Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die herskrywing van die geskiedenis en Brokeback Mountain
| Die herskrywing van die geskiedenis en Brokeback Mountain [boodskap #108495] |
Do., 02 Februarie 2006 21:01  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die feit dat 'n film oor homoseksuele cowboys hierdie keer
heelwaarskynlik 'n Oscar gaan kry, laat my besluit om
onderstaande te pos, iets wat ek 'n ruk gelede geskryf het:
Mens hoor baie die teorie dat die beeld wat die Amerikaner
van homself en van sy geskiedenis het, en die beeld wat
die mense buite die VSA van Amerikaners het, eintlik
gevorm is deur Hollywood se uitbeelding van die VSA
se geskiedenis. Soos byvoorbeeld die verheerliking van
die individu wat daar plaasvind in cowboy-prente en die
verromantisering van die weste en van die trek na die
weste, na die beloofde land, Kalifornië.
Dan word daar gewys op die feit dat Hollywood
in sy beginstadium eintlik 'n maaksel was van 'n hand-
vol Jode en dat dit hulle visie van die "siel van Amerika"
is wat toonaangewend was. Mens moet natuurlik nie
alles vir soetkoek opeet nie, maar daar is tog 'n groot
deel van die waarheid in hierdie siening.
In suidelike Afrika dink ek het dieselfde ding met
die geskiedenis van die Afrikaner en van Suid-Afrika
gebeur. My man sê vanoggend hy kan nie verstaan
hoekom die vrouens toegestem het om uit Kaapland
weg te trek in 1838 nie. Ek wys toe vir hom uit hoe
baie klagtes die meestal Nederlandse en Franse
nakomelinge gehad het teen die Engelse, veral met
die afskaffing van slawerny en die reëls en regulasies
wat die London Missionary Society aangevra en
gekry het om die behandeling van die inheemse
bevolking te kontrolleer.
Nou is dit wel waar dat hierdie groot trek van
sekere voorsate uit Kaapland ooswaarts 'n belangrike
geskiedkundige feit is. Maar in veral die twintigste
eeu is hierdie Groot Trek ( wat nou skielik met hoof-
letters gespel word) as die sentrale "happening" in
die Afrikaner se geskiedenis vermitologiseer. Baie
min aandag word gegee aan die groot trek van
Afrikaners wat ook noordwaarts in Kaapland beweeg
het. (André Brink in Afrikaans en J.M. Coetzee in
Engels gee aandag aan hierdie gebeure. ) Skoolkinders
weet baie min van die geskiedenis van SA. Hulle leer
as nauseam van die "Voortrekkers" en dan van die
oorloë wat die Engelse en die nageslagte van die
"Voortrekkers" in die oostelike dele van die land geveg
het. Dis asof die bewussyn van die Afrikaner geskaak
is deur hierdie kliek wat ooswaarts beweeg het, hulle
wedervaringe daar in die oostelike deel van die land,
en hulle gevoelens oor SA en Afrikanerskap. Dis dan
ook juis uit hierdie oostelike bakermat wat die basiese
konsep van apartheid ontstaan het. Kaaplanders het
nog altyd 'n ander mentaliteit gehad, maar hulle
standpunte is vir baie lank veronagsaam, en diensbaar
gemaak aan die begeertes van die oostelike kliek, dié
ouens wat die pap en wors eet, iets wat vreemd is vir
die grootste gros Afrikaners, as mens dit nou op die
keper beskou.
Nou wonder ek, sal "Brokeback Mountain" ook uiteindelik
die idee van die Amerikaanse cowboy 'n slag in die nek
toedien?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Die herskrywing van die geskiedenis en Brokeback Mountain [boodskap #108508 is 'n antwoord op boodskap #108495] |
Vr., 03 Februarie 2006 06:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester, weet jy waaroor Brokeback Mountain gaan?
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:pJidnfz5g6SDbX_eRVn-iQ@is.co.za...
