelope twee of drie
dekades.
Baie Afrikaners het destyds ook in swak omstandighede gewoon.
Omstandighede wat vandag plakkerkampe genoem word.
Tot so n mate dat Afrikaner "settlements" in die Lichtenburg-omgewing
in die jare 20 deur sommige as "damaged gene pools" beskou is.
Wonder of dit bekend klink...
Dit was die "arm blanke probleem" . Werkloos, ondervoed, onopgevoed,
gedemoraliseerd.... Maar hulle het baie kinders gehad. So het hulle
getalle gegroei tot die Afrikaner stem in 1948 deurslaggewend was!
Na 1948 het Afrikaner regstellende aksie natuurlik gekom. Maar selfs
voor dit, het die staat al begin om te kyk na die mense. Daar is onder
meer groot stukke grond aan hulle uitgedeel waar swartmense van
afgesit is sodat hulle daarop kan gaan boer. (Lands Act 1913 en later
weer in die 20's ens.)
Daar is baie uit die geskiedenis te leer.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaners en squatter kampe [boodskap #110897 is 'n antwoord op boodskap #110885] |
Do., 03 Augustus 2006 09:27  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 31 Jul 2006 22:40:14 +0800, "DanielJan"
wrote:
> Aai manne, julle raak nou te vervelig persoonlik! Volg 'n bietjie die draad
> van julle 'aanvalle', en kyk hoe ver dit verwyderd is vanaf die aanvanklike
> titel (Afrikaners en squatter kampe). Julle staan nou hier en gooi modder na
> mekaar, en ek voel die inhoud van die plasings is vir my redelik sinneloos.
> Gaan terug na die aanvanklike onderwerp, en probeer om soos volwassenes te
> redeneer sonder om persoonlik te raak.
Goeie voorstel. Ongelukkig nie een wat baie kans op sukses het nie.
|
|
|
|