| oud-SABC man [boodskap #110105] |
Do., 13 April 2006 12:42  |
Deneneile
Boodskappe: 65 Geregistreer: November 2005
|
Volle Lid |
|
|
Nou die dag sien ek op TV nuus dat die gay partner van een groot-oud-SABC
gees sleg uitgevaar het teen ons land en sy mense. Hy het ons almal
uitgekryt as 'n nasie wat nie die lewe respekteer en geen waarde heg aan 'n
mens se lewe nie en belowe hy sal nooit weer sy voete hier sit nie en dat hy
terug gaan Amerika toe. Die SABC-man was dood geskiet in wat bleikbaar lyk
soos 'n roof in die huis langsaan die gay paar se huis.
|
|
|
|
|
|
| Re: oud-SABC man [boodskap #110109 is 'n antwoord op boodskap #110107] |
Vr., 14 April 2006 08:58   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Een van my kliënte gister beweer dat Ken Kisten glo etlike jare gelede
onder 'n wolk uit SA weg is na die VSA toe. Hy en sy lewensmaat het glo 6
jaar in die VSA gebly, voordat hulle 3 jaar gelede terug gekom het.
Ek is nie daarvan bewus van die wolk nie.
Wat my bietjie onderkry is hoe iemand wat in 'n veiligheidskompleks woon so
goedsmoeds op die gronde doodgeskiet word.
Iewers is daar alweer 'n slang in die gras.
Hierdie was nie sommer jou gewone of garden variety moord nie.
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" wrote in message
news:M4mdnUc1CcTA06LZRVn-jA@is.co.za...
> Misdaad teenoor enige persoon word as sleg ervaar en wie moet bedank word
> vir die misdaadsyfer? Die regering. Dis hulle wat dit nie kan beheer
> nie. Niemand anders nie. Solank die huidige regering aan bewind is, sal
> dit ook so wees. 'n Wonderwerk sal nie veroorsaak dat die misdaad gaan
> stop nie.....net 'n wil om te werk en die mense om dit mee te doen. Nie
> die sterk punte van enige van die huidige swart regerings in Afrika nie!
> "Deneile" wrote in message
> news:e1lguu$a5o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nou die dag sien ek op TV nuus dat die gay partner van een groot-oud-SABC
>> gees sleg uitgevaar het teen ons land en sy mense. Hy het ons almal
>> uitgekryt as 'n nasie wat nie die lewe respekteer en geen waarde heg aan
>> 'n mens se lewe nie en belowe hy sal nooit weer sy voete hier sit nie en
>> dat hy terug gaan Amerika toe. Die SABC-man was dood geskiet in wat
>> bleikbaar lyk soos 'n roof in die huis langsaan die gay paar se huis.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: oud-SABC man [boodskap #110184 is 'n antwoord op boodskap #110183] |
Ma., 08 Mei 2006 20:53  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Gerald Latimer" skryf:
> Wanneer het ek gese dat die Amerikaanse volk vir die sondes van hul
> regering moet tereg staan?
Wat jy gesê het, was: "Die ou voer aan dat ONS niks respek vir mense
se lewens het nie en toe se hy dat hy Amerika toe wil gaan. Dit is
soortgelyk aan om te se dat omdat daar te veel dwelmgebruik in
Vredefort is trek ek liewer Hillbrow toe"
Kom nou....Ek is 'n Amerikaner wat NIE vir die skobbejak gestem het
nie, en ek reken daardie stelling van jou was onnodiglik krities en
sinies oor Amerikaners in die algemeen.
> Maar ek moet se dat die amptelike media in
> Amerika baie stil was toe daai apie (Bush) met sy leuens oor
> massavernietegingswapens gekom het.
Aan wie dink jy behoort die groot gros van die media hier en elders?
Sou daardie antwoord nie dalk ook verklaar waarom die media so stil
was en is nie? En waarom die Demokrate in so slegte lig gestel word,
en nooi die geleentheid kry om hulle saak te stel nie, sodat hulle
soos swakkellinge lyk en beskryf word deur onkundiges wat hulle nuus
slegs van ons eensydige nuusstasies kry - insluitend CNN.
> Die meeste Duitsers was seker ook in 1937 opregte mense, maar sou dit
> toe eties wees om emigrasie daarnatoe te steun?
Waarom sou dit nie eties wees nie?
Albert Camus het geskryf, "We all carry within us our places of
exile, our crimes, our ravages.
Our task is not to unleash them on the world; it is to transform
them in ourselves."
|
|
|
|