>
> "Hessie" wrote in message
> news:1138914071.193133.41700@g14g2000cwa.googlegroups.com...
> Mens hoor baie die teorie dat die beeld wat die Amerikaner
> van homself en van sy geskiedenis het, en die beeld wat
> die mense buite die VSA van Amerikaners het, eintlik
> gevorm is deur Hollywood se uitbeelding van die VSA
> se geskiedenis. Soos byvoorbeeld die verheerliking van
> die individu wat daar plaasvind in cowboy-prente en die
> verromantisering van die weste en van die trek na die
> weste, na die beloofde land, Kalifornië.
> Dan word daar gewys op die feit dat Hollywood
> in sy beginstadium eintlik 'n maaksel was van 'n hand-
> vol Jode en dat dit hulle visie van die "siel van Amerika"
> is wat toonaangewend was. Mens moet natuurlik nie
> alles vir soetkoek opeet nie, maar daar is tog 'n groot
> deel van die waarheid in hierdie siening.
>
> ------ Hoe wwet jy? Dis vir my wonderlik dat jy eers skryf dat jy wonder
> oor die hele storie en dan maak jy 'n stelling waarin jy verklaar dat jy 'n
> kenner oor die onderwerp is!
>
> In suidelike Afrika dink ek het dieselfde ding met
> die geskiedenis van die Afrikaner en van Suid-Afrika
> gebeur. My man sê vanoggend hy kan nie verstaan
> hoekom die vrouens toegestem het om uit Kaapland
> weg te trek in 1838 nie. Ek wys toe vir hom uit hoe
> baie klagtes die meestal Nederlandse en Franse
> nakomelinge gehad het teen die Engelse, veral met
> die afskaffing van slawerny en die reëls en regulasies
> wat die London Missionary Society aangevra en
> gekry het om die behandeling van die inheemse
> bevolking te kontrolleer.
> Baie min aandag word gegee aan die groot trek van
> Afrikaners wat ook noordwaarts in Kaapland beweeg
> het. (André Brink in Afrikaans en J.M. Coetzee in
> Engels gee aandag aan hierdie gebeure. )
>
> ----Julle kennis van die Kaapse geskiedenis is beroerd. Die skaapboere in
> die noord-kaap [blank en kleurling] het al meer noord geneig agter beter
> veld aan. Intussen het 'n nuwe volk ontstaan uit die mengery van blank met
> Asiate en die ander swart volkere. Hierdie 'skaamkinders' het met hulle
> ma's heenkome gevind by sendingstasies en die mense het rondom hierdie
> sendingstasies ook geboer met skaap. Sake het egter handuit geruk tussen
> die blanke en die kleurling boere en die Kaapse regering het besluit om die
> saak onder beheer te kry en bepaal dat die boer war wil boer, moet sy grond
> registreer en sy plaas by die regering koop. Daarvoor moes hulle Kaap toe.
> Omdat baie van die kleurlinge nie transport gehad het nie, kon hulle nie
> registreer nie en het hulle hul grond verloor. Die groep kleurlinge het
> besluit hulle wil wegtrek en die een lot [Griekwas] het in die rigting van
> Kimberley padgegee en die ander groep, die Basters, het noord getrek, is
> uiteindelik oor die Oranjerivier en het gestop in SWA by Rehoboth.
> Skoolkinders
> weet baie min van die geskiedenis van SA. Hulle leer
> as nauseam van die "Voortrekkers" en dan van die
> oorloë wat die Engelse en die nageslagte van die
> "Voortrekkers" in die oostelike dele van die land geveg
> het. Dis asof die bewussyn van die Afrikaner geskaak
> is deur hierdie kliek wat ooswaarts beweeg het, hulle
> wedervaringe daar in die oostelike deel van die land,
> en hulle gevoelens oor SA en Afrikanerskap.
