| Gedig van verlange ontrek [boodskap #7044] |
Ma., 19 Augustus 1996 00:00  |
Castet
Boodskappe: 10 Geregistreer: Augustus 1996
|
Junior Lid |
|
|
Hierdie is definitief blykbaar nie n plek om goeie vriende te maak nie.
Gedagtis word verfoeilik uitgewis en deurtrek met belediging. Wat het van
ons geword dat al wat van ons oorbly is beledigings? Is dit werklik waarom
mense vingers gekry het om te tik, oordeel te vel? Ek ontrek myself uit n
groep wat hulleself as elite beskou en dink dat George Orwell reg was "All
animals are equal, but some animals are more equal than others." Nouja ek
wil eers die bitter nasmaak gaan uitwis en hoop dat julle n bietjie meer
oordentlikheid aan die dag kan le. Ek stel nie belang om in n geneswembad
te swem deurtrek van pessimisme nie.
Die mag en medium van die rekenaar het net n vullisblik vir emosies
geword.
Ek groet dus en stuur groete aan die een wat my afmaak as n vulgere
skisofreen.
Jy weet nie wat jy se nie, dis onnosel, ek hoop jy sal eendag die
nutteloosheid van die memoriseer van sulke woorde jou niks in die sak
bring nie. Gaan rus maar met die wete dat ons almal maar ons probleme het,
en ek wens ek kon weet hoe iemand soos jy die woord kultuur verstaan.
Noem my wat jy wil, ek is n prototipe en nie n stereotipe nie. Dit kan ek
jou verseker ou boet of ou sus. Gebruik dan jou taal as dit al is wat jou
gelukkig maak, moet my net nie daar insleep nie jou koei!
Ek kan jou verseker die wêreld is nie so groot nie, dit is net n padkaart
opgevou in die laai van jou kas.
Totsiens.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gedig van verlange ontrek [boodskap #7076 is 'n antwoord op boodskap #7044] |
Wo., 21 Augustus 1996 00:00  |
Louis
Boodskappe: 32 Geregistreer: Junie 1996
|
Volle Lid |
|
|
Agge-nee man, moet jou nie laat afsit deur die I-Net gebruikers nie !
Sekere mense het wel waardering vir opgevoede menings en opinies. As jy
weet waarvan jy praat, moenie moedeloos word nie.
Sterkte
|
|
|
|