| " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108361] |
Ma., 30 Januarie 2006 00:14  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling
By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.
Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.
Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.
Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108394 is 'n antwoord op boodskap #108374] |
Di., 31 Januarie 2006 14:01   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Jonas skryf
Dit terwyl jy 'n kundige is en die verskil
> tussen gehalte digkuns en snert te herken. Dit kom basies neer op
> bedrog.
> Doen 'n objektiewe ontleding/waardering van die gedig
Nou Jonas. Ten eerste is jy heeltemal verkeerd oor
die feit dat die gedig "Boesmansriviermond" nie 'n
gepubliseerde gedig is nie. Dit is gepubliseer in die
Nederlandse literêre joernaal "Concept" waar ek dit
oorspronklik gelees het. Dat jy jou aanmatig om alles
oor die letterkundige wêreld te weet, slaan my asem
weg. Wat is jou letterkundige kwalifikasies?
Maar laat ons nou verder gaan. Laat ek vir jou
toets. Ek plaas hieronder 'n gedig van 'n persoon
wat 'n "gepubliseerde skryfster" is. Dit gaan ook
omtrent oor die kus en die see, en oor 'n spesifieke
plek. Nou wil ek vir jou vra. ( Ek laat die naam van
die digteres uit, want ek wil nie gedagvaar word nie.)
Nou, as eerste toets vir jou, vra ek vir jou. Watter
van hierdie twee gedigte is die beste? As jy vir my
vertel dat dit nie "Boesmansriviermond" is nie, sal
ek vir jou 'n noukeurige vergelyking van die twee
gedigte gee, en vir jou vertel hoekom die een wat
kwaliteit betref, ver bo die ander uitstaan. Komaan,
ek wag op jou antwoord.
chaka's rock
ek wou gaan stap het langs die see
wat nou swarter word teen sononder
ten spyte van die steenkool in die sand
die gebreekte pyp van 'n ou riool
en verderop die swambruin van 'n stroom
ten spyte van die swerm blikkies leeggedrink
die stalletjie alleen en toegestaal
in die laat lig van die aand
want ek het aan jou gedink
skaars ses uur afwesig
het ek verlang het ek gewonder
hoe was daardie droom
toe jy die woord skimmellig
skielik uit jou hartsak haal
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108554 is 'n antwoord op boodskap #108523] |
Sa., 04 Februarie 2006 13:11  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Jonas wrote:
> Nou maar Anti vertel dan vir my waar hy publiseer - ek stel baie belang
> daarin.
Ek het vir jou gesê. Ek het "Boesmansriviermond"
in die Nederlandse letterkundige tydskrif Concept
gevind.
Maar ek dink jy is siek, emosioneel siek. Jy
het 'n abnormale reaksie teen enigiets wat Ferdi
Greyling skryf. Jy sing hierdie deuntjie elke keer
as hy ter sprake kom. Jy blyk al die tipiese reaksies
van jaloesie te toon. Hoekom is jy jaloers op
Ferdi Greyling? Is dit die aandag wat hy kry?
Is dit omdat hy hoër op in die intellektuele
food chain is as jy en jy hom dus wil neerhaal?
Jammer, want dit verhoed vir jou om 'n baie
goeie en suiwer gedig te waardeer. Een waar
elke beeld, elke ritme-verandering verantwoord
word, 'n gedig wat 'n waardevolle toevoeging is
tot die genre wat die heerlikheid van plek en
bodem besing.
Gloudina
|
|
|
|