> ----Wat dink jy het die nie-blanke gemeenskap verhoed om ook boeke te skryf
> en legendes te skep oor hulle volkere se doen en late? Sekerlik is dit nie
> die Afrikaner se plig om ander groepe mense se geskiedenis te skryf nie?
>
> Dis dan
> ook juis uit hierdie oostelike bakermat wat die basiese
> konsep van apartheid ontstaan het.
> ----Tradisioneel kan jy darem maar lekker twak praat, maar jy word al beter!
> Apartheid het al lank voor dit bestaan en dit bestaan vandag steeds, oral
> oor die wêreld. Rassisme, waarvan jy een van die voorste misbruikers is,
> vloei steeds dik. Al verskil was dat die ou SA regering dit wet gemaak
> het.
>
> dié
> ouens wat die pap en wors eet, iets wat vreemd is vir
> die grootste gros Afrikaners, as mens dit nou op die
> keper beskou.
> -----As 'n goffel jouself sal jy seker nie van wors ken nie want jou
> voorsate ken mos net van jongwyn vir werk as stapelvoedsel.
>
> Nou wonder ek, sal "Brokeback Mountain" ook uiteindelik
> die idee van die Amerikaanse cowboy 'n slag in die nek
> toedien?
> -----Twak! Die romantiese beeld van die cowboy is die verpersoonliking van
> hoop vir die Amerikaners [vir die Kanadese is dit een van bedel vir geld van
> daai einste cowboys af!].
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Die herskrywing van die geskiedenis en Brokeback Mountain [boodskap #108509 is 'n antwoord op boodskap #108495] |
Vr., 03 Februarie 2006 07:57   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:1138914071.193133.41700@g14g2000cwa.googlegroups.com...
Mens hoor baie die teorie dat die beeld wat die Amerikaner
van homself en van sy geskiedenis het, en die beeld wat
die mense buite die VSA van Amerikaners het, eintlik
gevorm is deur Hollywood se uitbeelding van die VSA
se geskiedenis. Soos byvoorbeeld die verheerliking van
die individu wat daar plaasvind in cowboy-prente en die
verromantisering van die weste en van die trek na die
weste, na die beloofde land, Kalifornië.
Dan word daar gewys op die feit dat Hollywood
in sy beginstadium eintlik 'n maaksel was van 'n hand-
vol Jode en dat dit hulle visie van die "siel van Amerika"
is wat toonaangewend was. Mens moet natuurlik nie
alles vir soetkoek opeet nie, maar daar is tog 'n groot
deel van die waarheid in hierdie siening.
------ Hoe wwet jy? Dis vir my wonderlik dat jy eers skryf dat jy wonder
oor die hele storie en dan maak jy 'n stelling waarin jy verklaar dat jy 'n
kenner oor die onderwerp is!
In suidelike Afrika dink ek het dieselfde ding met
die geskiedenis van die Afrikaner en van Suid-Afrika
gebeur. My man sê vanoggend hy kan nie verstaan
hoekom die vrouens toegestem het om uit Kaapland
weg te trek in 1838 nie. Ek wys toe vir hom uit hoe
baie klagtes die meestal Nederlandse en Franse
nakomelinge gehad het teen die Engelse, veral met
die afskaffing van slawerny en die reëls en regulasies
wat die London Missionary Society aangevra en
gekry het om die behandeling van die inheemse
bevolking te kontrolleer.
Baie min aandag word gegee aan die groot trek van
Afrikaners wat ook noordwaarts in Kaapland beweeg
het. (André Brink in Afrikaans en J.M. Coetzee in
Engels gee aandag aan hierdie gebeure. )
----Julle kennis van die Kaapse geskiedenis is beroerd. Die skaapboere in
die noord-kaap [blank en kleurling] het al meer noord geneig agter beter
veld aan. Intussen het 'n nuwe volk ontstaan uit die mengery van blank met
Asiate en die ander swart volkere. Hierdie 'skaamkinders' het met hulle
ma's heenkome gevind by sendingstasies en die mense het rondom hierdie
sendingstasies ook geboer met skaap. Sake het egter handuit geruk tussen
die blanke en die kleurling boere en die Kaapse regering het besluit om die
saak onder beheer te kry en bepaal dat die boer war wil boer, moet sy grond
registreer en sy plaas by die regering koop. Daarvoor moes hulle Kaap toe.
