| " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108168] |
So., 15 Januarie 2006 13:37  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Nuwe Jerusalem
D.J. Opperman
Ek voel waar heimlik armageddon
met groenspaan, ryp en die kalander kom
oor hierdie stad, die malva in die blik,
oor koring en hyskrane langs die skip,
dat alles in en om my heen in nood
reikhals na die verlossing deur my woord.
Ek gee my daeliks aan die skepping oor,
soos in 'n bus op pad na die kantoor,
ek, in 'n spel van vereenselwiging,
plakkaat word, perd, visjong en die sering
- die ryke baaierd van 'n vrou se gees
wat met bevrugting in vervoering sweef
oor afgronde en waters waar 'n God
ses dae aan die baaierd orden tot
'n nuwe aarde hang in die heelal:
stad uit die stad, kristal uit die kristal.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #108229 is 'n antwoord op boodskap #108217] |
Wo., 18 Januarie 2006 00:52  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Otterkop skryf
> Kan nie nou verstaan nie , jy is 25 + jare in Kanada en jy
> se nog iets is te duur, het jy dan geloaf daar
Hoekom kan iets nie as duur beskou word
deur my as dit aangekoop moet word in
SA nie? Dink jy alles is goedkoop vir iemand
wat nie in SA bly nie. Sover ek onthou sou
die CD onder bespreking omtrent $150
Kanadees gekos het, en dit was teveel.
Hoeveel kos dit nou?
Gloudina
|
|
|
|