| Sokker [boodskap #108387] |
Di., 31 Januarie 2006 06:25  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Diegene wat dink ons sokkerspan het 'n laagtepunt bereik deur nie 'n enkele
punt te kry of enkele doel aan te teken tydens die Afrikabekerkompetisie
nie, het dit effe mis.
Die volgende mikpunt behoort te wees om nie te kwalifiseer vir deelname in
die kompetisie nie.
Mens moet nooit net die slegte sien in 'n saak nie.
As ons weer nie vir die wêreldbeker kwalifiseer in 2010 nie, is die een
wonderlike ligpunt dat ons van die onaardse geraas van die Vuvuzela gespaar
gaan word.
Die probleem is dat spelers vreeslik opgehemel word in die plaaslike
kompetisie, en op grond van die ophemeling 'n grootheidswaan kry. Selfde het
gebeur met rugby en atletiek toe ons mense nie in kompetisie was met ander
deelnemers in die buiteland nie.
Is daar enige van ons sokkerspelers wat vir 'n ander klub buite SA in Afrika
speel?
Miskien moet iemand die leisels neem om te sorg dat die "
leerkurwe"-verskoning nooit weer gebruik hoef te word nie.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Sokker [boodskap #108515 is 'n antwoord op boodskap #108387] |
Vr., 03 Februarie 2006 11:19  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Is dit nie maar die ou storie van die SA pers nie? As iemand net effe goed
lyk, dan is hy die 'beste in die wêreld'...sonder dat die speler werklik
getoets is teen die heel bestes.
"Annette" skryf in boodskap news:p7CdnWXoEd-InkLenZ2dnUVZ_tudnZ2d@is.co.za...
> Diegene wat dink ons sokkerspan het 'n laagtepunt bereik deur nie 'n
> enkele
> punt te kry of enkele doel aan te teken tydens die Afrikabekerkompetisie
> nie, het dit effe mis.
> Die volgende mikpunt behoort te wees om nie te kwalifiseer vir deelname in
> die kompetisie nie.
>
> Mens moet nooit net die slegte sien in 'n saak nie.
> As ons weer nie vir die wêreldbeker kwalifiseer in 2010 nie, is die een
> wonderlike ligpunt dat ons van die onaardse geraas van die Vuvuzela
> gespaar
> gaan word.
>
> Die probleem is dat spelers vreeslik opgehemel word in die plaaslike
> kompetisie, en op grond van die ophemeling 'n grootheidswaan kry. Selfde
> het
> gebeur met rugby en atletiek toe ons mense nie in kompetisie was met ander
> deelnemers in die buiteland nie.
>
> Is daar enige van ons sokkerspelers wat vir 'n ander klub buite SA in
> Afrika
> speel?
> Miskien moet iemand die leisels neem om te sorg dat die "
> leerkurwe"-verskoning nooit weer gebruik hoef te word nie.
>
> --
> Groetnis
> Annette
|
|
|
|