Omdat baie van die kleurlinge nie transport gehad het nie, kon hulle nie
registreer nie en het hulle hul grond verloor. Die groep kleurlinge het
besluit hulle wil wegtrek en die een lot [Griekwas] het in die rigting van
Kimberley padgegee en die ander groep, die Basters, het noord getrek, is
uiteindelik oor die Oranjerivier en het gestop in SWA by Rehoboth.
Skoolkinders
weet baie min van die geskiedenis van SA. Hulle leer
as nauseam van die "Voortrekkers" en dan van die
oorloë wat die Engelse en die nageslagte van die
"Voortrekkers" in die oostelike dele van die land geveg
het. Dis asof die bewussyn van die Afrikaner geskaak
is deur hierdie kliek wat ooswaarts beweeg het, hulle
wedervaringe daar in die oostelike deel van die land,
en hulle gevoelens oor SA en Afrikanerskap.
----Wat dink jy het die nie-blanke gemeenskap verhoed om ook boeke te skryf
en legendes te skep oor hulle volkere se doen en late? Sekerlik is dit nie
die Afrikaner se plig om ander groepe mense se geskiedenis te skryf nie?
Dis dan
ook juis uit hierdie oostelike bakermat wat die basiese
konsep van apartheid ontstaan het.
----Tradisioneel kan jy darem maar lekker twak praat, maar jy word al beter!
Apartheid het al lank voor dit bestaan en dit bestaan vandag steeds, oral
oor die wêreld. Rassisme, waarvan jy een van die voorste misbruikers is,
vloei steeds dik. Al verskil was dat die ou SA regering dit wet gemaak
het.
dié
ouens wat die pap en wors eet, iets wat vreemd is vir
die grootste gros Afrikaners, as mens dit nou op die
keper beskou.
-----As 'n goffel jouself sal jy seker nie van wors ken nie want jou
voorsate ken mos net van jongwyn vir werk as stapelvoedsel.
Nou wonder ek, sal "Brokeback Mountain" ook uiteindelik
die idee van die Amerikaanse cowboy 'n slag in die nek
toedien?
-----Twak! Die romantiese beeld van die cowboy is die verpersoonliking van
hoop vir die Amerikaners [vir die Kanadese is dit een van bedel vir geld van
daai einste cowboys af!].
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die herskrywing van die geskiedenis en Brokeback Mountain [boodskap #108553 is 'n antwoord op boodskap #108549] |
Sa., 04 Februarie 2006 13:01  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester skryf
Dis darem wild om
> die Jode skuld te gee vir die legendes van die Wilde Weste.
> Is dit nie hoe die legende van die Wilde Weste ontstaan het nie....skrywers
> wat die ding veromantiseer het en daaroor is die flieks gemaak nie?
Dis natuurlik presies waaroor dit gaan. Die
films oor die Wilde Weste, veral in die eerste
dekades van Hollywood se bestaan, verromantiseer
die lewe van die weste en die van die cowboys op
'n manier wat tipies is van Joodse denke - die
individu teen die sameleweing, die goeie cowboy
teen al die slegte elemente. Dit was egter nie
verteenwoordigend van wat werklik in die weste
gebeur het nie. Daar het nie dieselfde mites
ontstaan noordwaarts in Kanada nie. By ons
in Kanada is die Calgary Stampede byvoorbeeld
nie 'n edele verheerliking van die goeie cowboy
nie, maar 'n skiet-en-donder verheerliking van
die rowwe lewe. Wat nader aan die waarheid
is.
Gloudina
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 22:08:00 UTC 2026
|